Hoe Om Geloof Te Meet

Frank L. Preuss

 

Home     Titels     Gemeng
Home > Titels > Hoe Om Geloof Te Meet > 7. Die Mag van die Tong
6.     7.     8.
End

 

7. Die Mag van die Tong

7.1 Ons Bely die Woord van God
7.2 Ons Hou ons Tong van Bose Woorde Weg
7.3 Die Woordeskat van Stilte
7.4 Gelei deur die Heilige Gees
7.5 Die Regte Slagveld is die Verstand
7.6 Onvertroubaarheid, Skinder, Leuens

 

Ons het van Jesus geleer dat die sukses van 'n gebed nie so veel 'n geval van groot geloof is nie, want Hy s in Matths 17:20:

As julle geloof het soos 'n mosterdsaad.

En hierdie stelling is ook opgeneem in Lukas 17:6. Wanneer Jesus van 'n mosterdsaad praat, praat Hy van iets kleins; Hy vergelyk die grootheid van ons geloof met iets uit ons fisiese wreld en Hy neem nie 'n groot steen of 'n reuse gebou nie, maar 'n klein saadjie wat ons skaars sal sien as dit op die vloer l.

Ons geloof hoef nie so groot te wees nie. Wat regtig saakmaak word daarna deur Jesus verduidelik:

Julle sal vir die berg s: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie. (Matths 17:20)

Julle sou vir hierdie moerbeiboom s: Word ontwortel en in die see geplant - en hy sou julle gehoorsaam wees. (Lukas 17:6)

Jesus s: Jy kan s. Wanneer ons glo, selfs wanneer ons geloof klein is, kan ons s en wat ons s sal gebeur. Jesus sluit selfs af:

Niks sal vir julle onmoontlik wees nie. (Matths 17:20)

Dit beteken dat selfs met net klein geloof sal niks vir ons onmoontlik wees nie. Die enigste ding wat ons werklik moet doen is die s. Dit klink eenvoudig, maar wanneer ons ons geloof begin meet en hoor wat by ons monde uitkom, mag ons dit betwyfel.

Van verskillende voorbeelde uit die Skrif het ons gesien dat glo en s 'n nabye verband met mekaar hou en dat ons woorde 'n barometer van ons geloof is. Omdat praat so belangrik is in ons gelowige lewens, wil ons die onderwerp ondersoek, gelei deur die Bybel.

 

7.1 Ons Bely die Woord van God

Wanneer ons s ons bely God se woord, meen ons dat ons positief praat. Wanneer ons God se dienaars is, is alles wat God se koninkryk nader aarde toe bring, positief. In Efsirs 6:17 s Paulus:

En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees - dit is die woord van God.

Die wapen in ons geestelike oorlog is die Woord van God. In sy besprekings met volgelinge en vyande verwys Jesus altyd na die Skriflesings van die Ou Testament. Weer en weer haal Hy verse uit die Bybel aan en wanneer Hy met die duiwel praat doen Hy dit op 'n baie formele manier; Hy s: "Daar is geskrywe." Aan die begin van beide Matths 4 en Lukas 4 weerstaan Hy die duiwel drie maal, en elke keer haal Hy die Bybel aan.

Hier demonstreer Jesus duidelik hoe ons ons wapen in die oorlog gebruik. En ons volg Hom en doen dieselfde.

Wanneer die duiwel kom en ons aanval, wanneer Hy ons in die versoeking lei deur negatiewe gedagtes in ons kop te sit, beveg ons die gedagtes op dieselfde manier wat Jesus dit gedoen het. Ons oorwinning is gebaseer op ons woorde en op die feit dat ons Christene is. In Openbaring 12:11 word dit so uitgedruk:

En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van die getuienis.

Ons moet eers die Woord van God in ons insit. Dit kan net by ons monde uitkom wanneer ons dit gelees en gehoor het, wanneer ons dit gesnap het en dit aanvaar het en wanneer dit 'n deel van ons hart geword het. Hoe meer ons dit uitspreek, hoe sekerder sal ons word in die gebruik van hierdie Woord. Hoe meer van die Woord ons in ons het, hoe meer sal ons in staat wees om te veg; dit is waarom Paulus s:

Laat die woord van Christus ryklik in julle woon. (Kolossense 3:16)

Johannes druk dit so uit:

Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het. (1 Johannes 2:14)

En Petrus sit dit in hierdie woorde:

As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God. (1 Petrus 4:11)

En hy vertel ons ook dat ons die woorde van die Ou Testament en die Nuwe Testament moet oorweeg:

Sodat julle die woorde kan onthou wat deur die heilige profete tevore gespreek is, en die gebod van ons, apostels van die Here en Verlosser. (2 Petrus 3:2)

In Hebrers 3:1 word dit so gestel:

Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hopriester van ons belydenis, Christus Jesus.

Ons bely dieselfde woorde wat Jesus ges en bely het. Wanneer ons ook al God se woord bely, is Jesus ons voorbeeld, sy Woord is ons wapen (Hebrers 4:12):

Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

Die Woord van God beoordeel die gedagtes. Elke gedagte wat van die duiwel af kom, word deur die Woord van God beoordeel. Ons doen dit deur dit te bely:

Laat ons die belydenis vashou. (Hebrers 4:14)

Paulus spoor ons aan om te bely:

Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net 'n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor. (Efsirs 4:29)

Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgel het. (1 Timthes 6:12)

Ons sien dat die Bybel baie dikwels van die feit dat ons God se woord moet bely, praat, en in die volgende wil ons Skriflesings uit die Ou Testament aangee wat geen verduideliking nodig het nie.

En dit moet vir jou as 'n teken wees op jou hand en 'n gedenkteken tussen jou o, sodat die wet van die HERE in jou mond mag wees. (Exodus 13:9)

En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan l en as jy opstaan. (Deuteronmium 6:6-7)

Maar Miga s: So waar as die HERE leef, wat God my sal s, dit sal ek spreek! (2 Kronieke 18:13)

Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser! (Psalm 19:15)

Hoor, want ek sal voortreflike dinge spreek, en my lippe gaan oop vir wat reg is. Want my verhemelte spreek waarheid, en goddeloosheid is vir my lippe 'n gruwel. Al die woorde van my mond is reg, daarin is niks wat slinks of vals is nie, hulle is almal duidelik vir die verstandige en reg vir die wat kennis gevind het. (Spreuke 8:6-9)

Uit die vrug van iemand se mond word hy versadig met die goeie, en die daad van 'n mens se hande kom op hom terug. (Spreuke 12:14)

Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer, maar 'n vriendelike woord vrolik dit op. (Spreuke 12:25)

Van die vrug van iemand se mond eet hy die goeie, maar die begeerte van die ontroues is 'n daad van geweld. (Spreuke 13:2)

Sagtheid van tong is 'n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees. (Spreuke 15:4)

Van die vrug van iemand se mond word sy maag versadig; hy word versadig van die opbrings van sy lippe. Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet. (Spreuke 18:20-21)

Gee gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op my kennis. Want dit is lieflik as jy dit in jou binneste bewaar; mag hulle tesame gereed l op jou lippe. (Spreuke 22:17-18)

Wat die woord van sy kneg vervul en die voorsegging van sy boodskapper volbring. (Jesaja 44:26)

En Ek het my woorde in jou mond gel en in die skaduwee van my hand jou verberg. (Jesaja 51:16)

So sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal na leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur. (Jesaja 55:11)

Toe het die HERE sy hand uitgestrek en my mond aangeroer; en die HERE het vir my ges: Hiermee l Ek my woorde in jou mond. (Jeremia 1:9)

Toe s die HERE vir my: Jy het goed gesien, want Ek is wakker en oor my woord om dit te volbring. (Jeremia 1:12)

God sit sy woorde in ons monde en voer die woorde van sy knegte uit en verwesenlik die voorspellinge van sy boodskappers. Wanneer ons sy woord uitspreek, dan hou Hy ons dop om te sien dat hierdie woorde verwesenlik word. Wat 'n sening kan ons nie wees as ons al God se woorde reg in ons monde kan h nie.

Die werklike geheim vir 'n suksesvolle gelowige lewe is om God se woord in ons harte te hou en dit reg te h in ons monde - om God se woorde uit te spreek.

Wanneer ons 'n persoon reg hoor praat - in ooreenstemming met die woord van God - kan ons sy/haar geloof meet en weet dat hy/sy geloof het. En so 'n persoon het nie net geloof in God nie, maar hy/sy het ook God se gees. Johannes die Doper s in Johannes 3:34:

Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.

Hoe meer ons God se woord uitspreek, hoe meer gee God vir ons sy Gees. As ons net die woorde van God spreek, dan gee Hy vir ons sy Gees sonder mate.

 

7.2 Ons Hou ons Tong van Bose Woorde Weg

Die sleutel tot 'n suksesvolle gelowige lewe is om reg te praat. En die sleutel tot reg praat is om van verkeerde woorde af weg te bly.

Selfs as ons dikwels die regte dinge s, is dit nie regtig tot ons voordeel as ons verkeerde belydenisse tussenin maak nie. Verkeerde woorde, woorde van ongeloof, veroorsaak dat ons ons geloofsdoelwit verloor. As ons tussenin die teenoorgestelde van ons geloofsdoelwit bely, tree ons op in ongeloof, ons weifel, ons swaai tussen geloof en ongeloof en ons neig na ongeloof. Ons gly terug in die verkeerde rigting.

