Hoe Om Geloof Te Meet

Frank L. Preuss

 

Home     Titels     Gemeng
Home > Titels > Hoe Om Geloof Te Meet > 6. Vrae
5.     6.     7.
End

 

6. Vrae

6.1 Is Dit Reg om God Na te Boots?
6.2 Is Dit Reg om vir Meer Geloof te Bid?
6.3 Kan Gebed-sukses na Trots Lei?
6.4 Moet Ons Altyd Hoorbaar Bid?

 

 

6.1 Is Dit Reg om God Na te Boots?

As ons nooit betrokke was by ons gesag as Christene nie, mag dit aardig lyk dat ons God behoort na te boots. Behoort ons ook dinge wat nie bestaan nie, te roep asof hulle bestaan? Moet ons met dinge praat? Moet ons aan duiwels opdragte gee? Behoort ons 'n siek persoon te vertel om op te staan? Behoort ons met die duiwel te praat?

Aan die begin het ons reeds gesien dat God die mens in sy beeld geskape het (Genesis 1:26-27) en om hierdie stelling te konsolideer wil ons nog Skriflesings lys:

Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God. (Genesis 5:1)

Want God het die mens na sy beeld gemaak. (Genesis 9:6)

Want die wat Hy vantevore geken het, diť het Hy ook van- tevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders. (Romeine 8:29)

Want 'n man moet die hoof nie bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is. (1 KorinthiŽrs 11:7)

En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieŽl die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is. (2 KorinthiŽrs 3:18)

Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is. (Jakobus 3:9)

Ons doel is om meer en meer soos ons Vader in die hemel te word en om vervul te word tot al die volheid van God (EfťsiŽrs 3:19)

En ons moet God naboots. Wat dit betref, wil ons die volgende Verse lees:

Totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot 'n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering; deur die bedrieŽry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus (EfťsiŽrs 4:13-15)

Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders. (EfťsiŽrs 5:1)

En julle het navolgers van ons geword en van die Here. (1 Thessalonicense 1:6)

Hy wat sÍ dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het. (1 Johannes 2:6)

Ons hoofdoel in die lewe is om Jesus meer en meer na te boots en om soos Hy te word en om soos Hy te leef.

 

6.2 Is Dit Reg om vir Meer Geloof te Bid?

Ons wil terugkeer na die storie van die vader met die maansieke seun. In MatthťŁs 17 het ons hierdie ontmoeting met Jesus gesien, en nou wil ons kyk na hierdie verslag soos dit in Markus 9:24 opgeneem is:

En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sÍ: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!

Voor dit het hy Jesus gevra: "Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons." En Jesus het gesÍ: "Wat dit betref - as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo."

Toe die vader hierdie woorde van Jesus gehoor het, het hy besef dat sy geloof nie voldoende was nie. Hy het meer geloof benodig en het dadelik daarvoor gebid; hy het gesÍ: "Kom my ongeloof te hulp!"

Die vader was op 'n geloofsvlak wat ons as 'min geloof' beskryf het. Hy het net geglo wanneer hy iets gesien het wat vir hom werklik geword het in die vleeslike wÍreld. Hy was ongekwalifiseerd om as 'n gebedsmaat op te tree, mens moes vir hom bid. Maar hy het genoeg geloof gehad om te glo dat Jesus in staat daartoe was om sy seun te genees. Dus was sy stelling reg: ek glo, help my om my ongeloof te oorkom. Hy het in Jesus se vaardigheid geglo, maar hy het nie die geloof gehad om vir homself te bid en die sukses van die gebed te bely nie. Ons het dit gesien toe ons MatthťŁs 17 bespreek het.

