Hoe Om Geloof Te Meet

Frank L. Preuss

 

Home     Titels     Gemeng
Home > Titels > Hoe Om Geloof Te Meet > 8. Die Taal van Konings
7.     8.     Indeks
End

 

8. Die Taal van Konings

8.1 Abgail
8.2 Om Met Dinge te Praat
8.3 Jesus Praat
8.4 My Persoonlike Belydenis
8.5 Geloof en Liefde

Tabel 3 - Agape

 

Jesus is die koning van konings en ons is die konings. In die Boek van Openbaringe 1:6 en 5:10 s dit:

En ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

En het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons al as konings op die aarde heers.

Ons is konings en ons moet leer om soos konings te leef. Die Bybel is vol voorbeelde. Koning Jesus is ons voorbeeld in die Nuwe Testament. Maar ander persoonlikhede kan ons voorbeeld wees. Daar is baie stories in die Ou Testament oor konings, veral oor die konings van Juda en Israel, en ons kan van hulle leer - wat is goed en wat is sleg. Wanneer ons ook al stories lees oor konings in die Ou Testament, behoort ons nie te dink: Waarom al hierdie monargale verslae, waarom nie meer oor gewone mense, nie. Hierdie 'aristokratiese' verslae het 'n dieper betekenis, hulle wys na 'n 'aristokratiese' geslag - die kerk. Ons is die kerk, en ons is konings en priesters.

In Deuteronmium 17:14-20 vind ons God se fundamentele bestuurswette vir konings. God s dat die konings deur Hom gekies moet word, en die koning moet kom van onder die mense se eie broers. Konings is mense wat deur God gekies is, en hulle is ons broers en susters - hulle is Christene. Dit moet nie 'n vreemdeling wees nie, want 'n vreemdeling is nie 'n broer of suster nie. 'n Nie-Christen kan nie 'n suksesvolle lewe lei nie.

Die volgende verse stel voor dat 'n koning alles vermy wat hom terugtrek na die vleeslike toe. Die vleeslike word saamgevat in Egipte. Hierdie is die voorvereistes vir 'n koning word.

Die laaste drie verse, Deuteronmium 17:18-20, beskryf die pligte van 'n koning wat op sy troon sit. Ons kan nou dink aan baie dinge wat belangrik is wat 'n koning of die hoof van 'n goewerment behoort te doen. Maar God het die volgende drie opdragte vir 'n koning:

Hy moet vir homself 'n afskrif van die Bybel maak.

Dit moet by hom wees.

Hy moet al die dae van sy lewe daarin lees.

Ons, as konings, moet 'n Bybel organiseer en dit byderhand hou en dit vir die res van ons lewens lees.

En dan word die redes gegee:

Om te leer om die HERE sy God te vrees.
Om God se Woord versigtig na te volg.
Om sy hart hom nie te laat verhef oor sy broers s'n nie.
Om te verseker dat hy nie van God se gebod afwyk nie.
Om hy en sy seuns vir 'n lang tyd te laat heers.

En die koning se afstammelinge is di mense wat hy na Christus toe lei.

Die weg na sukses is eenvoudig vir 'n Christen. Elke dag van sy/haar lewe lees hy/sy die Bybel, en handhaaf die regte motivering.

 

8.1 Abgail

Ons wil kyk na 'n vrou wat soos 'n koningin optree en later die vrou van koning Dawid word. Ons vind die storie in 1 Samuel 25.

Abgail is die vrou van Nabal. Nabal besit eiendom en is baie ryk. Hy is so 'n bose man dat niemand met hom kan praat nie. Terwyl Dawid in die woestyn was, het hy gehoor dat Nabal skape skeer. Hy het tien manne gestuur en ges dat hulle moet vra vir wat Nabal ook al byderhand het. Nabal reageer op 'n negatiewe manier, en dui aan dat Dawid 'n dienaar is wat van sy meester weggehardloop het. Wanneer Dawid hiervan hoor, neem hy vierhonderd manne met swaarde en slaan die pad in na Nabal toe.

Een van die dienaars vertel vir Nabal se vrou, Abgail. Sy is 'n slim en pragtige vrou. Sy laat nie tyd verbygaan nie. Haar geloofsdoelwit is om te keer dat 'n ramp haar familie en werknemers tref. Sy neem donkies, pak hulle met kos en gaan om Dawid te ontmoet.

Wanneer Abgail Dawid sien, klim sy vinnig van haar donkie af en buig voor Dawid met haar gesig teen die grond. Sy val teen sy voete en praat met hom. Sy praat soos 'n koningin en Dawid luister na haar. Dit is die moeite werd om hierdie toespraak te lees. Haar wysheid is duidelik. Dawid ontvang moontlik die beste raad wat ooit aan hom gegee is. Maar een sin staan uit:

En nou, my heer, so waar as die HERE leef en u siel leef, dit is die HERE wat u teruggehou het om in bloedskuld te geraak en u met eie hand te help. (1 Samuel 25:26)

Dit is die hoogtepunt van haar toespraak, waar sy praat oor haar geloofsdoelwit; om bloedgieting te voorkom.

Dit is verbasend dat sy nie haar geloofsdoelwit in die vorm van 'n gebed of 'n versoek stel nie. Sy praat asof die ramp reeds verhoed is. Sy kniel voor hierdie magtige krygsman wat net te gretig is om bloed te laat vloei. Voor die volle mag van hierdie potensile aanval bely Abgail die teenoorgestelde van die oorlog-doelwit.

Sy praat asof die aanval reeds verhoed is. Haar vertroue is in die Here, sy s dat die Here Dawid van bloedskuld en wraak terughou.

Die vrou praat van dinge wat nie bestaan nie, asof hulle reeds bestaan. Sy roep dinge wat nie bestaan nie, asof hulle bestaan (Romeine 4:17). Sy praat soos 'n koningin. Sy praat woorde van geloof. En Dawid verstaan hierdie taal. Met hierdie taal het hy Goliat aangespreek.

Abgail is suksesvol. Dawid begin die Here prys en die wysheid van hierdie vrou. Hy sen haar. Hy aanvaar haar geskenke.

Abgail het die lewe gered van elke man wat aan Nabal behoort en sy het Dawid gered van gemeenskapheid met God verloor. Gedurende hierdie tyd, het Nabal 'n maaltyd soos die maaltyd van 'n koning aangerig, en baie dronk geword. Die volgende oggend vertel Abgail hom wat gebeur het, en Nabal se hart sterf in sy binneste; hy word soos 'n klip en sterf tien dae later.

Abgail word Dawid se vrou en is dus later die vrou van 'n koning. Abgail is 'n gelowige vrou, sy praat die taal van konings.

 

8.2 Om Met Dinge te Praat

Jesus s ons kan vir berge s: "Gaan weg hiervandaan daarnatoe!" en vir moerbeibome: "Word ontwortel en in die see geplant." En ons weet van Jesus dat Hy met die vyeboom gepraat het, en met die branders. Jesus het met die koors gepraat, Hy het dit berispe.

In Josua 10:12-14 vind ons hierdie verslag van Josua wat met die son en die maan praat:

Toe het Josua met die HERE gespreek, op die dag dat die HERE die Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het, en voor die o van Israel ges: Son, staan stil in Gbeon, en maan, in die dal van jalon! Toe staan die son stil en bly die maan staan totdat die volk hulle gewreek het op hul vyande. Staan dit nie geskrywe in die Boek van die Opregte nie? En die son het bly staan in die middel van die hemel en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent 'n volle dag. En daar was geen dag soos hierdie een, voor hom en n hom, dat die HERE na die stem van 'n man geluister het nie; want die HERE het vir Israel gestry.