Ons wil kyk na 'n paar Skriflesings en ons wil hulle vir hulself laat praat.

Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie. (Psalm 34:14)

Verstrik is in die woorde van jou mond, gevang is deur die woorde van jou mond. (Spreuke 6:2)

In die oortreding van die lippe l daar 'n gevaarlike strik. (Spreuke 12:13)

Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing. (Spreuke 12:18)

Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel. (Spreuke 15:2)

Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe 'n strik vir sy lewe. (Spreuke 18:7)

Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van die benoudhede. (Spreuke 21:23)

Het jy 'n man gesien wat haastig is in sy woorde? Vir 'n dwaas is daar meer hoop as vir hom. (Spreuke 29:20)

Want soos die droom kom deur baie drukte, so die gepraat van die dwaas deur baie woorde. As jy 'n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe. Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie. Laat jou mond nie toe om op jou liggaam 'n sondeskuld te laai nie, en s nie voor die gesant van God: Dit was 'n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes? want soos daar baie drome is, so is daar ook nietige woorde in menigte, maar vrees God! As jy verdrukking van die arme en berowing van reg en geregtigheid sien in die land - verwonder jou nie oor die saak nie, want 'n hor een loer op die ho, en die hores weer op hulle. (Prediker 5:2-7)

Maar Ek s vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag. (Matths 12:36-37)

Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan; dit maak die mens onrein. (Matths 15:11)

Begryp julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word nie? Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is di wat die mens onrein maak. Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal. Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak; maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie. (Matths 15:17-20)

o Timthes, bewaar jou pand en vermy die onheilige, onsinnige praatjies en tewerpinge van die valslik sogenaamde kennis, waarvan sommige belydenis gedoen het en, wat die geloof betref, op 'n dwaalweg geraak het. (1 Timthes 6:20-21)

As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs. (Jakobus 1:26)

Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou. (Jakobus 3:2)

Die tong is ook 'n vuur, die wreld van ongeregtigheid. Net so 'n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek. (Jakobus 3:6)

Uit dieselfde mond kom sen en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie. (Jakobus 3:10)

Want wie die lewe wil liefh en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie. (1 Petrus 3:10)

Ons wil van nader kyk na hierdie Skriflesing van 1 Timthes 6:20-21. Hierdie twee verse sluit nie net aan by ons onderwerp nie, maar hulle formuleer ook 'n geloofsbeginsel. Paulus verduidelik hier aan Timthes dat party van geloof af weggewandel het vanweë hulle goddelose gepraat en weens teenstrydige idees van wat verkeerdelik kennis genoem word, wat party mense bely het. Dit is 'n duidelike stelling dat woorde mense van geloof af weglei. En verkeerde woorde word gekenmerk as onsinnige praatjies, en as belydenisse van 'kennis'.

Vandag mag ons die teenstrydige idees van wat verkeerdelik kennis genoem word, noem die leerstellinge van hierdie wreld in teenstelling met die leerstellinge van die Bybel. Die leerstellinge van hierdie wreld word regverdig teenstrydige idees genoem, want die idees van wreldlike mense is teenstrydig met mekaar en ons behoort van hulle af weg te bly, ons behoort hulle nie te bely nie.

Maar daar is iets anders wat hierdie Skriflesing kan beteken. Wanneer ons kyk, neem ons waar, en wat ons waarneem word kennis, 'n kennis wat ons deur sig opdoen, deur die gebruik van ons sintuie. Die resultaat is dat ons in sig wandel, ons vestig ons o op wat gesien word, ons word deur die teenswoordige omstandighede gelei. En ons begin s wat ons sien, en dit is wat Paulus onsinnige praatjies noem, want dit is gebaseer op valse kennis, nie op 'n kennis wat van geestelike insig af kom nie. Hoe meer ons deelneem aan goddelose praatjies, en hoe meer ons die teenstrydige idees van wat verkeerdelik kennis genoem word, bely, hoe verder wandel ons van geloof af weg. Wreldlike praatjies is sleg vir ons geloof. Die belydenis van kortstondige omstandighede is die uitspraak van bose woorde.

Om ons te weerhou van verkeerde en bose woorde is die sleutel tot reg praat. En om reg te praat is die sleutel tot 'n suksesvolle geloofslewe.

 

7.3 Die Woordeskat van Stilte

As ons gelowige mense wil wees, moet ons op die regte manier praat en ons kan dit net bereik wanneer ons die verkeerde dinge ophou s. En die sleutel tot weerhouding van verkeerde woorde is die woordeskat van stilte.

Ons sal net in staat wees om verkeerde dinge op te hou s as ons kan stilbly.

Die volgende Skriflesings sal ons oortuig dat die vermo om stil te bly 'n groot deug is. Ons behoort te mediteer op hierdie verse en ook te lees in watter verband hulle gebruik word - studeer hulle in die Bybel.

Maar Aron het stilgebly. (Levtikus 10:3)

En Josua het aan die volk bevel gegee en ges: Julle mag nie skreeu of julle stem laat hoor nie, en geen woord mag uit julle mond uitgaan nie tot op die dag dat ek vir julle s: Skreeu! dan moet julle skreeu. (Josua 6:10)

Maar die manskappe het stilgebly en hom niks geantwoord nie; want dit was die bevel van die koning: Julle moet hom nie antwoord nie. (2 Konings 18:36, Jesaja 36:21)

En hulle het by hom op die grond gaan sit, sewe dae en sewe nagte lank, sonder dat iemand 'n woord met hom gepraat het; want hulle het gesien dat die smart baie groot was. (Job 2:13)

Ag, as julle maar heeltemal wou swyg - dan sou dit vir julle wysheid wees! (Job 13:5)

Ek het ges: Ek wil my we bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is. (Psalm 39:2)

HERE, stel 'n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe. Neig my hart nie tot iets wat sleg is, om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne wat ongeregtigheid werk nie; en laat my van hulle lekkernye nie eet nie. (Psalm 141:3-4)

By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig. (Spreuke 19:19)

Die verstandelose verag sy naaste, maar 'n verstandige man bly stil. Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak. (Spreuke 11:12-13)

Die hart van die regverdige dink n om te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel. (Spreuke 15:28)

Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is 'n man van verstand. Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig. (Spreuke 17:27-28)

'n Tyd om te swyg en 'n tyd om te spreek. (Prediker 3:7)

Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos 'n lam wat na die slagplek gelei word en soos 'n skaap wat stom is voor sy skeerders - ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie. (Jesaja 53:7)

Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die HERE. Dit is goed vir 'n man dat hy die juk in sy jeug dra. Laat hom eensaam sit en swyg, as Hy hom dit opgel het. (Klaagliedere 3:26-28)

Daarom swyg die verstandige in so 'n tyd, want dit is 'n onheilspellende tyd. (Amos 5:13)

Let op die poorte van jou mond teenoor haar wat in jou skoot l. (Miga 7:5)

Maar laat julle woord wees: Ja,ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose. (Matths 5:37)

Daarop staan die hopriester op en s vir Hom: Antwoord U niks nie? Wat getuig hierdie manne teen U? Maar Jesus het stilgebly. En die hopriester antwoord en s vir Hom: Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons s of U die Christus, die Seun van God, is? (Matths 26:62-63)

En terwyl Hy deur die owerpriesters en die ouderlinge beskuldig word, het Hy niks geantwoord nie. Toe s Pilatus vir Hom: Hoor U nie hoe baie dinge hulle teen U getuig nie? En Hy het hom op geen enkele woord geantwoord nie, sodat die goewerneur hom baie verwonder het. (Matths 27:12-14)

En kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie. (Lukas 1:20)

En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dt: Soos 'n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos 'n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie. (Handelinge 8:32)

As ons die woordeskat van stilte wil leer, sal ons net een goeie onderwyser vind, en dit is Jesus. Jesus het altyd sy tong beheer. Hy het gepraat wat Hy wou praat, wat sy gees en sy wil besluit het. Hy het gepraat wanneer Hy wou gepraat het, en wanneer dit ongeskik was om te praat, het Hy stilgebly. Om stil te bly was vir Hom geen probleem nie.

Maar ons wil kyk na 'n spesifieke motief vir Jesus se stilte soos Hy op sy pad na die kruis toe was. Jesus het geswyg omdat dit sy geloofsdoel was om na die kruis toe te gaan, om uit die dode op te staan en om aan die regterkant van God te sit. Hy vou verlossing na ons toe bring; hierdie optrede van Jesus is wat die Bybel oor gaan. Jesus was bereid om te ly om ons van lyding te red; om iets te doen wat teen sy ganse natuur ingestry het, want Hy was die lewe; Hy het gesondheid, rykdomme, vrede en vreugde gebring. Die enigste manier waarop mense Jesus kon seermaak, martel en doodmaak, was deurdat Hy stilgebly het. Indien, gedurende hierdie tyd, Jesus sy mond oopgemaak het en lewe gespreek het, sou lewe rondom Hom gewees het en die engele sou hierdie woorde werklik gemaak het (Matths 26:53). Siekte en dood sou onmoontlik gewees het.

Kom ons neem 'n voorbeeld van Matths 26:63-64:

En die hopriester antwoord en s vir Hom: Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons s of U die Christus, die Seun van God, is? Jesus antwoord hom: U het dit ges.