Hierdie vader het meer van God se wonders in sy lewe benodig. Dit was nodig om meer van God se Woord te hoor en te sien wat volg, tekens en wonders. In Romeine 10:17 sÍ Paulus:

Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Die vader het nodig gehad om Jesus se boodskap te hoor en om daarna die gevolg van die woorde te sien. Jesus het dit geweet en hy het die vader se gebed gehoor: Kom my ongeloof te hulp. Hoe het Jesus hierdie gebed beantwoord? Hy het die bose gees uitgedryf en die seun was verlos. Jesus sÍ:

Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit en kom nooit weer in hom nie. (Markus 9:25)

Die vader het hierdie woorde gehoor - die woord van Christus, die boodskap, die woord van God (Romeine 10:17) en daarna het hy 'n dramatiese verlossing gesien:

En nadat hy geskreeu en hom baie stuiptrekkings laat kry het, het hy uitgegaan. En die seun het soos 'n dooie geword, sodat baie gesÍ het: Hy is dood. Maar Jesus het hom by die hand gegryp en hom opgerig, en hy het opgestaan. (Markus 9:26-27)

Dit moes nogal 'n ondervinding gewees het vir die vader: die geskreeu, die baie stuiptrekkings, die skyndood van sy seun, die slegte belydenis van "hy is dood" van baie en die ontvangs van 'n groot geskenk van Jesus - 'n lewende seun wat genees is. Hierdie ondervinding het die man se geloof geweldig vergroot. En laat ons dink aan al die jare wat volg op hierdie ontmoeting met Jesus, hoe hy God geprys het en hom bedank het vir 'n verloste seun. Wanneer hy ook al sy seun gesien het, het hy 'n wonder voor sy oŽ gesien. Jesus het sy gebed beantwoord op 'n wonderbaarlike wyse.

Dit is dus nie verkeerd om vir meer geloof te bid nie, veral as dit deur 'n persoon gedoen word wat nog nie baie kennis van die Woord dra nie. Die antwoord wat Jesus gegee het, was 'n wonderwerk. Ons kom dus terug na ons waarneming dat wonders ons sterk maak in die geloof:

En baie het in sy Naam geglo, omdat hulle die tekens gesien het wat Hy doen. (Johannes 2:23)

Een ding is nogal interessant in hierdie storie. baie het gesÍ dat die seun dood is toe hy soos 'n lyk gelyk het. Hierdie mense het met hulle woorde uitgedruk waar hulle geloofsvlak was. Hulle het nie die woorde van Jesus geglo nie, hulle het min geloof gehad. En baie van die 'baie' mag Jesus reeds al vir 'n ruk gevolg het. Ons kry die indruk dat baie van Jesus se volgelinge min geloof gehad het. En dit mag geld vir sy volgelinge vandag nog, en dit lei ons om te verstaan dat ons geduldig moet wees met ons broers en susters. Toe mense van Jesus se tyd, wat so baie tekens en wonders gesien het, min geloof gehad het, hoeveel meer kan dit nie wees dat ons 'n soortgelyke situasie het vandag nie, waar Jesus nie onder ons is nie. Paulus sÍ in Romeine 14:1:

En neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie.

Wanneer ons in die geloof gegroei het, kan ons nie van al die mense om ons verwag om op dieselfde geloofsvlak as ons te wees nie. Ons moet selfs vir hulle omgee; ons moet hulle liefhÍ:

En al sou ek al die geloof hÍ, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. (1 KorinthiŽrs 13:2)

En in 2 Thessalonicense 3:2 sÍ Paulus:

Want die geloof is nie die deel val almal nie.

Ons moet dus nooit vergeet dat liefde belangriker as geloof is nie.

Nou wil ons uitkom by ons tweede gebed vir meer geloof. Hier het ons seker die welbekendste groep Christene wat ooit bestaan het, en hulle bid vir meer geloof. As ons dus vir meer geloof bid, is ons in goeie geselskap. Die dissipels, wie vir drie jaar deur Jesus opgelei is, het gebid. Die Bybel noem hulle by hierdie geleentheid reeds apostels. Hulle gebed en Jesus se antwoord is opgeneem in Lukas 17:5-6:

Toe het die apostels aan die Here gesÍ: Gee ons meer geloof. En die Here sÍ: As julle geloof gehad het soos 'n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sÍ: Word ontwortel en in die see geplant - en hy sou julle gehoorsaam wees.