Josua het gepraat en die aarde het opgehou draai. Ons behoort nie verbaas te wees dat die Here die aarde se omwentelling kan stop nie. Dit was Hy wat die son gemaak het, 'n hemelse liggaam meer as 'n honderd keer groter in deursnit as die aarde. En hy het die sonstelsel en die melkwegstelsel en al die ander melkwe gemaak, almal baie groter as die aarde. Waarom sal Hy nie in staat wees om so 'n krummeltjie te laat ophou draai nie?

Wanneer ons verstaan dat die fisiese heelal geskep is uit die geestelike ryk, sal ons nie 'n probleem daarmee h om te glo dat God 'n ligstraal kan skep wat baie miljoene ligjare lank is nie, en dat hy dit oombliklik kan doen. Ons God is in beheer van ruimte, tyd en materie.

Ons moet onsself bevry daarvan om altyd die skepping te probeer verklaar in die lig van ons kennis van die natuurlike. God self s in Exodus 20:11 en in Exodus 31:17 dat Hy die hemel en die aarde gemaak het, en die see en alles daarin, in ses dae. En Hy praat hier van die Sabbat, dus van die dae van ons week. Elke keer wanneer ons skryf Maandag, Dinsdag, ensovoorts, behoort dit ons te herinner dat God die heelal in ses dae geskape het. Dit is waarom ons vandag nog 'n week met sewe dae het, dit kom reguit van die week van die skepping af. Die interessante deel van die Skriflesing is dat dit een van die baie min is wat God ons direk geskrywe gegee het. God het met sy eie vinger die tafels van klip beskrywe en hulle vir Moses gegee (Exodus 31:18).

As ons die wetenskap en geskiedenis van hierdie wreld wil verstaan, sal ons net suksesvol wees as ons die geestelike ryk verstaan.

Wanneer ons die Ou Testament lees, vind ons baie inligting aangaande die ouderdom van mense, die ruimtes tyd tussen sekere gebeure en wanneer party gebeure soos die vloed plaasgevind het. As ons hierdie inligting uitsorteer en die relevante aantal jare bymekaartel, kry ons 'n nogal eenvoudige manier om die datum waarop die skepping plaasgevind het, uit te werk.

Nou, baie Christene wat bendruk is deur hulle kennis van natuurlike dinge probeer redes vind waarom die Bybel se inligting nie uitkom by dieselfde ouderdom vir die aarde as wetenskaplike ondersoek nie. Dit bestry hulle natuurlike denke dat God die ganse heelal, insluitende al die besonderhede, geskep het in ses dae, en dat hierdie heelal maar net omtrent sesduisend jaar oud is. Hulle het benvloed geraak deur die wetenskaplike godsdienste.

Ons kan net die lengte van 'n ding meet as ons toegang het tot beide sy punte. Dit geld ook vir tyd. 'n Tyd kan net gemeet word as ons toegang het tot die begin en die einde is beskikbaar. Ons kan nie meet as daar geen toegang tot die begin is nie. As iemand die inligting in die Bybel verwerp wat vir ons toegang tot die begin gee, het hy/sy geen toegang tot die begin nie, en kan hy/sy dus nie tyd meet nie. Dit is waarom hierdie mense nie die ouderdom van die wreld kan uitwerk nie: hulle moet staatmaak op teorie. En wanneer hierdie teorie aangebied word as wetenskaplike kennis - as mense s hulle weet hoe oud die aarde is - dan het ons te make met godsdienstige geloof, maar nie met die kennis van die wetenskap nie.

Fisiese prosesse wat ons vandag kan waarneem het eens begin, en voor hulle begin het, aan die begin, het hulle nie bestaan nie. Eenvormigheid is 'n wetenskaplike hipotese, maar dit is net geldig gedurende sekere ruimtes tyd. Reeds gedurende die vloed was die eenvormigheid van baie fisiese prosesse gewysig. Petrus noem dit die toenmalige wreld wat met water oorstroom is en vergaan het (2 Petrus 3:5-7):

Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en 'n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God, waardeur die toenmalige wreld met water oorstroom is en vergaan het. Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as 'n skat weggel en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.

Hier s Petrus eenvoudig dat daar in die verlede veranderinge was en dat daar veranderinge aan enkelvoudige prosesse sal wees in die toekoms.

Die Bybel spandeer vier hoofstukke, Genesis 6 tot Genesis 9, om vir ons inligting aangaande die vloed te gee. Die wreld voor die vloed, Petrus noem dit die toenmalige wreld, het baie ander fisiese prosesse as ons wreld vandag gehad. In vier hoofstukke en in ander dele van Genesis, vind ons verwysings wat ons byvoorbeeld vertel dat die atmosfeer en die weer anders was voor die vloed. En Genesis 7:21-23 praat van die uitwissing van die diere deur die vloed, en is 'n beskrywing van fossiele.

Nog 'n verandering aan die enkelvoudigheid het plaasgevind na die val van Adam, toe God die wreld gevloek het en die tweede wet van termodinamika in aksie gestel het. En voor hierdie vloek was daar geen dood en geen fossiele nie, want Paulus s in Romeine 5:12:

Daarom, soos deur een mens die sonde in die wreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgebring het, omdat almal gesondig het.

En voor die skepping was daar geen enkelvoudigheid nie, want die fisiese wreld het nie bestaan nie.

Mens kan nie die natuurlike met die natuurlike verduidelik nie. God is gees en Hy het die natuurlike uit die geestelike wreld geskep. En uit sy geestelike ryk kan God dinge verander in die fisiese wreld, Hy kan die enkelvoudigheid verbreek. Die skepping en onderhouing van fisiese dinge kan net verduidelik word deur kennis van geestelike beginsels. Jesus het hierdie wreld se bestaan uitgespreek en Hy onderhou alle dinge deur sy kragtige Woord.

Ons, as Christene, kan hierdie wreld benvloed deur woorde te praat. Dit is 'n bonatuurlike manier, want ons handel in die geestelike ryk. Ons kan onderbrekings aan enkelvoudige prosesse en situasies veroorsaak. Die Here het geluister na mense soos Josua en het die enkelvoudigheid van die heelal verbreek. Josua was in harmonie met God. Die Here het geluister na die stem van 'n mens, die Here het geveg. Die aarde het opgehou draai.

Laat ons die oseane oorweeg, hoe vloedgolwe veroorsaak was deur die vertraging van die aarde, die aarde se kors was misvorm en verander, die atmosfeer was ontwrig en daar was uitsonderlike sterk storms. Die ontwrigting het moontlik ook die val van groot haelstene veroorsaak soos opgeneem in Josua 10:11.

Een man het gepraat, maar hierdie man het nie self enige mag gehad nie. Dit was God se mag. Hierdie man van God het namens sy Skepper opgetree, en hierdie almagtige God het laat gebeur wat sy dienaar ges het. Wanneer ons in God se wil is, praat ons ook met dinge en wat ons praat, gebeur.

In die Nuwe Testament, in die boek van Handelinge, vind ons hoe Petrus met die kreupel bedelaar praat (Handelinge 3:6) en met 'n verlamde in Lidda (Handelinge 9:34). Beide is genees. En hy het met 'n dooie vrou gepraat (Handelinge 9:40), en sy het weer lewend geword.

Paulus praat met die kreupel man in Listre (Handelinge 14:10) en hy spring op en begin loop. En Paulus praat met 'n bose gees (Handelinge 16:18) en die gees verlaat die vrou.

In al hierdie gevalle het Petrus en Paulus met dinge gepraat, hulle het nie vir God gebid nie, maar hulle het met mense en geeste gepraat. Hulle het ook gebid, maar die werklike oplossing was bereik deur met dinge te praat.

Hierdie mense van die Bybel is ons voorbeelde.