Hier s Jesus nie in sy eie woorde wie Hy is nie. As Hy dit sou doen, sou lewe en vryheid rondom Hom gewees het. Hy het op 'n indirekte manier geantwoord: U het dit ges.

Van Johannes 18:6 kry ons 'n indruk van wat gebeur het toe Jesus sy naam genoem het:

Toe Hy dan vir hulle s: Dit is ek, het hulle agteruitgegaan en op die grond geval.

Jesus gebruik hier een van God se grootste name: Ek is. In Exodus 3:14 identifiseer God Homself met hierdie naam:

En God s vir Moses: Ek IS WAT EK IS. Ook s Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.

Toe Jesus gearresteer was en Hy het sy naam ges, was die teenwoordigheid van God so sterk dat die soldate in die gees verslaan was en op die grond geval het. Hulle kon nie op hulle voete bly nie. Jesus kon net weggeloop het, maar Hy het dit nie gedoen nie. Hy het selfs die inhegtenisneming en alles wat daarop gevolg het, werklikheid laat word want Hy het dikwels daaroor gepraat met sy dissipels. As gevolg van sy praat, van sy woorde, het dit werklikheid geword.

Van Jesus se pad na Kalvarie kan ons sien hoe die Woord van God, deur onsself uitgespreek, lewe kan bring. Jesus moes stilgebly het; as Hy lewe gepraat het, sou sy dood nie moontlik gewees het nie.

Johannes die Doper het die weg vir Jesus voorberei; sy geboorte was in gevaar gestel deur die verkeerde en ongelowige belydenisse van sy vader, Sagara, en God moes hom stilhou deur geweld. Slegs nadat hy die regte belydenis geuiter het, nadat hy geskryf het: Johannes is sy naam, kon hy weer praat (Lukas 1:63-64). Iets uitsonderliks het met Sagara gebeur, 'n engel het voor hom verskyn en vir hom vertel dat hy 'n seun sou kry. Maar Sagara s:

Waaraan sal ek dit weet? Want ek is 'n ou man, en my vrou is op ver gevorderde leeftyd. (Lukas 1:18)

Dus sien ons dat ongeloof selfs met 'n hooggeplaaste gelowige kan gebeur; terwyl hy in die Heilige Plek staan ontvang hy 'n direkte woord van God deur 'n wonderbaarlike verskyning van 'n engel en hy glo dit nie; hy twyfel. Hy sien die natuurlike omstandighede, hy loop in sig, hy is nie geestelik nie.

Die engel luister na hom, meet sy geloof en vertel hom:

Omdat jy my woorde wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie. (Lukas 1:20)

En om nie God se plan, wat reeds in die beginstadium was, te stuit nie, en om te behoed dat Sagara nie die koms van Johannes die Doper keer deur ongelowige belydenisse nie, het die engel hom stom gemaak. En hy het hom stilgemaak, nie in staat om te praat tot "op die dag wat hierdie dinge gebeur nie". Die engel het sy geloof gemeet en hom op die vlak "min geloof" geplaas. Hy het geweet dat Sagara net sou glo nadat hy die wonderwerk gesien het. "Op die dag wat hierdie dinge gebeur."

Hoe dikwels het ons nie ontvang nie, omdat ons nie stilgebly het nie? Dit is 'n uitsondering dat God iemand stom maak om te behoed dat hy sy geloofsdoelwit verwoes. Normaalweg is dit ons plig om nie teen God se woord te praat nie; om stil te bly. Ons sukses in die ontvangs van God se geskenke sal baie staatmaak op ons vermo om die woordeskat van stilte te gebruik.

Terwyl ons die laaste paar hoofstukke van hierdie studie lees, wonder ons moontlik hoekom so baie Skriflesings gebruik is. 'n Lys van Bybelverse het verskyn, en meeste van hulle selfs sonder verduideliking; sou 'n paar voorbeelde nie genoeg gewees het nie? Een rede is dat die Woord van God altyd meer betekenis dra as die woord wat van onsself af kom. Maar daar is ook 'n ander rede.

Wanneer ons kyk na die praktiese kant van geloof, kom ons tot die onvoldoende slotsom dat die Bybel eintlik baie min daaroor s. Ons vind beginsels van geloof maar nie baie oor die toepassing van hierdie beginsels nie. Dit is nogal moeilik om die praktiese kant van geloof te sien. Die Bybel praat so dikwels oor die belangrikheid van geloof, dat ons God nie tevrede kan stel sonder geloof nie en dat alles wat nie van geloof af kom nie, sonde is. Maar hoe doen ons werklik hierdie glo?

Nie voor ons nie die verband tussen glo en praat verstaan, sal hierdie deur vir ons oopgemaak word nie. Net dan sal ons stadig gewys word dat daar baie Verse in die Skrif is wat iets s oor praat, wat handel oor die mag van die tong, wat voorkeur gee aan die belangrikheid van die Woord van God.

Ontelbare voorbeelde in die Bybel doen verslag oor gesprekke tussen mense of tussen God en 'n persoon. Van baie van hierdie voorbeelde, kan ons iets oor geloof leer. Na ons geestelike o geopen is, word ons verstaning van hierdie verslae duideliker en ons begin verstaan waarom hulle werklik in die Bybel is. Die praktiese toepassing van ons geloofsprinsiepe het dus baie te doen met die leer van hierdie stories wat ons wys hoe ons moet praat en - moontlik selfs belangriker - hoe en wanneer om stil te bly.

Ons wil kyk na 'n dramatiese storie om iets te leer oor die woordeskat van stilte. Dit is die verslag van die Sunamitiese vrou, en ons vind dit in 2 Konings 4:8-37 en 2 Konings 8:1-6. Die Sunamitiese vrou vra Elsa om te bly vir 'n maaltyd. So wanneer hy ook al verbykom, stop hy daar om te eet. Sy en haar man bou selfs 'n ommuurde bo-kamer vir Elsa en meubileer dit. Hy woon daar wanneer hy in die gebied is. Hy wil sy dankbaarheid betoon en vra hierdie ryk vrou wat hy vir haar kan doen. Maar sy het geen wense nie. Elsa hoor dat sy geen seun het nie, en voorspel vir haar 'n seun. Sy s dat hy haar nie moet mislei nie. Sy begin dra, en gee geboorte aan 'n seun. Jare later kom die seun in van die veld, is siek en gaan dood in haar skoot.

Sy het seker die grootste krisis ondervind wat 'n moeder kan verdra. Haar seun, haar enigste, nog nie eers volwasse nie, gaan dood. Die gedagtes wat na hierdie vrou toe gekom het was geweldig. Die doel van haar hele lewe, die belangrikste ding wat God ooit vir haar gegee het, wat sy in haar eie baarmoeder gedra het, haar enigste seun, dit het alles tot niks gekom nie. Die toekoms lyk leeg. God lyk so ver weg. Paniek, woede, wanhoop, beskuldigings, verwarring, smart, skuld - al hierdie gedagtes het deur haar verstand geflits. Wat moes sy doen? Die duiwel het van alle kante gekom, dit was sy geleentheid om hierdie vrou op die verkeerde pad te lei.

Hier leer ons iets van die geaardheid van die Sunamiet. Ons weet reeds dat sy 'n ryk vrou was. Sy was Godvresend en geinteresseerd in God se werk. Uiterlik het sy nie 'n pos gehad nie, maar sy was 'n standvastige dienaar van God. Sy was deur die Heilige Gees gelei. Sy het 'n man van God herken wanneer sy een gesien het. Haar o was oop. Sy het moontlikhede om te help gesien. Sy kon aksie bring na die geskenke wat God vir haar gegee het. Sy was prakties. Sy was bereid om te gee, om nogal 'n groot som geld te spandeer om die lewe van een van God se dienaars te verlig, om 'n plek vir hom te skep waar hy kan rus en mediteer. Sy het haar man gerespekteer; sy het haar planne met hom bespreek en sy het sy goedkeuring daarvoor gekry.

So 'n persoon is standvastig in haar werk vir die koninkryk van God en vasberade in 'n krisis. Ten spyte van haar wroeginge in haar verstand, het sy een ding geweet: die woord van God faal nooit nie. Al haar gedagtes het sy gevange geneem en hulle aan God onderwerp (2 Korinthirs 10:5). Sy het na God se Woord toe gegaan, die woord wat die man van God aan haar gespreek het: "Sulke tyd oor 'n jaar sal jy 'n seun omhels" (2 Konings 4:16). Sy los haar probleem en gaan na die oplossing toe. Haar oplossing is die wederopstanding van haar seun. Sy het haar geloofsdoelwit gestel, dit is in haar hart, sy spreek dit nie eers uit nie, maar van hierdie oomblik af word haar geloof uitgedruk in al haar dade en woorde.

Haar plan van aksie is daar. Sy weet dat dit meer is 20 km na die berg Karmel toe is en dat die berg self 20 km lank is. Haar reis sal ure neem. Sy sal haar geloof moet bewys deur heelwat werk. Die oomblik wat haar plan gemaak is, begin sy dit uitvoer. Sy bring haar dooie seun na die blyplek van die profeet en roep haar man en s:

Stuur tog vir my een van die dienaars met een van die eselinne, dat ek gou na die man van God kan gaan en terugkom. (2 Konings 4:22)

Nou, die interessante woorde is di woorde wat sy nie s nie. Die volgende gebeure sal ons wys dat hierdie vrou die woordeskat van stilte bemeester het. Wat se ma sal nie eerste na die telefoon toe uitreik en haar man bel en vir hom die verskriklike nuus vertel en sy ondersteuning verwag nie. Ons sal dit duidelik sien as haar plig om haar man te vertel; die vader van die seun. Laat ons ons voorstel dat ons seun by die huis doodgaan en die vrou bel ons by die werk en, in plaas daarvan om ons die nuus te gee, s sy: "Gee my asseblief gou die motorkar, ek wil na Elsa toe gaan, maar ek sal gou terug wees," en later hoor ons dat ons seun dood is. Ons sal haar gesonde verstand bevraagteken; haar vertroue in ons.