Ons mag dink dat Jesus eintlik nie die dissipels se vraag beantwoord het nie. Die apostels vra Hom om hulle geloof groter te maak en Jesus, in plaas daarvan om dit te doen, praat van 'n mosterdsaad; van 'n moerbeiboom en van die see. Jesus gebruik 'n voorbeeld uit die natuur om 'n geloofsbeginsel te verduidelik. Jesus wys na 'n prinsiep wat die dissipels nog moet leer. Dit is 'n kwessie van studeer, van leer om God se Woord te verstaan. Dit is 'n kwessie van die hernuwing van die verstand, die ordening van jou denke. In Romeine 12:2 sÍ Paulus:

En word nie aan hierdie wÍreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

Wanneer ons God wil naboots, moet ons altyd ons vleeslike denke verminder en meer en meer aan God dink. En dit bereik ons deur die Bybel te lees en te mediteer oor wat ons lees, die prinsiepe daarvan te bestudeer en daaroor te dink. En wanneer ons by 'n kritiese situasie kom, dink ons nie meer soos die wÍreld dink nie, maar soos God dink. En die resultaat sal wees dat ons ook soos God optree. In EfťsiŽrs 4:21-24 sÍ Paulus:

As julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus: dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflÍ wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.

Hier vind ons dit herhaal dat in Jesus die waarheid is, en dat ons geskep is om soos God te wees en dat ons ons verstand moet hernu.

Mense op hierdie geloofsvlak, waar ons die apostels ten hierdie tye vind, moet werk aan hulle geloof; hulle moet die geheime van God uitgrawe; hulle moet soek na die pÍrel van groot waarde; hulle moet die verborge skat ontdek. En baie van hierdie skatte word nie duidelik in die Bybel genoem nie, hulle is weggesteek - hier 'n leidraad, daar 'n aanduiding, iewers anders 'n voorbeeld en elders 'n beginsel. Maar net 'n goeie algemene kennis van die Bybel en 'n fundamentele geloof dat die Bybel al die antwoorde bevat, sal ons openbaringe bring. Dan sal die Heilige Gees ons skatte wys.

Die prinsiep wat Jesus hier bring in die vorm van 'n gelykenis het ons reeds bespreek by MatthťŁs 17. In vers 20 praat Jesus nie van 'n moerbeiboom nie, maar van 'n berg, wat beweeg kan word. Die beginsel is dat dit nie so baie geloof is wat saakmaak nie, maar wat ons sÍ: ons woorde.

Jesus reageer nie op die apostels se woorde deur 'n magtige wonder in die lug te werk nie. Die apostels het baie tekens en wonders gesien tydens die jare met Jesus, en hulle het baie omtrent die Woord van God geleer. En Jesus het hulle geleer dat hulle toe dinge moet begin uitspreek, dat hulle hulle gesag moet begin gebruik, dat hulle die gebed van bemiddeling moet bid en dat hulle self aktief moet word. Dit is nodig omdat dit die volgende geloofsvlak is, maar ook omdat hierdie praat met dinge hulle hulle eie woorde laat hoor. En hierdie ondervinding vermeerder weer hulle geloof, want die praat word gevolg deur resultate. Hulle sal 'n gewoonte daarvan maak om die Woord te praat want dit werk; dit keer nie leeg terug nie, dit bereik wat dit sÍ:

So sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur. (Jesaja 55:11)

En in Jeremia 1:12 sÍ God:

Jy het goed gesien, want Ek is wakker oor my woord om dit te volbring.