God, byvoorbeeld, het heelwat moontlikhede voorsien vir ons om die siekes te genees: die opl van hande, die gebed van ouderlinge in die kerk, die salf met olie, die geskenke van genesing, die vermo om duiwels uit te dryf, en so aan. Maar een metode is altyd moontlik - om 'n woord te spreek. Ons kan ook ander name gee vir hierdie metode:

Die gebed van bemiddeling.
Om God se Woord oor iets te bely.
Om gesag oor iets uit te oefen.
Om met gesag te praat.
Om 'n bose gees te beveel om te gaan.
Die gebed van geloof.
Om God se Woord deur ons mond te laat werk.
Om te bind en te verloor.
Om met dinge te praat.

Hierdie metode maak nie staat op plek, tyd en omstandighede nie. Ons kan dit gebruik waar ons ook al is. Wanneer ek in my motorkar ry en ek sien 'n ambulans in aksie, dan kan ek God se Woord in hierdie situasie spreek sonder dat ek nou of ooit die omstandighede ken.

Wanneer ek 'n brief ontvang van 'n persoon aan die ander kant van die wreld en ek lees iets oor 'n siek persoon, kan ek redding, genesing en 'n sen oor hierdie mens uitspreek.

En hierdie metode geld vir al die gebiede van die lewe. Wanneer ek in die straat loop en ek sien 'n behoeftige persoon, kan ek vrede, voorspoed en sukses oor hom/haar uitspreek. Wanneer ek die veld en die diere van 'n boer sien, kan ek sy stalle en alles wat hy sy hande op l, sen. Wanneer ek dink aan my vriend wat 'n besigheid bestuur, kan ek groot voorspoed spreek oor sy doene en late.

Wanneer ek in die woestyn is en ek wil huis toe gaan maar die motorkar wil nie ry nie, praat ek met hierdie ding, met hierdie masjien, met hierdie meganisme, en beveel dit om te werk.

Ons praat in geloof, ons gebruik ons gesag en ons doen dit in Jesus se naam. En ons kan seker wees van die resultaat.

 

8.3 Jesus Praat

Wat ons ook al doen en wat ons ook al s, ons tree op in Jesus se naam. Dit is ons belydenis dat ons deel is van sy organisme. Hierdie lidmaatskap word ten volle erken in die geestelike wreld, deur God en sy engele en deur die duiwel en sy helpers.

Wat ons ook al doen, doen ons in geloof. Ons praat met die duiwel in geloof:

Hom [die duiwel] moet julle testaan, standvastig in die geloof. (1 Petrus 5:9)

En ons bou onsself in die geloof op:

Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid. (Judas 20)

Geloof verseker dat ons oorwinnaars is:

Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wreld; en dit is die oorwinning wat die wreld oorwin het, naamlik ons geloof. Wie anders as dit wat die wreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? (1 Johannes 5:4-5)

Ons weet dat ons oorwinning nie van tyd afhang nie; ons moet geduldig wees:

Omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie. (Jakobus 1:3-4)

Hierdie is nog 'n uitdrukking wat alles insluit: niks makeer nie. Dit is veelomvattend, met geloof en deursettingsvermo sal ons niks makeer nie. Dit sluit vrede en rus in:

Maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie. Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy ges het. (Hebrers 4:2-3)

Ons weet dat ons geloof moet meng met die woord wat ons hoor. Hoor en glo, praat en glo hoort saam. Omdat ons glo, het ons rus. Onrus en vrees is tekens van ongelowigheid. Vrees is die teenoorgestelde van geloof, dit is geloof in die duiwel.

Al hierdie beloftes in die Bybel is vir ons wat glo:

Sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is. (Hebrers 6:12)

Hierdie beloftes was vir Jesus en die eerste Christene en ons boots hulle na. Met geloof en geduld sal ons alle beloftes eien. Ons boots die bogenoemde voorbeelde na. En ons eerste voorbeeld is Jesus, wie die skepper en van ons geloof is en wat ons geloof volmaak het, op Hom vestig ons ons o (Hebrers 12:2); ons boots Hom na.

Ons studeer Jesus, hoe Hy geleef het, hoe Hy gepraat het, hoe Hy gevra het.

Jesus het altyd gevra op 'n manier wat mense positief moes antwoord. 'n vraag soos:

Glo julle dat Ek dit kan doen? (Matths 9:28)

kan amper net op 'n positiewe manier beantwoord word. Jesus lei mense om eers 'n positiewe stelling te maak: "Ja, Here," en dan sal geloof eenvoudig volg, selfs as dit vantevore nie daar was nie.

Dikwels s mense: "Jesus is my Here. God het Hom van die dode laat opstaan," en net na hierdie belydenis kom hulle geloof. Wanneer hulle hierdie woorde hoor kom uit hulle eie monde, hulle hoor met hulle eie ore, dan kom geloof, selfs as hulle 'n oomblik vantevore nog getwyfel het.

Met sy vrae nooi Jesus antwoorde van geloof. Hy wil nie die probleme hoor nie, Hy wil h ons antwoord moet die oplossing bevat; ons moet die oplossing bely.

Wat wil julle h moet Ek vir julle doen? (Matths 20:32)

Wat wil julle h moet Ek vir julle doen? (Markus 10:36)

Wat wil julle h moet Ek vir julle doen? (Markus 10:51)

Wat wil julle h moet Ek vir julle doen? (Lukas 18:41)

Vier keer neem die Bybel Jesus se vraag op; dit lyk soos sy gewone en algemene manier van 'n vraag stel. So laat ons leer van die Meester en laat ons nooit vra: "Wat is verkeerd met jou?" of "Wat is jou probleem?" nie.

Ons vraag behoort te wees:

Wat wil jy h moet God vir jou doen?

Wat wil jy van God h?

Of nog eenvoudiger:

Wat wil jy h? (Matths 20:21)

Wat wil jy h? (Johannes 1:38)

Mense wat na ons toe kom weet dat ons preek in die naam van Jesus Christus en dat hulle dus na 'n dienaar van God toe kom.

Maar dit is onnodig dat mense na ons toe kom; ons kan na hulle toe gaan. Jesus het. In Johannes 5:1-15 vind ons die verslag van die man by die bad van Betsda wat 'n invalide was vir 38 jaar. Jesus het na hom toe gegaan en op sy tipiese manier gevra:

Wil jy gesond word? (Johannes 5:6)

Hierdie is weer 'n vraag wat mens net op 'n positiewe manier kan beantwoord. Maar sy antwoord is heel anders:

Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan 'n ander een voor my in. (Johannes 5:7)

Hierdie man bely sy probleem en sy mislukkings. Maar Jesus se gesag maak nie staat op die geloof van hierdie man nie. As hierdie man geloof sou gehad het, kon dit vir sy eie genesing gebruik geword het, en hy sou vinniger in die geloof groei. Dit is belangrik om geloof te h en om dit te laat groei, want in 1 Timthes 6:11 s Paulus:

Maar jy, man van God, jaag n die geloof.

En in Johannes 11:15 s Jesus:

Sodat julle kan glo.

Maar God se genade, liefde en vermons is verhewe bo ons gebrek aan geloof, Hy kan sy liefde aan ons ontbloot selfs wanneer ons geen geloof het nie. Hierdie man het genees geword, nie omdat hy geglo het nie, maar omdat Jesus hom gesond gepraat het:

Jesus s vir hom: Staan op, neem jou bed op en loop. En dadelik het die man gesond geword en sy bed opgeneem en geloop.

Die orde van gebeure is nogal interessant: eers word die man genees, en daarna tree hy op. Hy het net geglo aan sy genesing nadat hy genees was, toe het hy sy bed gevat en geloop. As daar geloof aan sy kant was, sou Johannes moontlik eers die reaksie van die man opgeneem het, en dan sy genesing. Maar van die beskrywing wat hier gebruik word, kan ons aflei dat die man nie Jesus se woorde geglo het nie; hy het nie geglo dat hy genees was toe die woord gespreek was nie. Slegs nadat hy besef het dat hy genees is, na die bonatuurlike gebeur het en nadat hy dit waargeneem het, het hy geglo.