Maar die Sunamiet het geweet dat sy self deur hierdie tyd moet kom. Sy kon net op God en sy profeet staatmaak. In 2 Kronieke 20:20 staan daar:

Glo in die HERE julle God, dan sal julle bevestig word;
glo aan sy profete, dan sal julle voorspoedig wees.

Sy het geweet dat Elsa nie enige profeet was nie, maar sy profeet. Sy het op sy woord staatgemaak, wat vir haar 'n woord van God was.

Al die optredes van die Sunamiet wys dat sy in beheer van die situasie was.

Elsa sien haar op 'n afstand en s vir sy dienaar Gehsi om te hardloop en haar te ontmoet. En Gehsi vra vir haar soos hy ges is:

Gaan dit goed met u? Gaan dit goed met u man? Gaan dit goed met u kind? (2 Konings 4:26)

En nou kom hierdie amper onmoontlike antwoord:

Goed.

Die Sunamiet antwoord Gehsi dat alles goed gaan. Die profeet het ook gevra na haar seun, en die moeder s dat hy goed is. Net 'n paar uur gelede het sy hierdie verskriklike ondervinding gehad, en sy weet dat haar seun dood is, en tog s sy dat hy goed is. 'n Persoon wat nie 'n Christen is nie, en nie die belydenis van 'n gelowige verstaan nie, sal moontlik s dat hierdie vrou 'n leuenaar is.

Die Sunamiet praat met haar man, met haar dienaar en met Gehsi, maar sy noem nie vir een van hulle dat haar seun dood is nie. Sy praat nie oor die teenswoordige omstandighede nie, oor wat sy nou net geondervind het nie, oor haar 'kennis' nie. Sy loop nie in sig nie, maar in geloof. En dit sal haar goed doen om haar ondervinding met iemand te deel; al drie persone ken haar seun, en hulle sou verstaning, simpatie, medelye, jammerte, droefheid, troos, respek, belangstelling en gereedheid om te help toon.

Maar hierdie vrou ken haar geloofsdoelwit en sy deel nie haar probleem met hierdie drie mense nie, sy bly stil, sy s net wat nodig en positief is.

Slegs wanneer die man van God op die berg bereik, begin sy besigheid praat. Sy weet dat Elsa bekend is in die hele land, as 'n man van geloof, en sy het sy geloof in haar eie lewe ondervind. Maar sy praat nie met hom oor haar probleem nie, geen woorde van ongeloof kom uit haar mond uit nie. Sy neem sy voete en Elsa kom tot die slotsom dat sy diep ellendig is. Sy is in 'n emosionele ramp, maar haar woorde wys dit nie, Elsa weet nie wat die rede is nie. Die Here het dit weggesteek van hom en het hom nie vertel waarom nie. Die Sunamiet s:

Het ek van my heer 'n seun gevra? Het ek nie ges: Moet my nie mislei nie? (2 Konings 4:28)

Sy weet hoe belangrik woorde is, en sy onthou haar eie woorde van 'n paar jaar terug goed. En sy onthou die profeet se woord, dit is hierdie woord - die woord van God - wat sy op staan.

Sy het nie vir 'n seun gevra nie, maar ons kan aanneem dat dit 'n hartsbegeerte was. Die profeet was verantwoordelik vir die geboorte van haar seun, die profeet se woord het werklikheid geword en sy het hierdie geskenk van God ten volle aanvaar. Wanneer die seun van haar af weggeneem word, onthou sy die voorspelling en herinner die profeet aan sy deel daaraan en aan haar eie woorde: "Moet my nie mislei nie."

Sy weet dat hierdie man 'n profeet van God is, dat hy die opvolger van Elia is en dat Elia die dooies laat opstaan het. Sy weet dat Elsa dieselfde kan doen en sy maak op sy woord staat, op die voorspelling wat uit sy mond gekom het.

Elsa het eintlik nie geweet wat fout was nie. God het hom nie vertel nie, en die Sunamiet het hom nie vertel dat haar seun dood is nie. Dit kon gewees het dat Elsa aangeneem het dat haar seun siek of sterwend was.

Elsa het oor die situasie gedink; hy het moontlik gedink hoe sy hele ministerie in gevaar gestel sou wees as hierdie seun sou sterwe. Sy woord het op die spel gestaan; hy was verantwoordelik vir hierdie seun; sy geloof het op die spel gestaan en die reputasie van God wat hy verteenwoordig het. Elsa het in geloof voorspel, hy kon nie nou net ophou glo nie; hy het geweet dat hy sy geloof aan die gang moes hou. Sy betroubaarheid en God s'n het op die spel gestaan, die ganse Israel sou binnekort weet wa die uitslag was.

Elsa s vir Gehsi om sy staf te neem, om te hardloop en om die staf op die seun se gesig neer te l. Die Sunamiet lyk nie baie beïndruk hierdeur nie. Dalk was sy meer bewus van Gehsi se persoonlikheid as van Elsa. Dalk het sy Gehsi nie vertrou nie. Voor sy regtig vir Elsa leer ken het, hetsy geweet dat hy 'n heilige man van God is. Later, na die genesing van Naman die melaatse, het Gehsi op 'n onbetroubare wyse opgetree en vir Elsa nie die waarheid vertel nie. Dit mog gewees het dat die Sunamiet iets van hierdie eienskap van Gehsi aangevoel het; ook dat Gehsi haar wou wegstoot toe sy Elsa se voete geneem het het haar iets vertel omtrent wat werklik in sy hart was. Sy het vir Elsa ges dat sy hom nie sou los nie, en het toe opgestaan en hom gevolg. Hy het moontlik besef dat die saak ernstiger was as wat hy gedink het.

Baie ure moes verbygegaan het. Elsa kom aan in Sunem. Gehsi was nie suksesvol nie, maar Elsa was; hy het haar haar seun teruggegee, gesond en lewendig. Die Sunamiet het voor sy voete geval en na die aarde gebuig. Sy het Elsa bedank. Sy het in liefde en in vrede geloop. Wanneer ons ook al by 'n krisis kom, moet ons gedagtes na Sunem toe gaan.

Elsa het hierdie vrou gered van hongersnood deur haar te vertel om weg te gaan. Na sewe jaar het sy en haar familie teruggekeer en God het haar gehelp om haar besittings en selfs meer terug te kry. Sy het die woordeskat van stilte bemeester, en dit het haar suksesvol en sterk in die geloof gemaak.

 

7.4 Gelei deur die Heilige Gees

Ons praat van die mag van die tong. As iemand die woordeskat van stilte bemeester het, het hy/sy sonder twyfel beheer oor sy/haar tong. In Jakobus 1:26 word ons vertel dat ons ons tong in toom moet hou as ons God wil dien; as ons ons tong nie beheer nie, mislei ons onsself en ons diens is waardeloos.

Ons mt ons tong beheer. Ons moet mik na volmaking en ons is volmaak wanneer ons nooit verkeerd is in wat ons s nie; dan kan ons ok ons ganse lyf in toom hou (Jakobus 3:2). Dit beteken dat ons ook gesond kan bly - ons kan ons hele lyf in toom hou. Ons gesondheid maak dus ook staat op ons woorde.

In Jakobus 3:7-8 s die Bybel iets verrassend:

Want elke soort natuur van wilde diere en vols en kruipende sowel as seediere word getem en is getem deur die menslike natuur. Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is 'n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif.

Ons kan alle diere tem, s Jakobus, maar ons kan ons eie tonge nie tem nie:

Maar die tong kan geen mens tem nie.

Jakobus s nie dat die tong nie getem kan word nie, hy s dat 'geen mens' die tong kan tem nie.

God kan alles doen, Hy kan ook die tong van die mens tem. Maar Hy kan dit nie teen die mens se sin doen nie. 'n Mens moet wil h dat God sy tong tem. God kan alles doen, maar hy is gebonde aan sy woord. Hy kan nie teen sy woord optree nie. As God nie op sy eie woord kon staatmaak nie, sou Hy nie vertrou kon word nie, Hy sou nie meer 'n God van geloof wees nie.

En God het vir die mens gesag gegee; Hy het vir hom 'n wil van sy eie gegee. Die mens het 'n wil soos God een het, want die mens is geskape in die beeld van God; gemaak na die gelykenis van God. En God kan nie die wil van die mens verander nie - Hy kan dit benvloed. God het beheer oor die fisiese heelal en daarvandaan kan Hy 'n invloed speel, maar Hy hoef dit nie te doen nie.

As 'n mens bewustelik of onbewustelik teen sy/haar eie belange optree, kan God iets daaromtrent doen - Hy kan, maar Hy hoef nie. En in baie gevalle doen Hy dit nie.