Dus het ons twee voorbeelde in die Bybel waar mense bid vir meer geloof. Dit is dus reg om te bid vir meer geloof. Maar ons moet nie die feit dat Jesus hierdie twee gebede beantwoord het, vergeet nie. Ons beskik dus oor die antwoorde op hierdie gebede en hoef nie werklik te bid nie: ons moet die antwoord bestudeer. Vir ons wat weet wat die antwoord beteken, is gebed onnodig, maar vir ons wat nie weet nie, moet ons hierdie keuse vry laat.

En ons kan bid dat ander mense se geloof meer word. Die eerste stap is om hulle geloof te meet en te sien op wat se geloofsvlak hulle is. Wanneer ons hulle geloofsvlak vasgestel het, kan ons hulle na die volgende vlak toe opbid. As 'n persoon ongelowig is, kan ons hom/haar in die koninkryk van God in bid. As 'n persoon min geloof het, bid ons dat God wonders en tekens voor hulle oŽ uitrig. As iemand op die vlak van twyfel is, bid ons dat die persoon die situasie herken en iets daaromtrent doen, dan word hy/sy opgeneem in die Woord van God en leer daaruit. As 'n persoon geloof het, dank ons God daarvoor en bid dat dit sal groei, dat hierdie persoon dapper sal word en vir homself/haarself sal begin bid en die woord bely.

In Romeine 10:17 formuleer Paulus die beginsel van meer geloof inwin:

Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Wanneer ons hierdie Vers lees, dink ons aan die verkondiging van die Boodskap en hoe mense na Jesus toe gekom het deur na hierdie boodskap te luister. Hierdie beginsel kan oor die algemeen toegepas word. Dit geld nie net vir wanneer mense na die Christelike geloof toe kom nie, dit geld ook wanneer mense na geloof in God toe kom vir genesing en voorspoedigheid.

Hierdie Vers geld wanneer 'n Christen praat en 'n luisteraar dit hoor en die resultaat ook waarneem. As gevolg hiervan, sal geloof kom na hierdie luisteraar. Hierdie Vers geld wanneer ek met gesag God se woord uitspreek, dan hoor ek dit ook - my eie woorde - en daarna ondervind ek die manifestasie en my geloof groei. Die oorsaak van geloof is altyd die hoor van woorde. Selfs wanneer iemand bid vir meer geloof vir iemand anders, sal meer geloof kom omdat woorde uitgespreek en gehoor word.

 

6.3. Kan Gebed-sukses na Trots Lei?

Ons kan hierdie vraag met 'n ja antwoord, en ons wil kyk na so 'n geval. HiskŪa was 'n afstammeling van Dawid en 'n voorsaad van Jesus; hy was ook 'n opvolger van Dawid op die troon van die koninkryk van Juda. In 2 Konings 18:3-7 praat die Bybel baie positief van hom.

En hy het gedoen wat reg was in die oŽ van die HERE net soos sy vader Dawid gedoen het. Hy het die hoogtes afgeskaf en die klippilare verbreek...

Hy het op die HERE, die God van Israel, vertrou, sodat onder al die konings van Juda nŠ hom en die wat voor hom gewees het, niemand soos hy was nie, Ja, hy het die HERE aangehang sonder om van Hom af te wyk en sy gebooie onderhou wat die HERE Moses beveel het. En die HERE was met hom; waar hy ook heen uittrek, was hy voorspoedig.

HiskŪa was 'n uitsonderlike man - die Bybel vergelyk hom met Dawid. Hy was 'n hervormer. Ons word vertel hoedat hy meer suksesvol geword het in gebed. Die AssiriŽrs het hom bedreig, Jerusalem en Juda. Hulle het Jerusalem beleŽr en 'n propaganda-veldtog begin - met ander woorde, die duiwel het HiskŪa se denke gebombardeer. Maar HiskŪa het die regte ding gedoen, hy het na God toe gedraai, hy het die profeet Jesaja se raad gevra. God het geantwoord, Hy het die AssiriŽrs 'n gerug laat hoor en hulle het teruggetrek. Daarna het die senu-oorlog egter weer begin; die AssiriŽrs het 'n dreigbrief gestuur. HiskŪa het weer die regte ding gedoen, hy het dit voor die Here neergelÍ. Die antwoord kom van die profeet Jesaja: God sal die stad red. En God het die stad gered, die engel van die Here het uitgegaan en 185 000 mense gedood in die Assiriese kamp (2 Konings 19:35, 2 Kronieke 32:21 en Jesaja 37:36).