Hy was op die geloofsvlak 'min geloof'. Maar die inligting wat in Johannes 5:3-4 gegee word dat die genesings in die water van die bad veroorsaak is deur 'n engel van die Here, insinueer dat hierdie man een ding gedoen het wat sy geloof uitgedruk het: hy het die naam van die Here geroep. Sy teenwoordigheid by die bad en sy wag vir God se engel getuig dat hy die Here aangeroep het.

Een ding kan God nie weerstaan nie. Ons roep die Here aan in ons nood en hy verlos ons daarvan (Psalm 107:6,13,19 en 28).

Die bewoording van ons vraag is relevant. Dit ontbloot ons geloofsvlak aan ons en aan ander mense. As ons iemand ontmoet en dit is duidelik dat die persoon 'n fisiese probleem het, laat ons s verband of 'n wond op sy gesig, behoort ons versigtig te wees hoe ons ons vraag formuleer en of ons die vraag enigsins stel en gevolglik reageer op die siekte - op die werk van duisternis - en dit bely en aanvaar. Hierdie is 'n goeie geleentheid om die woordeskat van stilte te oefen.

Die bewoording van ons vraag moet vol geloof wees en ons moet besluit of ons regtig moet vra en of dit beter mag wees om stil te bly.

Dieselfde geld vir antwoorde. In beide gevalle moet ons na ons binneste stem luister. In 1 Timthes 1:19 s Paulus:

En aan die geloof en 'n goeie gewete vashou. Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely.

Ons moet na ons gewete luister, ons moet elke vraag en elke antwoord oorweeg. Spreuke 15:28 s:

Die hart van die regverdige dink n om te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel.

Jesus het sy antwoorde oorweeg, of Hy het glad nie geantwoord nie. Jesus was altyd soewerein in sy spraak, Hy is altyd koning. Partykeer antwoord ons te gou, want ons wil vriendelik wees, ons wil wys dat ons genteresseerd is in die vloei van die gesprek, ons oorweeg die tyd van die ander persoon as kosbaar, ons wil die ander persoon nie vir 'n antwoord laat wag nie. Ons word gevange geneem deur die pas en die spanning van die wreld en ons konformeer.

Partykeer antwoord ons onmiddelik, want ons wil nie die indruk skep dat ons dalk nie die antwoord ken nie, dat ons eers hoef te dink nie, of dat ons nie aan 'n verskoning kan dink nie.

Partykeer wil ons die mens wat die vraag gestel het, bendruk, of ons wil verhoed dat hy/sy verdere vrae vra deur 'n presiese en onmiddelike antwoord te gee, wat eintlik dinkwerk verg en dus nie so presies is as wat ons graag sal wil glo nie.

Jesus haal dikwels die Ou Testament aan. Wanneer Hy met die duiwel praat, gebruik Hy net Skriflesings. Hy l klem op hulle deur hulle vooraf te gaan met "Daar staan geskrywe". Hy vertel die Duiwel dat dit 'n Bybelvers is.

Dus wanneer ons 'n skerp en effektiewe swaard wil gebruik, kan ons net die regte een neem, die Woord van God. En dit is waarom ons 'n woord byderhand moet hou vir elke belangrike saak in die lewe. Ons moet sulke woorde uitsoek, hulle memoriseer en hulle uitspreek. Ons behoort altyd die regte antwoord reg te hou vir die duiwel.

Partykeer gebruik Jesus 'n interessante manier om te antwoord; Hy antwoord met 'n vraag. As iemand vir Hom 'n vraag vra, voel Hy vry om vir Homself dieselfde reg toe te eien - Hy vra ook 'n vraag.

Ons vind dit in Markus 11:27-33, net na die belangrikste geloofsbeginsel: Markus 11:23. Die ondervraers is die leiers van die Jode, die hoofpriesters, die leeraars van die wet en die ouderlinge. Hierdie hoogste ampsdraers wil die oorsprong van sy gesag uitvind, en Jesus weet dat daar geen punt daaraan is om dit vir hulle te verduidelik nie, want hulle glo nie. Hulle kom met vyandige bedoelings en Jesus bewys dit aan hulle deur vir hulle te vra waar Johannes die Doper se gesag vandaan kom.

Hulle antwoord is: "Ons weet nie." Hiermee bewys hulle dat hulle God nie ken nie, en nie een van sy profete herken het nie. En die beste bewys is natuurlik dat God self, in menslike vorm, voor hulle staan, en hulle herken Hom nie. Hulle het God nie geken nie. Jesus s vir hulle: "Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie."

Wanneer Jesus die vraag van die Joodse ouderlinge hoor, weet Hy dat hulle reeds van vaste voornemens is, en hulle wil h dat Hy 'n stelling moet maak wat hulle kan gebruik om Hom van godslastering mee aan te kla. Ten spyte hiervan lei Jesus hulle in die regte rigting, Hy praat van die gesag van Johannes die Doper.

Hy wyk nie af van die beginsel van hulle vraag nie, maar hy lei hulle aandag af na 'n ander persoon, na 'n persoon wat nie aanvegbaar is nie. In Markus 11:32 word daar ges dat almal geglo het dat Johannes regtig 'n profeet was en met hulle antwoord "Ons weet nie" bely hulle dat hulle nie in die 'almal' ingesluit is nie, hulle het nie geglo wat die ganse Israel geglo het nie. Dit het vir Jesus bewys dat hulle ook nie in sy gesag sou glo nie.

Jesus se metode was om die aanvegbare saak te los en om 'n saak op te neem wat nie aanvegbaar is nie, maar dieselfde is in beginsel. Baie Christene gebruik vandag hierdie selfde metode wanneer hulle 'n teenswoordige probleem verduidelik deur 'n Bybelstorie te gebruik.

Jesus dwing mense om te dink; hy lei hulle na die beginsel toe. En Jesus wys mense wat en hoe hulle regtig is. Hy het 'n manier om mense te laat weet hoe Hy hulle sien. Hy moedig die vroom mense aan, merk op oor hulle geloof en help hulle om meer geloof by te wen. Weer en weer s hy vir hulle: "Moenie bang wees nie, glo net." Hou op vrees, begin glo. Terwyl jy vrees in ontvangs neem, kan jy nie glo nie. Vrees is die teenoorgestelde van geloof. Jesus leer hulle, genees hulle en verlos hulle. Hy moedig hulle aan.

En Jesus hou 'n spiel voor die sondaars. Jesus vertel die Joodse leiers die vergelyking van die bose landbouers (Markus 12:1-12). Hulle reaksie word beskryf in Markus 12:12:

En hulle het probeer om Hom in die hande te kry, maar was bang vir die skare, want hulle het begryp dat Hy die gelykenis met die oog op hulle uitgespreek het. Daarom het hulle Hom verlaat en weggegaan.

In elke ontmoeting met Jesus, lyk dit asof Hy mense maak hulself herken. Nadat Hy dit bereik het, wys Hy vir hulle die regte pad. Maar die besluit om sy raad te volg los Hy aan die mense. Ons is altyd vry om te kies. Ons kan s: "Maar wat my en my huishouding betref, ons sal die Here dien." Of ons kan dit los.

Ons lewens as Christene behoort Jesus se voorbeeld te volg. In ons aanraking met mense, moet ons optrede en ons woorde veroorsaak dat ander mense hulself herken, en behoort hulle 'n lig te gee wat die weg wys.

In sy gesprek lyk dit asof Jesus dit vermy om oor teenswoordige omstandighede te praat; Hy bely nie tydelike omstandighede nie. Ten spyte van sy permanente kontak met siekte, praat Hy nie oor sy werk nie. Hy praat nooit die probleem nie, Hy praat die oplossing sodat dit bestaan. Jesus maak uitsonderings wanneer daar iets belangrikers betrokke is, wanneer Hy 'n onderleggende beginsel wil verduidelik. Ons wil terugkeer na die opwekking van Lasarus (Johannes 11:14-15):

En toe s Jesus vir hulle ronduit: Lasarus is dood. En Ek is bly om julle ontwil dat Ek nie daar was nie, sodat julle kan glo.