Wanneer ek heeltemal aan God se kant is en onbewustelik is ek op die punt om my voet teen 'n klip te kap, sal sy engele my beskerm (Psalm 91:12). Maar as ek my voet teen die liggaam van my buurman stamp en dit bewustelik doen, gewelddadig en in woede, is dit heel moontlik dat God my nie sal beskerm van 'n loesing nie. Dan is ek nie aan sy kant nie; ek het teen sy woord opgetree.

Ek moet 'n kwaliteit-besluit maak wanneer ek wil h dat God namens my moet optree. As ek sy beskerming en redding wil h, dan moet ek daarvolgens besluit. As ek sy beskerming wil h sodat ek nie hel toe gaan nie, dan moet ek 'n duidelike besluit neem. Ek het Jesus my Here gemaak, en die beskerming is daar.

As ek reeds 'n oorwinnende lewe hier op aarde wil lei, dan moet ek daarvolgens besluit. Die sleutel tot dit is die beheer van die tong, en wanneer ek weet dat ek hierdie beheer net met die hulp van God kan bekom, dan besluit ek om God se hulp te gebruik.

Die opskrif van Psalm 141 is "Gebed om bewaar te bly van verleiding en vervolging" en in verse drie en vier word ons vertel hoe om vir beskerming te vra teen die aantrekkingskrag van die bose, hoe om te bid dat God oor ons monde waak. Ons stel dus die volgende gebed voor:

Gebed

HERE, ek roep U aan; kom tog gou na my toe; luister na my stem as ek U aanroep. Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan, die opheffing van my hande soos die aandoffer. HERE, stel 'n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe. Neig my hart nie tot iets wat sleg is, om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne wat ongeregtigheid werk nie; en laat my van hulle lekkernye nie eet nie. (Psalm 141:1-4)

Hierdie gebed behoort ons net een keer te bid, en te glo dat God sy wag voor ons mond sit. Wanneer ons weer in hierdie rigting wil bid, moet ons dit in die vorm van 'n belydenis doen. Met 'n belydenis bevestig ons ons gebed en ons geloof en ons bely dat ons ontvang wat ons voor gevra het.

Die volgende belydenis is 'n voorstel, dit kan so dikwels as wat nodig is uitgespreek word. Slegs Skriflesings word gebruik.

God beheer my tong

My persoonlike belydenis

Wat ek ook dink, my mond oortree nie. (Psalm 17:3)

Laat die woorde van my mond en oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser! (Psalm 19:14)

HERE, stel 'n wag voor my mond, bewaar die deur van my lippe. Neig my hart nie tot iets wat sleg is, om in goddeloosheid dinge te doen saam met manne wat ongeregtigheid werk nie. (Psalm 141:3-4)

Verwyder van my die valsheid van mond, en hou ver van my af die verkeerdheid van lippe. (Spreuke 4:24)

Ek kwel my nie en s: Wat sal ek eet, of wat sal ek drink, of wat sal ek aantrek, nie. (Matths 6:31)

Myself doen ek niks nie; maar net wat my Vader my geleer het. Ek doen altyd wat Hom welgevallig is. (Johannes 8:28-29)

Die dinge wat nie bestaan nie, roep ek asof hulle bestaan. (Romeine 4:17)

Ek laat geen vuil woord uit my mond uitgaan nie, maar net 'n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor. En ek bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie ek versel is tot die dag van verlossing. Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering word van my verwyder, saam met alle boosheid. (Efsirs 4:29-31)

Daar is nie gemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging. (Efsirs 5:4)

Alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is - watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink ek. (Filippense 4:8)

Ek vermy die onheilige, onsinnige praatjies. (2 Timthes 2:16)

Hoe meer ek deur hierdie belydenis lees en dit uitspreek, hoe meer sal ek die betekenis van die woorde verstaan en ek sal hulle aanvaar en ek sal hulle positiewe doel vir my lewe besef en ek sal begeer dat hulle werklik word in my lewe.

In Efsirs 4:30 s Paulus:

En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle versel is tot die dag van verlossing.

En die verse daarvoor en daarna praat van sondes, woorde, woede, lastertaal en so aan. Paulus s dat hierdie sondige gedrag, veral met woorde, is 'n bedroewing van die Heilige Gees van God. Wanneer ons woorde praat wat nie ooreenstem met die woord van God nie, bedroef ons die Heilige Gees.

Die Heilige Gees leef in ons gees; Hy kom in ons gees in wanneer ons Jesus ons Here maak; wanneer ons die ewige lewe ontvang en God se metgesel word. Ons gees word wedergebore. En ons begin om deur ons gees gelei te word. Hoe meer ons ons gees hernu met die Woord van God, hoe beter kan ons gees ons lei. En ons leer om meer en meer na ons gees te luister en daardeur gelei te word.

Daar is 'n eenvoudige manier om gewoond te raak aan die leiding van die gees. Wanneer ons ook al iets gaan s wat verkeerd is, hoor ons hierdie stem van ons hart, die stem van ons menslike gees. Hoe dikwels het ons nie ges of gedink: Ek moes dit nie ges het nie, maar toe glip dit uit, nie? Voordat ons hierdie negatiewe woorde by ons monde laat uitkom, weet ons menslike gees dit reeds. Dit wou ons waarsku. Die innerlike leidende stem was besig om te skreeu: "Nee, jy gaan iets slegs s," of "Wat jy nou gaan s is misplaas," of "Met hierdie woorde gaan jy 'n geheime saak onthul of jy gaan 'n gerug koester," en ons luister omtrent nooit na hierdie stem van ons gees nie. Ons het nie geweet wat dit is nie. Ons het nie geweet dat behalwe ons liggaam en gees - ons verstand, ons wil, ons denke - daar 'n gees, ons werklike self, is nie. Ons het nie besef dat ons altyd alles s wat by ons verstand opkom nie. Maar die duiwel het toegang tot ons verstand; hy gee vir ons gedagtes en probeer om ons wil te benvloed.

Die krag van 'n persoon l by sy/haar vermo om nie altyd te s wat hy/sy dink nie. Die rede is dat die duiwel ook 'n invloed uitoefen oor ons denke. Dit is die ding wat die duiwel wil h; hy gee vir ons 'n gedagte en hy wil h dat ons dit dadelik moet uitspreek. Maar ons moet kyk na 'n gedagte, ons moet sien of die gedagte waar is, of dit ooreenstem met die waarheid, die Woord van God. In 2 Korinthirs 10:5 noem die Bybel dit so:

Ons neem elke gedagte gevange tot die gehoorsaamheid aan Christus.

Part mense s: "Hy s nooit wat hy dink nie,: en hiermee wil hulle 'n negatiewe eienskap uitwys. Maar wat hulle werklik wil uitwys is dat 'n mens se hart nie ooreenstem met wat hy s nie. Hulle voel dat hy/sy geen liefde in sy/haar hart het nie, en dit met woorde probeer wegsteek.

Ons eerste stap moet wees om ons innerlike stem as sulks te erken. Wanneer dit ook al weer gebeur dat die stem van ons gees ons waarsku, behoort ons daaroor te dink en daarop te mediteer. En wanneer ons nie hierdie waarsku-sein volg nie en steeds die verkeerde woorde s, moet ons nie opgee nie. Ons moet eenvoudig vir God vra om ons te vergewe en in ons hart voorneem om altyd na ons innerlike leidende stem te luister, om ag daarop te slaan en om positief daarop te reageer. En ons behoort God te bedank dat Hy in ons en ons gees wandel en ons deur ons gees lei.

En dit is net die begin. Eers word ons deur ons gees gelei om beheer oor ons tong uit te oefen. Maar dan gaan ons verder en laat ons gees ons lei in al die dinge van ons lewens. Paulus s vir ons in Galsirs 5:16:

Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie.

Ons sal dan leer om 'n suksesvolle lewe te lei, en sonde sal geen seggenskap in ons lewe h nie. En ons is God se seuns en dogters wanneer ons deur die gees gelei word:

Want almal wat deur die Gees van God gelei word, di is kinders van God. (Romeine 8:14)

En ons laat God ons lei en ons glo dat Hy ons lei:

Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou we, dan sal H jou paaie gelykmaak. (Spreuke 3:5-6)

Ons leer om ons gees te gehoorsaam, ons gewete, ons innerlike stem. Met hierdie vermo sal ons in elke situasie weet wat om te doen.

Ons het nou na die hart van die saak - hoe om 'n suksesvolle Christen-lewe te leef - gegaan. Die suksesvolle, oorwinnende Christen is gevul met die Heilige Gees, die Heilige Gees dwaal in sy/haar gees. Hy/sy is gelei deur sy/haar menslike gees. Dit stel hom/haar in staat om sy/haar tong te beheer. Omdat hy/sy sy/haar tong kan beheer, bemeester hy/sy die woordeskat van stilte; hy/sy kan ophou praat net wanneer hy/sy wil. Dit gee hom/haar die vermo om hom/haar te weerhou daarvan om die verkeerde dinge te s. Sy/haar kennis van die Woord van God voed sy/haar gees en hy/sy dink en praat in ooreenstemming met die Woord van God. Hy/sy bely God se Woord. Die Woord van God is die finale gesag in sy/haar lewe. Hy/sy het die vermo om reg te praat en hiermee, die sleutel tot geloof. Hy/sy weet hoe om te praat en hy/sy weet hoe om te glo - niks is onmoontlik vir hom/haar nie.