In 2 Konings 20:1, onmiddelik na die reuse gebedsukses, vind ons die volgende verslag:

In diť dae het HiskŪa dodelik siek geword.

HiskŪa het siek geword, maar niks meer word in 2 Konings gesÍ oor die agtergrond van hierdie verandering in die lewe van HiskŪa nie.

In 2 Kronieke, hoofstukke 29 tot 32, hoor ons meer oor koning HiskŪa. 'n Groot herlewing vind plaas nadat hy aan bewind gekom het. Hy slaag die toets as 'n suksesvolle gebedskrygsman. In alles wat hy onderneem het, het hy sy God gesoek en het met sy volle hart gewerk en hy was voorspoedig (2 Kronieke 31:21). Hier, in 2 Kronieke 32:20, word ons vertel dat die koning HiskŪa en die profeet Jesaja in gebed hemel toe uitgeroep het oor die beleŽring van Jerusalem. Hulle was suksesvol, die Here het Jerusalem verlos deur sy engel en die land was weer vreedsaam. Dan sÍ dit in 2 Kronieke 32:23:

En baie het geskenke aan die HERE na Jerusalem gebring en kosbare geskenke aan JehiskŪa, die koning van Juda, sodat hy daarna in die oŽ van al die nasies hoog gestaan het.

HiskŪa het 'n hoogs-gerespekteerde, internasionaal-bekende staatshoof geword en almal het geweet dat sy sukses gebaseer was op sy gebedslewe. In 2 Kronieke 32:24-26 leer ons wat gelei het na HiskŪa se trots toe:

In diť dae het JehiskŪa dodelik siek geword, maar hy het tot die HERE gebid, en Hy het met hom gespreek en hom 'n wonderteken gegee. Maar JehiskŪa het die weldaad wat aan hom bewys is, nie vergeld nie; want sy hart het hoogmoedig geword. Daarom was daar 'n toorn oor hom en oor Juda en Jerusalem. Maar JehiskŪa het hom verootmoedig in die hoogmoedigheid van sy hart, hy en die inwoners van Jerusalem, sodat die toorn van die HERE nie oor hulle gekom het in die dae van JehiskŪa nie.

Nadat HiskŪa siek geword het, het Jesaja na hom toe gekom en hom vertel dat hy sal moet sterf. HiskŪa het egter gebid en was suksesvol, Jesaja het teruggekom en hom vertel dat God hom sal genees en vyftien jare aan sy lewe sal toevoeg. HiskŪa het Jesaja vir 'n teken gevra dat God hom sal genees en God het vir hom so 'n teken gegee: die skaduwee gaan tien trappe terug. Hierdie is die wonderbaarlike teken wat in 2 Kronieke 32:24 genoem word, dit is seker die grootste fisiese wonder wat in die Bybel beskryf word. Die sonwyser wat tien stappies teruggaan, is teweegebring deurdat God die aarde se omwentelling tot stilstand gebring het en dit terug laat draai het. In Josua 10:12 is dit opgeneem dat Josua die son en die maan beveel het om stil te staan en hulle het, die wentelling van die aarde om sy eie as het tot stilstand gekom, maar ten tye van HiskŪa het God dit selfs teruggedraai. Wat 'n teken!