Die dissipels het nie Jesus se belydenis van geloof verstaan nie, van sy geloofsdoelwit, dat Lasarus net aan die slaap geraak het nie, dus verduidelik Hy vir hulle die situasie, Hy vertel hulle ronduit wat die probleem is. Maar Hy bied dadelik ook vir die dissipels 'n oplossing: die vergroting van hulle geloof wanneer hulle Lasarus se wederopstanding sal aanskou. Jesus was bly dat Hy nie daar was toe Lasarus siek geword het en gesterwe het nie. Om Lasarus te laat opstaan nadat hy vir vier dae dood was, sou geloof aan baie mense bring, en dit is vir God se glorie, sodat God se Seun daardeur verheerlik kan word.

Ons praat dikwels oor tydelike omstandighede, bely situasies wat ons beleef. Maar as ons daaroor dink, kan ons eintlik nie redes vind vir sulke praatjies nie. Die oorsaak mag wees dat ons gesellig wil wees, ons wil maklik wees om te benader, ons wil maklik kontak maak, ons wil 'n ontspanne atmosfeer skep. Hierdie stellings het geen doel nie en is gevaarlik wanneer hulle negatief is. Dan kan hulle 'n probleem konsolideer, maar hulle bring nie die gewenste oplossing nie.

Ook wanneer hierdie woorde in der waarheid nie waar is nie, kan hulle na hierdie valsheid toe lei. Hier is 'n paar voorbeelde:

Ek was doodmoeg.
Die geraas is hinderlik.
My seun lieg altyd.
My man is nie 'n Christen nie.
Ek ly aan hartkwale.
Hulle het nog steeds nie die geld gestuur nie.

Dikwels word dinge net 'n probleem nadat ons dit bely het. As 'n groep mense byvoorbeeld saamstaan, en een persoon maak 'n opmerking oor die geraas om hulle, word dit eers dan 'n probleem. Voor die opmerking het amper niemand die hinderlike geraas gehoor nie.

Ons moet nie vergeet dat ons normale daaglikse praat nie losgemaak kan word van ons praat wanneer ons bid nie. Jesus het reg gepraat. Sy woorde het nooit God se Woord weerspreek nie. Hy het die gewenste resultaat gespreek, nie teenswoordige omstandighede nie. Hy het ges wat God ges het.

 

8.4 My Persoonlike Belydenis

Jesus het ges wat God ges het. Ons volg Hom en s wat die Bybel s. Ons gebruik dieselfde skerp, effektiewe swaard, die swaard van God.

Vir party sleutelsituasies in die lewe, behoort ons dus hierdie swaard reg te hou. Ons behoort te soek vir Verse van die Bybel, hulle neer te skryf, hulle te onthou en hulle in ons arsenaal stoor. Hierdie wapen sal dan beskikbaar wees wanneer dit nodig is, en hoe meer ons dit gebruik in stryd, hoe selfversekerder sal ons word.

Wanneer ons bid en hierdie Verse uitspreek, gebruik ons die woord wat oorspronklik van God af kom. Hiermee wys ons dat ons aan sy kant veg, dat ons dieselfde doel het en dat ons soos een mens praat. Dan is ons sterk, want God maak ons sterk, want met Hom is ons sterk, sonder Hom kan ons niks doen nie.

Ons wil 'n paar Verse neerskryf vir party hoofonderwerpe van 'n Christen-lewe. Dit is altyd goed om mens se redding te bely, en ons wil dus hierdie belydenis eerste plaas.

Jesus is Here

As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word. (Romeine 10:9)

Oor die algemeen is dit altyd goed om hierdie belydenis te maak, maar dit help ook wanneer die duiwel ons probeer maak om ons redding te betwyfel. Om hierdie vers uit ons kop uit te ken is van groot belang as ons iemand aan Jesus wil voorstel en hom/haar wil uitnooi om 'n Christen te word - om sy/haar vrede met God te maak.

Ook wanneer ons iemand help wat twyfel of hy/sy 'n Christen is, is dit goed om hom/haar daarop te wys dat om 'n Christen te word, is om 'n besluit te neem, en dat dit nie noodwendig iets te make het met gevoelens nie. Mens onthou doodeenvoudig die besluit wat mens eens gemaak het, en herhaal die woord wat jy vir jouself en vir God gegee het.

Jesus het ons redding volbring deur na die kruis toe te gaan, maar Hy het ook ons gesondheid volbring. Sy redding was volmaak, dit het die ewige lewe ingesluit en 'n oorwinnende lewe hier op aarde. Gesondheid en finansile voorspoed word by uitstek ingesluit. Ons belydenis vir gesondheid is dus:

Gesondheid

Jesus, deur wie se wonde ek genees is. (1 Petrus 2:24)

Hierdie is 'n direkte verwysing na wat Jesus op die kruis vir my gedoen het. Hy het my gesondheid veroorsaak. En Hy het my finansile voorspoed veroorsaak. In die agtste hoofstuk van 2 Korinthirs 8 skryf Paulus oor finansile sake, en in Vers 9 s hy:

Want julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word.

Jesus was arm toe Hy na die kruis gegaan het, Hy het nie geld gehad nie en al sy persoonlike besittings was van Hom af weggeneem. Voor Hy gearresteer was, was hy finansieel ryk, want baie het geld en ander dinge vir sy ministerie gegee en Jesus het selfs 'n finansile bestuurder gehad wat dikwels ges was om geld vir die armes te gee. Jesus self kon nie arm gewees het nie, want Hy kon ander help en geld gee.

Dit is goed om geld te h. Maar dit is sleg om geld lief te h. In 1 Timthes 6:10 s Paulus dat liefde vir geld die wortel van alle euwels is, en dat party mense, gretig vir geld, weggewandel het van die geloof af en hulself deurboor het met smarte. Dit is eintlik 'n geloofsbeginsel: gretigheid vir geld veroorsaak dat ons wegwandel van geloof af. Ons behoort dat God ons voorspoedig maak, maar ons behoort nie gretig te word vir geld nie.

Net as ons self geld het, kan ons vir ander gee. Ons derde belydenis is dus welvaart.

Welvaart

En my God sal elke behoefte van my vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Jesus Christus. (Filippense 4:19)

God sal vir my alles gee wat ek benodig, nie net geld nie.

Ons moet altyd oorwinnend wees as Christene. Ons veg nie in die fisiese wreld nie, maar in die geestelike ryk. Ons slagveld is ons verstand, en ons vyand is die begeertes van die vlees - die begeertes wat ons geestelike doelstellinge teenstaan - en die kragte van die duisternis, die duiwel, wie vir ons negatiewe gedagtes gee. Ons doelstelling is om oorwinnend te wees in die lewe.

Oorwinning

Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. (Romeine 8:37)

Omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wreld is. (1 Johannes 4:4)

My krag om oorwinning te behaal kom van Jesus af. Hy het die duiwel oorwin en ek hoef net hierdie oorwinning te onthou en dit toe te eien, dan is ek meer as 'n oorwinnaar. Jesus was die oorwinnaar en ek is meer, want ek hoef nie die werk te doen nie - Jesus het dit op die kruis gedoen - ek moet dit net aanvaar en gebruik. Ek het deel aan die oorwinning sonder dat ek veg met vlees en bloed. Ek het die makliker deel aan die oorwinning, en hierdie makliker deel noem ons ook die goeie nuus.

En hierdie oorwinnaar is in my, Jesus is in my hart en Hy is groter as die duiwel, wat in die wreld is. Ek en God is die meerderheid, niemand kan ons oorwin nie, ons is altyd oorwinnaars.