 

7.5 Die Regte Slagveld is die Verstand

Ons wil hier ons verstand oorweeg. Die verstand is die deel van die siel waarmee ons dink. Ons verstand is ons werklike slagveld. Wanneer ons leer hoe om ons verstand te bemeester, sal ons die oorwinning behaal. Met ons wil kan ons vasstel wat ons wil dink. Dit is 'n uitsonderlik belangrike besef. Baie mense het nooit oor hierdie feit nagedink nie: dat hulle eintlik heeltemal kan beheer wat hulle gaan dink.

'n Mens kan dink aan sy/haar teneergedrukte omstandighede, teneergedruktheid dink, lusteloosheid dink, selfmoord dink, donkerte dink, of hy/sy kan dadelik ophou en die teenoorgestelde dink.

Dikwels dink ons net wat in ons verstand inkom, ons laat ons gedagtes hulle eie koers inslaan; ons laat hulle wegwandel of ons is verlore in denke. Maar ons het ook 'n wil, en daarmee kan ons besluit om ophou te dink aan 'n sekere ding. Met ons wil het ons die vermo om nou te besluit om oor iets anders te dink. Ons kan beheer oor ons denke uitoefen, ons kan met ons denke doen soos ons lus voel.

Wanneer ons aan die duiwel se voorstelle dink, kan ons daarmee aangaan, maar ons hoef nie. Ons ophou daarmee en ons wil kan besluit om nou aan God en sy Woord te dink. Wanneer ons gedagtes van vrees dink, kan ons wil tussentree en besluit dat ons nou gaan dink aan God wat ons beskerm, wie se engele rondom ons is en ons verlos, en dink daaraan dat geen wapen wat teen ons gemaak is, sal werk nie.

Wanneer die duiwel vir ons negatiewe gedagtes gee oor 'n man wat ons op Dinsdag vergewe het, kan ons hierdie gedagtes verwelkom. Ons onthou Maandag, toe hierdie man net or ons geloop het en ons behandel het asof ons nog steeds by die kleuterskoolstadium is.

Die duiwel het eenvoudig in ons denke ingekom, en hierdie bousteen van 'n gedagte laat val en weer verdwyn. Ons, natuurlik, het geen idee dat dit die duiwel was nie. Ons begin speel met hierdie bousteen; ons gooi dit nie uit nie: nee, ons kyk goed daarna. Ons onthou die hele situasie op Maandag s goed. Hierdie sukses spoor die duiwel aan en hy keer spoedig terug. Hierdie keer dra hy 'n armvrag vol stene. Nou kan ons regtig begin bou. Nie net het hierdie man ons behandel asof ons niks is nie, maar hy het ook hierdie ander onaangename karaktertrek... eintlik het hy 'n hele paar karakterswakhede.

Natuurlik moet die duiwel sy sukses konsolideer, en hy bring 'n hele kruiwa vol stene. Nou kan ons regtig begin. Hierdie man is eintlik so onmoontlik dat ons iets omtrent hom moet doen. Ons begin die moontlikhede oorweeg...

Die duiwel besef dat die werk ou regtig vir hom begin, en hy kom met 'n hele trokvrag stene, en 'n sleepwa met sand gelaai, en 'n menger, en vyf messelaars. En nie lank daarna nie, begin die mure aankom en 'n regte bastion word sigbaar, 'n vesting. Met hierdie materiale kan ons regtig aangaan, en 'n behoorlike plan ontwikkel vir die man teenwerk. Die volgende keer wat ons hom sien, sal ons hom regtig laat weet wat ons van hom dink; hy kan tog in ieder geval nie so 'n ding aan ons doen nie.

Ons kan met hierdie storie aangaan en die gevolge is die volgende: woede, haat, beledigings, stryd, geveg, aanval, manslag, moord. Moord begin met 'n gedagte, met die eerste bousteen van 'n gedagte.

'n Regte vesting het verdedigende en offensiewe wapens nodig - 'n behoorlike krygstoeristing.

En hierdie bespielende lirieke neem die duiwel met 'n videokamera op, sodat wanneer hy ons in die regte bui vind, hy net die knoppie hoef te druk en die vertoning begin - heeltemal outomaties. En aan die einde van die mini-reeks word 'n verdere deel aangevoeg. Hy het ons, ons reageer op sy knoppie-druk aksies.

En so het die duiwel 'n hele video-biblioteek vir ons reg. Daar is mini-reekse vir alles - vir onversoenlikheid, vir vrees, vir siekte, vir armoede, vir alleenigheid, vir onkundigheid, vir neerlaag, vir mislukking, vir ongewildheid, vir buierigheid, vir teneergedruktheid. Vir elke situasie het hy sy voorstel - duisternis. Hy druk net die knoppie, en ons sit terug in ons gemakstoel en geniet die vertoning. Hy ken jou op sy duim.

Ons wil die storie van onversoenlikheid weer van die begin af vat. Ons dink aan die man wat ons 'beledig' het op Maandag, wie ons op Dinsdag vergewe het. Soos ons besig is om opgewerk te word daaroor en die video begin speel voor ons geestelike o, word dit onderbreek. Ons menslike gees het die onderbreking bewerkstellig. Ons het geleer om na sy stem te luister. Ons wil besluit om die video te stop en om op Dinsdag te konsentreer. Ons het die man op Dinsdag vergewe, ons het 'n besluit geneem om hom te vergewe, en ons het geweet wat ons doen, dit was 'n kwessie van geloof.

Ons weet dat ons by die besluit wil hou en dat niks verander het sedert Dinsdag nie, ons het die man vergewe. So wat het werklik gebeur? Die duiwel het vir ons die eerste gedagte gegee om ons van ons besluit af weg te lei. Hy wou ons kry om iets negatiefs te s oor hierdie man; hy wou h dat ons nie by ons woord hou nie en ons besluit verwoes. Hy wou ons onder sy beheer bring. Hy wou vir homself 'n vesting in ons denke bou, 'n vesting wat nie so maklik oorwin kan word nie. Hoe meer ons oor die duiwel se voorstel sou dink en mediteer, hoe magtiger sou hierdie vesting geword het in ons lewe, en hoe moeiliker sou dit geword het om die duiwel uit te skop.

Dit is in ons denke wat ons moet veg, waar die duiwel aanval. Ons lees weer 2 Korinthirs 10:4-5:

Want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevangenis neem tot die gehoorsaamheid aan Christus.

Wanneer ons menslike gees ons onderbreek in ons negatiewe denke, moet ons hierdie vesting afbreek. Dit maak geen verskil of dit net een steen of 'n miljoen is nie. Ons breek hulle af. Ons doen dit deur elke gedagte van die duiwel gevangenis te neem en herrig ons denke sodat dit Christus en sy Woord gehoorsaam.

Ons onthou die besluit wat ons op Dinsdag gemaak het, en bly daarby. Dit is ook goed om die duiwel te bestry met woorde, ons kan s: "Duiwel, op Maandag het ek hierdie man vergewe en ek gaan nie van plan verander nie."

Die duiwel is 'n ongelowige, hy glo nie. Na 'n paar dae dink hy die regte geleentheid het opgeduik. Hy druk die knoppie en die video begin. Maar ons reageer onmiddelik en s: "Duiwel, ek het jou reeds vertel dat ek hierdie man vergewe het. As jy weer kom aangaande hierdie saak, gaan ek vir hom bid."

Na 'n paar dae is hy weer daar, en ons begin bid vir hierdie man. Nou sal die duiwel twee maal dink voordat hy weer kom.

Weer eens wil ons die storie van die begin af hervat. Die duiwel kom met sy eerste bousteen van 'n gedagte. Hierdie keer is hy meer subtiel, hy s: "Jy het hierdie man op Dinsdag vergewe, maar dit was nie werklik nie, jy is eintlik 'n tweegesig, jy het net woorde gepraat, daar is nog steeds haat en moord in jou, jy kan nie mense regtig vergewe nie, eintlik is jy 'n slegte mens."

Hierdie is 'n baie algemene aanval van die duiwel. Hy gebruik dieselfde metode wanneer hy iemand wil oortuig dat hy/sy eintlik nie regtig 'n Christen is nie, dat hy/sy nie gered is nie, dat God hom/haar nie wil h nie. Die duiwel tree ook so op tydens genesings, of wanneer die saak finansies of allenigheid is.

Ons antwoord moet kristalhelder wees, ons verwys na die Woord van God. Soos Jesus s, "daar staan geskrywe". En dan haal ons 'n Skriflesing aan wat by die situasie pas.

As die duiwel veroorsaak dat ons ons redding betwyfel, dan s ons: Daar staan geskrywe dat wanneer ek die Here Jesus bely en met my hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, dan is ek gered (Romeine 10:9-10), ek glo en daarom is ek gered, ek is 'n Christen.

Of ons s: Duiwel, in 1 Johannes 1:19 staan daar:

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Gister het ek gesondig, maar daarna het ek my sonde bely en ek weet dat God my vergewe het want sy Woord s so. God het my vergewe en en gaan nie dat jy my oortuig om te sondig nie.

Die hele ding is 'n kwessie van geloof. Hier sal ons sien of ons God se Woord glo.

Wanneer ons 'n Christen word, besluit ons om dit te doen en ons beweeg nie weg van die besluit af nie, en ons word nie benvloed deur gevoelens en bendruk deur twyfel nie.