En die Bybel sÍ dat HiskŪa trots geword het. Hy het die Babelse mense sy skatte en sy mag gewys (2 Konings 20:12-21 en Jesaja 39:1-8); sy verrigtinge deur die gebed het hom trots gemaak en hy het sy rykdomme voor die ongelowiges versprei. Die Babelse mense het astronomie en astrologie bestudeer, en vir hulle was die agteruitgaan van die sonwyser se skaduwee 'n hoogs interessante gebeurtenis, net soos dit vandag sou gewees het. En later het hulle die nuus ontvang dat dit deur HiskŪa veroorsaak is, die koning van Juda, en deur sy genesing. Hulle wou natuurlik meer hoor omtrent die omstandighede, en in 2 Kronieke 32:30-31 hoor ons van hulle besoek:

En JehiskŪa was voorspoedig in al sy werk. So ook in die geval van die gesante van die vorste van Babel - wat na hom gestuur het om ondersoek te doen na die wonderteken wat in die land gebeur het - het God hom net verlaat om hom op die proef te stel, om te weet alles wat in sy hart was.

Die ersultaat van hierdie toets was dat trots in HiskŪa gevind is en dat God se woede daarop gevolg het. Maar selfs in hierdie situasie het HiskŪa die regte ding gedoen; soos hy van God se woede hoor, het hy homself nederig gemaak. Hy het 'n ernstige fout begaan, maar hy het nie van God af weggehardloop nie, hy het na hom toe gehardloop.

Maar ons moet nie vergeet dat God se toorn gekom het nie, al het dit later gekom - dit was 'n verskriklike ding, en word beskryf in 2 Konings 20:16-18. Wanneer ons oorwinnende, lewende Christene word, moet ons oppas vir trots, ons sukses deur gebed behoort ons nie trots te maak nie. Hoe meer God vir ons gee, hoe meer verwag Hy van ons.

Wanneer ons die vrugte pluk van ons deelgenootskap met God, kan ons nie trots word nie; ons moet onsself altyd herinner dat ons dit net kan doen omdat ons by Hom vertoef en ons moet altyd in liefde gaan. 1 KorinthiŽrs 13:13 sÍ:

En nou bly geloof, hoop, liefde - hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

Trots en geloof is nie verenigbaar met mekaar nie. Ons kan nie trots wees op ons suksesse en terselfdertyd sÍ dat ons God liefhet en dat dit God is wat alles doen nie.

In 2 Samuel 24 en 1 Kronieke 21 vind ons 'n soortgelyke verhaal. Koning Dawid tel die weerbare manne; hy is trots oor sy sukses en wil weet hoe groot sy invloed is, oor hoe baie mense hy heers. Die regstellende woord kom van sy opperbevelhebber, Joab, maar die koning se woord oorstem Joab s'n. Dawid laat hulle 'n volkstelling van Israel onderneem. In 1 Kronieke 21:7 sien ons wat God hiervan dink:

En hierdie saak was verkeerd in die oŽ van God; daarom het Hy Israel swaar getref.

Die Here het 'n plaag gestuur, en 70 000 mense van Israel het dood neergeval. Hierdie plaag was gestop by die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet.

Ons moet waak teen trots as ons suksesvol word in ons gebedslewe, en ons moet versigtig wees om nie te reageer teen mense wie se geloof ons gemeet het met die verkeerde houding wanneer ons hulle die resultaat van die meting vertel nie - wat hulle gebrek aan kennis aanwys en oordra dat hulle eenvoudig nie weet hoe om te bid nie. Wanneer ons uit trots optree; wanneer ons arrogant praat of sondig oor die algemeen, is ons op pad om ons geloof skipbreuk te laat ly. Wanneer ons veg en glo het ons 'n goeie gewete nodig. In 1 TimůtheŁs 1:18-19 sÍ Paulus:

Sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry en aan die geloof en 'n goeie gewete vashou. Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely.

Ook in HebreŽrs 10:22 word ons vertel dat ons harte skoon moet wees wanneer ons geloof toepas:

Laat ons toetree met 'n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van 'n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.

Die glo doen ons met ons harte, en die hart kan nie glo as dit nie skoongewas is nie.