Een onderwerp wat baie Christene probleme mee het, is leiding deur die Heilige Gees. Hoe word ek gelei? Hoe weet ek dat die Heilige Gees my lei? Hoe word besluite geneem in die lewe van 'n Christen? Ons het reeds die onderwerp hoe om deur ons eie gees gelei te word, behandel. Daar is goeie boeke oor di onderwerp. Hier wil ons net een aspek oorweeg, seker die belangrikste een. Leiding is 'n kwessie van geloof, en alles wat ons in die voorafgaande paragrawe oorweeg het, is relevant. Die eenvoudige rel is: ons stop om te bid vir leiding, en ons glo dat Hy ons lei. Ons glo dat Hy ons gebed beantwoord het, en bely dat God ons lei. En wanneer ons by 'n punt kom in ons wandeling waar ons twee of meer moontlikhede het en ons kan geen verskil sien nie, en ons hart het geen voorkeur vir een moontlikheid nie, dan maak ons 'n besluit. Om op te tree is partykeer belangriker as om in ongeloof te wag. Wanneer die tyd reg is, besluit ons. En gesonde verstand kom ook van God af. Ons weet eenvoudig dat ons verstand deur Christus gelei word, en dit is waarom ons bely:

Leiding

Maar ons het die sin van Christus. (1 Korinthirs 2:16)

Ons laaste item sal prys wees. Ons is sterk wanneer ons God prys en verheerlik, ons dink reg en die duiwel kan ons skaars bykom. Die vreugde van die Here versterk ons. Wanneer iets ons teneergedruk wil maak, kan die duiwel nie wen nie, so lank as wat ons 'n positiewe en vreugdevolle houding inslaan, kan hy nie van ons steel nie. Die duiwel weet dan dat ons nie opgegee het in so 'n situasie nie.

Ons moet nooit neerlaag erken nie. Die rede waarom baie mense verslaan word, is omdat hulle dit aanvaar; hulle gee in der waarheid hulle geloof prys. Hulle glo nie meer dat hulle hulle geloofsdoelwit sal bereik nie. En dikwels was hulle al klaar baie naby aan hulle doelwit en dan laat hulle toe dat die duiwel hulle mislei.

In 2 Korinthirs 2:14 vertel Paulus ons dat God altyd veroorsaak dat ons oorwin in Christus. Ons behoort nooit te verloor nie. En prys is die standaard wat ons oprig as 'n teken dat ons nie opgegee het nie. Ons laaste vorm van belydenis is prys:

Prys en Glorie

Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen. (1 Timthes 1:17)

Een rede waarom prys so belangrik is, is dat prys ons geloof sterk laat groei. Paulus s in Romeine 4:20:

En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee.

Almal wat hoor hoedat ek God prys kan my geloof meet, insluitende die duiwel, en hy weet dan dat my geloofsvlak hoog is. Hy sal dit vermy om 'n loesing te kry en van my af wegbly. Laat ons God prys en in die geloof groei.

Wanneer ons glorie aan God gee, prys ons Hom, gebruik ons ons mond, bely ons en praat of sing ons. En daar is ons terug na die verbintenis tussen glo en praat. Om reg te praat vermeerder ons geloof, want die praat word gevolg deur die manifestasie van die gesproke woorde. En die beginsel van hierdie groei in geloof word beskryf in Romeine 10:17:

Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

En hierdie beginsel word volbring in Romeine 4:20 ook, want wanneer ons prys en glorie aan God gee, hoor ons. Maar ons gee ook prys en glorie aan God wanneer ons sy Woord praat. Alles in ons lewens wat glorie aan God gee, laat ons geloof groei.

Dit word aanbeveel dat u 'n persoonlike belydenisblad vir elkeen van hierdie ses temas opstel, en dit noem: "My Persoonlike Belydenis". Ons behoort dan Verse uit die Bybel te versamel vir elkeen van hierdie ses temas. Ons behoort hierdie Skriflesings neer te skryf op ons blaaie en ons behoort dit in 'n persoonlike vorm te doen; ons behoort te skryf "ek" of "my" of selfs ons naam. Ons kan ook 'n ander persoon se naam daar sit, en so 'n bemiddelende gebed bid.

Dit is 'n kragtige manier om te bid om hierdie belydenisblaaie hardop te lees. Hoe meer ons dit doen, hoe beter sal ons die woorde en hulle betekenis verstaan, ons aanvaar hulle en hulle sink in ons harte in. Slegs wanneer ons hierdie woorde glo sal hulle gevolge dra, want Hebrers 4:2 s:

Maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.

As ons onsself hoor praat, maar ons glo nie die woorde wat ons hoor nie, dan is hulle vir ons van geen waarde nie.

As ons 'n probleem het in een van hierdie ses areas, laat ons s ons lyk asof ons siek word, of ons is siek, dan behoort ons te konsentreer op ons Skriflesing wat ons 'Gesondheid' genoem het. Dalk behoort ons hulle daagliks te lees en soek vir meer Bybelverse. Dikwels mag ons iets vind wat die omstandighede baie goed pas. Daar is baie dele in die Bybel oor gesondheid en genesing, en mens kan nogal maklik 'n paar bladsye vind.

Voorspoed is 'n onderwerp waarmee ons baie bladsye kan vul. Die rede is dat hierdie onderwerp nie net finansies insluit nie, maar eintlik al ons fisiese benodigdhede insluit, insluitende gesondheid. Dit is God se hoofdoel dat ons gesond is. Die hele Bybel lyk asof dit om hierdie tema saamgestel is. God vertel ons weer en weer wat ons moet doen en wat ons nie behoort te doen nie. Hy sal ons sen wanneer ons doen wat Hy s, en die resultaat van rebellie teen God se Woord is ook duidelik, die Bybel lys baie.

En al hierdie seninge van die Ou Testament is ons s'n want die Bybel s in Galasirs 3:9:

Sodat die wat uit die geloof is, gesen word saam met die gelowige Abraham. (Galasirs 3:9)

Ons het reeds genoem dat ons belydenisse nie baie werd is as ons die teenoorgestelde s tussen hulle nie. Dit is twyfel, en twyfel word beskryf in Hebrers 10:38-39:

Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie. Maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud van die lewe.

Die punt is dat ons gered is, dat ons uit elke situasie wat ons mag tekom, gered is. Dit is 'n lewe of dood kwessie want die tong het mag oor lewe en dood (Spreuke 18:21).

Laat ons 'n voorbeeld neem. Mev. A s vir Mev. B: "Ek kan nie so dikwels van die huis af wegbly en na byeenkomste kom nie; soos jy weet is my man nie 'n Christen nie." Mev. B antwoord hierop: "Maar jy het reeds vir jou man gebid, jou behoort altyd te bely dat hy 'n Christen is." Mev. B se antwoord kom dadelik: "O ja, ek doen dit elke dag, en ek dank God dat my man gered is."

Mev. A het vir haar man gebid en daarna het sy bely dat haar man vrede met God gemaak het. Maar dit is alles nutteloos as Mev. A die teenoorgestelde s tussenin, as sy s: "Soos jy weet, is my man nie gered nie." Die maklikste manier om ongeloof te praat is wanneer ons tussen ons Christen-vriende is en ons praat konfidensieel.

Wat ons ook ongelowig laat praat is aanhoudende verwysings na teenswoordige omstandighede. Mev. A deins terug, sy twyfel God en God is nie tevrede met haar nie. Sy deins terug en sy is besig om haar man se lewe te verwoes. Dit is 'n lewe en dood kwessie, want om te sterwe sonder Christus is ewige dood.

Die woordeskat van stilte is ook meer belangrik as bely. Die grootste ding is natuurlik geloof, wat ons in ons harte dra. Al ons belydenisse help nie as ons nie geloof het nie.