Dit is dieselfde wanneer ons besluit het om hierdie man te vergewe. Ons het 'n besluit geneem en ons hou daarby, ons hou by ons woord. Ons is betrouenswaardig. Vir ons is dit 'n kwessie van geloof, ons woord is op die spel.

Ons moet hierdie man vergewe en wanneer negatiewe gedagtes teenoor hom by ons opkom, neem ons hierdie gedagtes gevangenis en maak hulle gehoorsaam aan Christus (2 Korinthirs 10:5).

Ons moet ons verstand beheer. Ons denke moet ons nie beheer nie. Wreldlike denke, gedagtes wat van die duiwel af kom, moet uitgewerp word, en ons moet gedagtes dink wat van ons gees af kom. Hoe meer ons menslike gees goddelike gedagtes het, hoe meer kan dit hulle vir ons gee. Ons moet dus ons gees voed met God se Woord. Hoe mee die Woord seëvier in ons gees, hoe meer sal ons gees ons verstand benvloed om oor die Woord te dink.

En wanneer die duiwel met sy gedagtes kom, jaag ons hom weg. Ons kan die duiwel nie laat ophou gedagtes in ons verstand sit nie, maar ons hoef hulle nie te onderhou nie. Ons kan nie 'n vol keer van oor ons koppe vlieg nie, maar ons kan beslis keer dat die vol 'n nes op ons kop bou!

Wanneer die duiwel in ons verstand uitsaai, wanneer hy versoeking in ons koppe sit, verander ons van kanaal.

Ons praat en ons optrede sal grootliks staatmaak op wat ons dink. Hoe meer ons dink oor die wreldlike sisteem, hoe meer sal ons daaroor praat, en ons dade sal daarvolgens wees. Ons denke moet dus hiervan af wegbeweeg. Ons moet ons verstand hernu; ons moet oor die Woord dink. Om dit te bereik, stel ons die volgende belydenis voor:

 

God Beheer my Denke

My persoonlike belydenis

Baie naby my is die woord, in my mond en in my hart, om dit te doen. (Deuteronmium 30:14)

Ek stel my liggaam as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer - dit is my redelike godsdiens. En ek word nie aan hierdie wreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van my gemoed, sodat ek kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. (Romeine 12:1-2)

Ek neem elke gedagte gevange tot die gehoorsaamheid aan Christus. (2 Korinthirs 10:5)

My sinne is nie vervreemd van die opregtheid teenoor Christus nie. (2 Korinthirs 11:3)

Ek word vernuwe in die gees van my gemoed. (Efsirs 4:23)

Ek bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. (Kolossense 3:2)

God se woorde wek my suiwere gesindheid op. Ek onthou God se woorde wat deur die heilige profete tevore gespreek is, en die gebod van die apostels van die Here en Verlosser. (2 Petrus 3:2)

Want Hy self - Jesus Christus - het onder versoeking gely, Hy kan di help wat versoek word. Daarom vestig ek, deelgenoot van die hemelse roeping, my gedagtes op Jesus, die apostel en Hopriester wie ek bely. (Hebrers 2:18-3:1)

 

Ons dink aan God se Woord, ons mediteer daarop. Ons dink nie oor wat die duiwel voorstel nie. Ons laat nie toe dat Satan ons dinkwerk vir ons doen nie. Ons neem die administrasie en toesig van ons denke oor. Ons neem beheer oor van ons denke, ons doen wat ons wil met hulle.

En wat ek dink is wat ek s en wat ek word. Hoe meer ek soos god dink, hoe meer praat ek sy Woord en word ek soos Hom.

Wanneer slegte verbeeldinge na my denke toe kom, verander ek daardie beelde. Ek doen dit deur God se Woord te dink en dit aan te haal. Ek sit stop aan elke slegte gedagte sodat dit nie 'n daad kan word nie. Wanneer ek sondige denke kan oorwin, sal ek nie 'n probleem h met sonde nie. As ek die gedagte keer, sal dit nie manifesteer as daad nie. Die werklike slagveld is die verstand.

Nou, hierdie probleem met die beheer van ons denke geld nie net vir baba-Christene nie. Selfs Jesus het 'n probleem daarmee gehad, toe Hy in die woestyn was, en suksesvolle, wel-bekende Christene moet dieselfde stryd veg.

Ons wil kyk na nog 'n voorbeeld. 'n Evangelis mediteer oor sy ministerie, en die duiwel wys vir hom dat baie siekes met allerhande siektes genees is, maar 'n blinde persoon het nooit genesing ontvang nie. Dit is natuurlik die doel van die duiwel om die man so ver te kry om hierdie tekortkoming te bely.

Die evangelis neem die gedagte op en mediteer daarop. Hy probeer uitwerk wat die oorsaak van hierdie tekortkoming is. Hy kan nie regtig 'n antwoord vind nie, en aanvaar die terugslag en hoop dat 'n blinde persoon een dag genees sal wees wanneer hy bid.

Een dag het hy die geleentheid om te gesels met 'n groep Christene, en hy praat oor sy ondervinding met die geskenke van die Gees, en noem ook dat geen blinde persoon ooit sy genesing ontvang het nie.

Die evangelis wou eenvoudig eerlik wees. Hy wou 'n ondervinding deel met mense wat dieselfde belangstelling het. Hy wou s dat hy nie werklik so suksesvol is nie, dat God hom in sekere gebiede nie gebruik nie. Dalk het hy ook gehoop dat hy 'n verklaring van sy luisteraars sou kry.

Die duiwel het die stryd gewen, hy het 'n vesting gebou en die evangelis het dit nie afgebreek nie. Die resultaat is dat die evangelis homself beperk het in sy ministerie en dat hy in die toekoms nie sukses sal behaal as hy vir die blindes bid nie, want hy glo nou regtig dat sy bid vir die blindes nie vrugte sal dra nie.

Maar wat van selfs groter belang is, is dat hy al sy gebede wat hy in die verlede vir blinde mense gebid het, gekanselleer het. Met sy woorde, "'n blinde persoon is nog nooit in my ministerie genees nie," bely hy dat hy sy gebede nie meer glo nie, of dat hy hulle nooit in die eerste plek geglo het nie.

Hy het eintlik al sy gebede vir blinde mense ongeldig verklaar. Hy het nie besef dat die duiwel hom mislei het en moontlik vir hom gelieg het nie. Want die evangelis weet nie regtig wat gebeur nadat hy gebid het nie. 'n Blinde persoon kom na hom toe en hy bid die gebed van geloof. Die blinde persoon glo nie, maar hy glo. Na die gebed lyk dit asof niks gebeur het nie, maar die volgende dag kan die persoon sien. Die evangelis het na 'n ander stad gegaan, en hoor nooit van die genesing nie. En dalk het baie blindes hulle sig ontvang. Dalk het baie van hulle dit geleidelik ontvang.

En al hierdie mense het hulle genesing gehou. Maar nou het die duiwel skielik 'n oorwinning behaal in die verstand van die evangelis. Dit kan wees dat baie hulle genesing verloor omdat dit op die geloof van die man staatgemaak het.

Wanneer ons die gebed van geloof bid en dit lyk asof niks gaan gebeur nie, behoort ons nie baie jare later in 'n boek oor ons ondervindinge te skryf dat 'n persoon nie sy/haar genesing ontvang het nie. So 'n verkeerde belydenis kan die rede wees waarom die persoon sy/haar genesing verloor en dit wys ook vir die leser dat ons nie geglo het nie, of ten minste dat ons nie meer glo nie.

Dus kom die stryd vir die verstand nooit tot 'n einde nie. As ons eers begin glo het, moet ons dit volhou, ons kan nie later ophou nie. Selfs na baie jare, kan 'n stryd steeds verlore wees.

 

7.6 Onvertroubaarheid, Skinder, Leuens

Wanneer ons ook al iets s wat nie reg is nie, ondermyn ons ons geloof. Ons word onbetrouenswaardig teenoor onsself. Ons weet eenvoudig dat ons nie ons eie woorde kan vertrou nie, om nie te noem dat ander mense dit ook sal agterkom nie. As daar iets fout is met ons woorde, dan is daar 'n probleem met ons geloofslewe.

As ons nie 'n belofte hou nie, hou ons nie ons woord nie. Mense sien ons nie meer as betrouenswaardig nie, ons word onbetrouenswaardig. Hulle glo ons nie meer as ons hulle die volgende keer iets belowe nie. Ons woord het min waarde vir hulle. Hulle meet ons geloof deur ons woorde te ontleed. Wanneer ons iets belowe het en ons hou nie by ons belofte nie, weet ons dat ons min geloof het. En wanneer ons iets bely, laat ons s ons bely ons gesondheid, sal ons nie ons woorde glo nie. Dit sal net le woorde wees. Ons sal nie in ons harte glo nie, want ons weet in ons harte dat ons woorde onbetrouenswaardig is.

In Psalm 15:1 vra Dawid:

Here, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg?

En dan gee Dawid 'n lys voorwaardes hiervoor. In vers vier vind ons hierdie voorwaarde:

Hy wat, al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie.

Ons wil 'n voorbeeld oorweeg. Ons praat met mense voor 'n reis, en iemand nooi ons vir 'n koppie koffie na die reis in hulle huis. Ons belowe om te kom, en bedank die persoon vir die uitnodiging. Die reis begin, en na 'n rukkie verander ons van plan, ons word moeg en wil huis toe gaan na die reis. So na die reis praat ons met hierdie persoon, s jammer en s dat ons nie wil kom nie, want ons is moeg.