 

6.4 Moet Ons Altyd Hoorbaar Bid?

Wanneer ons God se woord bely, is dit belangrik dat ons dit met ons monde uitspreek en ons het reeds 'n hele paar Skriflesings genoem wat hierdie saak aanraak. Wanneer ons praat en ons gesag gebruik, veral wanneer ons met dinge of die duiwel praat, is dit nodig dat die woorde wat by ons monde uitkom, hoorbaar is. Partykeer is dit goed as ons dit met 'n luide stem doen; as ons dit uitskreeu. Veral wanneer ander mense om ons is, wanneer ons in 'n byeenkoms is en ons bid in die openbaar, moet hulle ons hoor, want geloof kom van hoor.

Ook as ons op ons eie is, in ons huis, en ons wil byvoorbeeld 'n aanval van die duiwel op ons denke afweer, behoort ons dit hoorbaar te doen. As die duiwel ons in vrees wil inpraat, beveg ons hom met:

Ek onderwerp myself dan aan God; ek weerstaan jou duiwel. (Jakobus 4:7).

Daar is geskrywe: (Lukas 4:4-10):

Want God het my nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van liefde en selfbeheersing. (2 Tim. 1:7).

Ons moet in die gewoonte kom om hoorbaar te bid, wanneer dit ook al moontlik is. Maar partykeer is dit ongeskik om ander mense ons gebed te laat hoor, dan praat ons onhoorbaar of ons vermy dit heeltemal om ons lippe te beweeg. Wat saakmaak is wat in ons harte is.

Hanna, die moeder van Samuel, is 'n voorbeeld. In 1 Samuel 1:9-17, vind ons besonderhede van Hanna se gebed.

Een keer nadat hulle klaar geŽet en gedrink het in Silo, het Hanna opgestaan. Nou Eli, die priester, het op 'n stoel gesit by die deurpos van die tempel van die Here. Bitter bedroef het Hanna geween en 'n gebed aan die Here gerig. En sy het 'n gelofte gedoen, en gesÍ: "Here van die leŽrskare, as U..."

En toe sy lank gebid het voor die aangesig van die Here en Eli op haar mond ag gee - want Hanna het in haar hart gespreek: net haar lippe het geroer, maar haar stem kon nie gehoor word nie - het Eli gedink dat sy dronk was. En Eli sÍ vir haar: Hoe lank wil jy jou soos 'n dronk mens gedra? Sit jou wyn van jou af weg. Maar Hanna antwoord en sÍ: Nee, my heer, ek is 'n vrou beswaard in my gemoed: wyn of sterk drank het ek nie gedrink nie, maar ek het my siel voor die aangesig van die Here uitgestort. Hou tog nie u dienares vir 'n deugniet nie, want vanweŽ my baie sorge en verdriet het ek tot nou toe gespreek. En Eli antwoord en sÍ: Gaan in vrede, en mag die God van Israel jou bede gee wat jy van Hom gebid het.

En God het haar gebed gehoor; sy het 'n seun, Samuel, gehad. Maar die belangrike ding in haar gebed was nie die hoorbare woorde nie, dit was wat in haar hart was. Hanna het gesÍ: Ek het my siel voor die aangesig van die Here uitgestort.

Partykeer is daar 'n fisiese hinderpaal wat verhoed dat ons praat, soos siekte of stomheid. God kan in ons harte insien, en dit is goed genoeg.

Wanneer ons biddende Christene word, mag ons dieselfde ondervinding hÍ as wat Hanna met Eli gehad het. Eli het gedink dat Hanna te veel gehad het om te drink. Wanneer ons op straat loop of in 'n motorkar sit en ons lippe beweeg, mag mense ook dink dat daar iets met ons verkeerd is. En dit mag selfs in 'n byeenkoms gebeur dat 'n broer, soos Eli, 'n biddende persoon misverstaan.

 

Volgende teks: 7. Die Mag van die Tong

 

Home     Titels     Gemeng
Home > Titels > Hoe Om Geloof Te Meet > 6. Vrae
5.     6.     7.
^ Begin