Party mense bely 'n Skriflesing en kyk dan met verwagting na die ander persoon. Hulle verwag 'n reaksie. Partykeer is daar ook 'n vraende ondertoon aan hulle manier van praat. Wanneer hulle 'n positiewe reaksie in die ander persoon aanvoel, is hulle bly. Hulle probeer hierdie belydenis-besigheid en hulle probeer hierdie sekere Vers uit die Bybel, en is bly as hulle met goedkeuring bejen word. Maar hulle het nie werklik geloof nie. As hulle geloof gehad het, sou hulle nie ander mense se ondersteuning probeer kry het nie. As hulle geloof gehad het, sou hulle daardie belydenis gemaak het om die ander mens te help of om God se Woord uit te spreek.

As hulle geloof gehad het, sou hulle geweet het dat geloof nie staatmaak op 'n addisionele belydenis nie. Dit is nie 'n teken van 'n sterk geloof as iemand 'n Skriflesing oor en oor bely nie. Dit kan eerder 'n teken van ongeloof wees. Ons geloof maak nie staat op die aantal kere wat ons bely nie.

Wanneer ons weer eens die Sunamitiese vrou oorweeg, sien ons raak dat die Bybel nie s dat sy bely dat haar seun van die dode sal opstaan nie. Haar krag was in haar geloof en haar bemeestering van die woordeskat van stilte. Sy het moontlik op die woord van Elsa staatgemaak, in 2 Konings 4:16:

Sulke tyd oor 'n jaar sal jy 'n seun omhels.

Sy het die woord van 'n man van God gehad, en dit was vir haar genoeg. Sy het 'n seun gehad, en sy wou hom hou, dat hy gesterwe het, kon ontdaan gemaak word. Sy het eintlik net een keer 'n positiewe stelling gemaak, en dit was toe sy Gehsi geantwoord het en vir hom ges het dat alles goed gaan. Haar geloof was die belangrike kwessie, en nie haar belydenisse nie.

Ons het die Sunamiet bewonder vir haar vermo om stil te bly, maar sy het 'n tweede groot deug gehad: sy het geweet aan wie om te bely en wat om te bely. Partykeer is dit goed om 'n sterk belydenis aan 'n persoon te rig om sy/haar geloof aan te sterk, om hulle te laat deelneem aan wat God doen of om eenvoudig die Woord van God in hulle harte te plant.

Maar die Sunamiet was in 'n onsekere situasie. Dit was belangrik vir haar om op een ding te konsentreer en om haar o streng op haar geloofsdoelwit te vestig en daarvoor te strewe. Sy het net met Elsa gepraat oor haar doelwit. Sy het nie een woord ges oor haar geloofsdoelwit aan die ander mense waarmee sy in aanraking gekom het nie: haar man, haar dienaar, en Gehsi. Maar natuurlik is dit nog belangriker dat sy nooit die probleem bely het die.

Selfs aan Elsa het sy net die nodige woorde gespreek. Dit was belangrik en korrek in haar situasie om haar geloofsdoelwit net met 'n gelowige persoon te deel. As sy haar geloofsdoel met een van die ander drie mense sou deel, sou sy die gevaar loop dat woorde van ongeloof en twyfel geuiter word. Hulle mog verbasing uitgedruk het oor sulke vermetelheid, om die dode te wil laat opstaan. Sulke reaksies sou haar geloof nie gehelp het nie, en sou 'n struikelblok gewees het. Sy het woorde van geloof net aan die man van God gespreek. En so is dit dikwels in ons lewens, ons behoort ons geloofsdoelwit net te bely aan mense wat sterk gelowig is, wat sterk geloof bewys het. En wanneer ons wil bly in 'n baie beperkte kring, sal daar net drie mense oorbly, en hulle is God, die duiwel en onsself.

God is bly wanneer ons in geloof optree:

En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag. (Hebrers 11:6)

Dit is Hy wat die manifestasies van ons geloofsdoelwit veroorsaak. Wanneer ons praat, word God se engele doenig en produseer ons wens.

Die duiwel reageer net wanneer ons hom in geloof bestry:

Hom moet julle testaan, standvastig in die geloof. (1 Petrus 5:9)

En in Jakobus 4:7 vind ons wat gebeur:

Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Wanneer ons ons belydenis van geloof uitspreek, gebeur die volgende: God en sy engele hoor dit, en die engele kom en dien ons, hulle doen wat ons s/bely. Die duiwel en sy bose geeste verlaat ons, hulle hoor ons woorde en hardloop weg. Ons self hoor ons woorde en dan sien ons wat die engele georganiseer het - ons sien die manifestasie - en ons geloof groei. Ons het geveg en gewen.

In Matths 4:11 vind ons wat gebeur na die geveg tussen Jesus en die duiwel:

Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.

Dit was die resultaat van die belydenis wat Jesus gemaak het - die duiwel het weggevlug, en die engele het gekom.

Die belangrikste mense aan wie ons ons geloofsdoelwit bely is daarom God, die duiwel en onsself.

Partykeer is dit ongeskik om enigsins te bid - dit is raadsaam om nie enige belydenis te maak nie. 'n Situasie mag opkom waar dit eers nodig is om uit te vind wat fout is. Dan behoort ons God te vra om ons te wys wat om te doen, en wat se soort situasie daar is.

In die sewende hoofstuk van Josua vind ons hoe Josua sy klere skeur en met sy gesig teen die grond val voor die ark van die Here, en daar bly tot die aand. Sy gebed is vol aanklagtes en klagtes teen God, en verwarring. En God vertel hom om op te staan. Dan verduidelik God vir hom waarom die probleem ontstaan het, en wat se aksie geneem moet word.

Die volgende word gestel in 1 Johannes 5:14:

En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.

Wanneer ons nie seker is dat ons gebed - ons belydenis - ooreenstem met God se wil nie, moet ons 'n bietjie ondersoek instel. Ons moet die Bybel ondersoek en sien wat dit daar s aangaande ons situasie, of ons moet God vra om ons wysheid te gee, om ons te lei en om ons sy wil te laat weet.

Ons moet altyd ons kontak met God behou, ons moet sy wil ken en partykeer moet ons Hom direk vra.

Ons persoonlike belydenis moet altyd met God se wil ooreenstem.

 

8.5 Geloof en Liefde

In 2 Thessalonicense 1:3 lees ons:

Ons moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word.

Paulus praat hier van die groei van geloof en van die vermeerdering van liefde tegelyktydig. Dit wil lyk asof beide aktiwiteite - geloof en liefde - saam hoort, asof die een nie sonder die ander kan groei nie.

Van 1 Korinthirs 13:2 weet ons reeds dat as ons geloof het, ons berge kan verskuif, maar as ons nie liefde het nie, is ons niks nie. En van die volgende voorbeeld wil ons sien dat ons nie werklik 'n persoon kan liefh as ons nie weet hoe om te glo nie.

Jesus gee ons opdrag om ons vyande lief te h. As ek 'n vyand het, moet ek hom/haar liefh. Om mee te begin moet ons sien dat om 'n persoon lief te h is nie dieselfde as om iemand te vertrou nie, hulle is twee verskillende aktiwiteite. Ek moet almal liefh, maar ek hoef hulle nie te vertrou nie. God maak duidelike onderskeid tussen die twee. Ons moet God liefh en ons moet ons naaste liefh. Maar dan s God dat ons Hom moet vertrou, en ons moet die mens nie vertrou nie. God gaan selfs so ver om te s dat Hy ons vloek as ons die mens vertrou:

So s die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk. (Jeremia 17:5)

God gee ook 'n rede daarvoor, om mense te vertrou is om van God af weg te draai en nog 'n rede word gegee in Psalm 146:3-6:

Ons kan mense nie vertrou nie, want hulle is eindig; hulle kan nie red nie. Wanneer hulle gees hulle verlaat, keer hulle terug na die grond en op daardie selfde dag word hulle planne nietig.