As ons geweet het hoe belangrik dit is om by ons woord te hou, sou ons ons moegheid opsy geskuif het en saamgegaan het. Die ander mens is teleurgesteld, en as hy bewus is van die onderliggende beginsel, weet hy iets van ons geloofsvlak.

Die wet van Moses praat noukeurig oor hierdie soort eed. Dit word 'n belangrike ding wanneer ons die waarde van ons woorde besef. In Nmeri 30:2 het ons 'n voorbeeld:

As iemand aan die HERE 'n gelofte doen of 'n eed sweer waardeur hy homself verbind om hom van iets te onthou, moet hy sy woord nie breek nie; hy moet handel volgens alles wat uit sy mond uitgaan.

En ons hoor meer daarvan in die Verse wat daarop volg en ook in Spreuke 6:1-5. Die laasgenoemde Skriflesing vertel ons wat om te doen as ons 'n belofte ontdaan wil maak.

Dit is 'n goeie doel om die gewoonte van beloftes maak op te gee. Ons moet probeer om iemand net iets te belowe nadat ons daarorr gedink het. Te dikwels maak ons 'n belofte sonder dat ons die saak regtig beplan of voorberei het. Dit word 'n slegte gewoonte. Ons is te sorgeloos met ons woorde en met ons beloftes.

Dikwels doen ons dit net om gaaf te wees, om vinnig en maklik uit 'n situasie te kom. Ons praat met iemand, maar ons is haastig en soos ons gaan s ons: ek sal vir jou kom kuier oor 'n paar dae. Maar eintlik is dit net 'n formule om 'n vinnige afskeid te vergemaklik. En niks kom daarvan nie, want ons vergeet of ons het eintlik nooit beplan om te gaan nie. Ons het nie by ons woord gehou nie, en dit het waardeloos geword. Dalk het die ander mens die saak ook nie in 'n ernstige lig beskou nie, maar dit kon wees dat hy dit wel gedoen het. Dalk was dit 'n eensame persoon, en hy het vir ons gewag, of selfs homself voorberei vir die besoek. En nou kom ons nie, en dit word 'n regte teleurstelling.

As ons sterk wil word in die geloof, moet ons ophou om ons woord te verbreek. As nie by ons woord hou nie, verwoes ons ons geloof. Ons moet nie ons woord breek nie; ons moet by ons beloftes hou, wat se uitwerking dit ook al op ons planne mag h. Ons hou by ons woord selfs wanneer dit onaangenaam is.

Dit is nog erger met skinder en lastertaal. Die derde vers van Psalm 15 s:

Hy wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie.

Ons weet dat ons nie moet skinder nie, dat ons nie sleg moet praat van ons buurman of buurvrou nie. Dit is 'n slegte gewoonte en 'n sonde, maar dit het ook iets met ons geloof te doen.

As ek vir my vriend 'n gerug oor 'n derde persoon vertel, kan hy die volgende slotsomme trek: Ek het iets negatiefs gehoor en het dit interessant gevind om vir ander mense te vertel. As ek deur die heilige Gees gelei was, sou ek besef het dat daar 'n menslike nood of tekortkoming agter hierdie negatiewe storie geskuil het. Ek sou iets daaromtrent gedoen het; ek sou vir die oplossing gebid het, of ek sou direk iets gedoen het. As ek gebid en geglo het, sou ek nie meer die probleem bely het nie - ek sou nie meer geskinder het nie. My vriend kan dus sien dat ek f nie gebid het nie, f dat as ek gebid het, ek dit sonder geloof gedoen het.

Wanneer ons skinder of sleg praat oor mense, wys ons 'n toeskouer wat geloof meet dat ons geloofsvlak nogal laag is. En as daar nie so 'n toeskouer teenwoordig is nie, sal God ten minste weet, en onderbewustelik ook onsself. Skinder is 'n teken van 'n tekort aan liefde en 'n tekort aan vergifnis. As ons 'n mens vergewe het, behoort ons nie meer te praat oor wat gebeur het nie.

Ons kan ook nie vir 'n mens bid en skinder oor dieselfde persoon die volgende dag nie. As ons dit sou doen, sou dit wys dat ons ons gebed uitgespreek het sonder geloof.

Ons tree nie in die geloof op wanneer ons skinder nie. Galsirs 5:6 s:

Want in Christus Jesus het ng die besnydenis ng die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.

As mense skinder in ons teenwoordigheid, moet ons dit herken as sulks. As ons dit nie as skinder sou herken nie, staan ons in gevaar daarvan om dit te oorweeg as interessante inligting en dit as sulks weer vir iemand anders te vertel.

Die gevaar wat laster kan veroorsaak word in Spreuke 11:11-13 beskryf:

Deur die sen van die opregtes kom 'n stad op, maar deur die mond van die goddelose word dit afgebreek. Die verstandelose verag sy naaste, maar 'n verstandige man bly stil. Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak.

Baie dinge s ons doodeenvoudig nie, al is hulle die 'waarheid'. As iets waar is, beteken dit nie dat ons dit hoef te s nie.

As iemand inligting aan ons toevertrou, vir ons 'n geheim vertel, moet ons dit 'n geheim hou. Dit kan 'n slegte gewoonte word om met ander mense die dinge wat ons gehoor het terwyl ons iemand raad gegee het, te deel.

So 'n bespreking maak ook ons geloof nietig, want dit bely herhaaldelik die probleem.

In Efsirs 4:25 s Paulus:

Daarom, l die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste.

'n Persoon wat leuens vertel kan nie sterk wees in die geloof nie. Mens glo nie 'n leuenaar nie. Lieg en glo is teenoorgesteldes. 'n Leuenaar kan nie sy eie woord glo nie, en daarom sal hy/sy altyd swak wees in die geloof.

Maar om die waarheid te praat, het ook 'n dieper betekenis. As ons werklik glo, sal ons nie meer die probleem bely nie; dit word vir ons 'n leuen want ons weet dat die oplossing die waarheid is. Wanneer ons regtig Christene geword het, en ons weet wat ons is in Christus en wat ons het in Christus, word alle negatiewe dinge leuens, en ons bely hulle nie meer nie.

In die volgende het ons party sulke leuens gelys:

Ons kinders word altyd siek wanneer ons met vakansie gaan.
Kanker is in ons familie.
Dit sal moontlik in regte griep verander.
Ons dogter is allergies.
Ek het baie probleme met my tande.
Ek dink nie hy sal leef na die ongeluk nie.
Sy kry swaar in die kleuterskool.
Ek kry altyd 'n seer keel as ek so baie praat.
Ons ouma sal ons een van die dae verlaat.
Vir jare het ek rumatiek.

Al hierdie is leuens, want daar staan geskrywe "Deur sy wonde is jy genees," en ook "En die gebed van die geloof sal die kranke red."

Ek kan dit nie bekostig nie.
My geld is altyd op in die middel van die maand.
My besigheid is besig om te misluk.
Ek het nie geld nie.
Ons sal moontlik nooit van ons skuld ontslae raak nie.

Hierdie is alles leuens, want daar staan geskrywe "God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus."

Ek vrees die ergste.
Wat sal van ons seun word?
Ek is bang vir vlieg.
Ek word bang wanneer ek 'n spinnekop sien.
Ek gaan nie in die nag uit nie, ek is te bang.
Net die gedagte maak my bang.
Ek vrees die dag.

Hierdie is alles leuens, want daar staan geskrywe "Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing."

Ons kan hierdie voorbeelde van slegte belydenisse - leuens - vir baie ander gebiede ook laat geld:

Ek ken nie God se wil nie.
Ek het nie tyd om die Bybel te lees nie.
My baas hou nie van my nie.
Ek onthou nie name maklik nie.
Ek het nie die verstand om te studeer nie.
Ons seun vorder nie by die skool nie.
Ek kan nie voor so baie mense praat nie.
Dit is vir my moeilik om in die oggend op te staan.
Ek word altyd moeg of onderbreek terwyl ek die Bybel lees.

Oor die jare het ons in die gewoonte gekom om 'n klomp verkeerde uitdrukkings te gebruik, en ons moet uit hierdie gewoonte kom. Ons moet ons verstand hernu en ons moet alles opgee wat nie met die Woord van God ooreenstem nie, met wat die Woord oor ons s nie, met wat ons in Christus is nie, met wat Christus ons gegee het nie.

Dit is belangrik dat ons in die gewoonte kom om die Woord van God te spreek, maar hierdie deug moet nie waardeloos gemaak word deurdat ons tussenin altyd die verkeerde belydenis uiter nie. Ons moet onsself leer om na ons woorde te luister en om ons geloof te meet. En wanneer ons ons geloof gemeet het, moet ons onsself oordeel. Ongelowige woorde moet geskors word deur die woordeskat van stilte.

Dit kan van groot hulp wees as ons mense om ons vra om altyd al die negatiewe stellings wat ons maak, vir ons uit te wys. As hulle vir ons s "Wat 'n belydenis!" of "Bid jy altyd vir die duiwel?" sal ons moontlik ons gewoontes baie vinnig afleer.

 

Volgende teks: 8. Die Taal van Konings

 

Home     Titels     Gemeng
Home > Titels > Hoe Om Geloof Te Meet > 7. Die Mag van die Tong
6.     7.     8.
^ Begin