Maar ons moet alle mense liefh, selfs ons vyande. Hoe het ons ons vyand lief? Ek besluit om God se Woord uit te voer en om al my vyande lief te h. Wanneer ek besig is met 'n vyand van my, en alles in my wil haat en veg, dan onthou ek my besluit om hom lief te h. Ek onthou die besluit wat ek gemaak het, die woord wat ek vir God gegee het, om Hom te gehoorsaam, om my vyande lief te h, en ek hou by my woord en ek hou my geloof. As ek hom sou haat, sou ek my woord nie ag nie en in ongeloof optree. Om lief te h is 'n besluit en ek hou by hierdie besluit; dit is 'n kwessie van geloof. Ek kan dus net regtig liefh as ek weet hoe geloof werk en hoe om dit toe te pas.

En as ek moeilikheid het daarmee om by my besluit te bly, veg ek in my verstand. Ek verwerp alle gedagtes van haat, ek neem hierdie gedagtes gevange en maak hulle gehoorsaam aan Christus.

'n Goeie manier om dit te doen, is om vir die vyand te bid. Ek hoef dan nie enige gevoelens vir my vyand te h nie, maar ek doen iets wat hom/haar help - ek het hom/haar lief.

As ek regtig iemand wil liefh, moet ek dit doen in geloof en as ek regtig wil glo, moet ek dit in geloof doen. In Galsirs 5:6 s Paulus:

Want in Christus Jesus het ng die besnydenis ng die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.

My geloof moet altyd in liefde optree, selfs wanneer ek met my vyand doenig is.

Ek moet my vyand liefh, en ek moet my broers en susters liefh. In Romeine 14:1 lees ons:

En neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie.

Dit is 'n duidelike rel vir mense op die laer vlak van geloof. Ons moet hierdie mense aanvaar en ons moet nie met hulle stry oor dinge wat ons weet maar hulle nog moet leer, nie. Wanneer ons doenig is met 'n persoon wat swak is in die geloof, kan ons sonder twyfel sy/haar geloof meet, maar nadat ons dit gedoen het, moet ons versigtig wees. Ons weet dat Jesus altyd die resultaat van sy metinge aangekondig het, maar Hy het in volmaakte liefde gewandel. Hy het dit met die regte houding gedoen. Of ons dieselfde ding kan doen, moet ons vir onsself besluit.

In alle kwessies van geloof moet ons verantwoordelikheid neem. En wanneer ons raad gee aan 'n man moet hy verstaan dat in kwessies van geloof die verantwoordelikheid vir hoe ver hy met sy geloof wil gaan, heeltemal van hom afhang.

Ons moet vir 'n persoon wat siek is raad gee om die Here te soek (2 Kronieke 16:12). Maar ons s nooit aan 'n persoon: "Wanneer jy siek is, moenie na 'n dokter toe gaan nie, gaan na God toe," nie. Dit sou verkeerd wees. Net daardie persoon kan so 'n besluit maak en daarvoor verantwoordelik wees.

In Romeine 12:3 maan Paulus:

Elkeen onder julle moet nie van homself meer dink as wat 'n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.

Wanneer ons te doen het met mense wat swak is in die geloof, kan ons dit net in liefde doen. Die graad van ons liefde kan ons net meet aan die Woord van God. Die definisie van liefde in 1 Korinthirs 13:4-8 is moontlik die beste vir hierdie doel.

Tabel 3

Agape

Die liefde is lankmoedig en vriendelik;
die liefde is nie jaloers nie;
die liefde praat nie groot nie,
is nie opgeblase nie,

handel nie onwelvoeglik nie,
soek nie sy eie belang nie,
word nie verbitterd nie,
reken die kwaad nie toe nie,

is nie bly oor die ongeregtigheid nie,
maar is bly saam met die waarheid.

Dit bedek alles, glo alles,
hoop alles, verdra alles.

Die liefde vergaan nimmermeer;
maar profesieë - hulle sat tot
niet gaan; of tale - hulle sal ophou;
of kennis - dit sal tot niet gaan.

Ons het al hierdie definisies gelys in tabel 3: Agape. Hierdie tabel kan ook as 'n belydenisblad gebruik word, ons kan dit oor ander mense bely. Ons geloof sal grootliks staatmaak op ons vlak van liefde, en hierdie tabel is nuttig wanneer ons wil kyk na ons graad van liefde.

In die begin het ons die belangrikheid van geloof genoem, en dat sonder kennis van hoe om te glo, ons nie reg kan bid nie, ons kan 'n mens nie liefh soos ons behoort te nie, ons kan nie vergewe nie, ons weet nie hoe om deur die gees gelei te word nie, hoe om voorspoedig en ryk te wees nie, en hoe om reg te praat nie.

Toe het ons gesien dat glo en praat saamgaan en dat ons nie die woorde wat ons in gebed praat, kan losmaak van die woorde wat ons in ons daaglikse lewe gebruik nie.

Ons moet geloof toepas in alle dinge wat ons doen. Ons moet die aanwysings wat ons van God ontvang hou wanneer ons praat, en ook wanneer ons dink. Gedurende ons ganse lewe, moet ons deur die heilige gees gelei word. Ons verbintenis met God is 'n aanhoudende proses.

Wanneer ons hierdie aanhoudende gesprek met God as gebed definieer, kom ons tot die gevolgtrekking dat gebed iets is wat ons altyd besig is om te doen. Ons beoefen hierdie wisseling van informasie met God in elke fase van ons lewe. Ons bring alles voor God en ons staan altyd reg om van Hom te ontvang.

In al ons we erken ons Hom. Ons glo eenvoudig dat ons in permanente aanraking met die Heilige Gees is. Ons bring ons denke altyd terug na een onderwerp toe: God. Ons beoefen die teenwoordigheid van God.

Ons volg die direkte wandeling in gemeenskap met God. Ons leer om 'n besef van die diep teenwoordigheid van God te beoefen, of ons aanbid of net ons daaglikse besigheid doen. Die kommunikasie met ons Skepper word konstant.

Ons maak ons harte oop om God en sy teenwoordigheid te ontvang. En wanneer God in ons harte is, het ons ook liefde in ons harte, want God is liefde. Dit word maklik om in liefde te wandel. Wanneer ons dink aan God en sy Woord, het ons liefde in ons harte en is ons sterk in die geloof.

God is in ons, sy Heilige Gees dwaal in ons gees. In die Ou Testament was die Verbonds-Ark die simbool van God se teenwoordigheid, die ark het die gelowige gelei en seninge gebring. In 2 Samuel 6:11 vind ons hierdie verslag:

En die ark van die HERE het drie maande lank in die huis van Obed-Edom, die Gittiet, gebly, en die HERE het Obed-Edom en sy hele huis gesen.

Die teenwoordigheid van God bring seninge en leiding. In Levtikus 26:11-12 lees ons:

En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku h nie. En Ek sal in jul midde wandel en vir julle 'n God wees, en jlle sal vir My 'n volk wees.

Die Nuwe Testament praat dikwels van ons as die plek waar God dwaal; ons liggaam is die tempel van die Heilige Gees; ons is God se tempel. In Openbaring 21:3 vind ons 'n beskrywing soortgelyk aan die een in Levtikus:

En ek het 'n groot stem uit die hemel hoor s: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.

Maar die beste beskrywing vind ons in Paulus se gebed vir die Efsirs 3:16-19:

Dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is, en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.

Die beoefening van die teenwoordigheid van God word bereik deur geloof, Christus dwaal in ons harte deur die geloof.

Ons doelwit is dus om vervul te word tot al die volheid van God. Hoe meer ons die teenwoordigheid van God beoefen, hoe meer groei ons in hierdie ondervinding en word vate van God vir sy gebruik. Die hele tyd; elke oomblik, is ons bewus van die teenwoordigheid van God - oomblik vir oomblik vestig ons ons o op Jesus.

 

Volgende teks: 9. Indeks van Skriflesings

 

Home     Titels     Gemeng
Home > Titels > Hoe Om Geloof Te Meet > 8. Die Taal van Konings
7.     8.     Indeks
^ Begin