Hoe Om Geloof Te Meet

Frank L. Preuss

 

Home     Titels     Gemeng
Home > Titels > Hoe Om Geloof Te Meet > 5. Vlakke van Geloof
4.     5.     6.
End

 

5. Vlakke van Geloof

5.1 Ongeloof
5.2 Min Geloof
5.3 Twyfel
5.4 Geloof
5.5 Groot Geloof
5.6 Oorwinnende Geloof

Graph

Tabel 2: Geloofsvlakke

 

Wanneer ons geloof begin meet - ons eie en ander mense s'n - en ons oorweeg Tabel 1: Jesus Meet Geloof, dan trek ons die gevolgtrekking dat die geloof van verskillende mense verskil en dat dit anders is in elke individu. Gewoonlik sal Christene in geloof groei, veral wanneer hulle geloof bestudeer en daarin opleiding ontvang. Maar daar mag gevalle wees waar Christene sterk in die geloof is nadat hulle wedergebore is, en dan verflou hulle geloof agterna. As 'n leeraar die bonatuurlike die heeltyd verwerp mag sy of haar student spoedig ongelowig word.

Wanneer ons ons geloof of die geloof van 'n ander persoon meet, moet ons dalk een of ander aksie neem om die persoon te help om na 'n hor geloofsvlak toe te gaan. 'n Persoon mag geen probleme daarmee h om te glo dat al sy/haar materile benodigdhede ontmoet is nie, en daarom finansieel gesen wees, maar hy/sy mag probleme daarmee h om in goddelike gesondheid te glo en daarom fisiese kwale h.

 

5.1. Ongeloof

Ongeloof is seker die belangrikste geloofsvlak. Mense op hierdie vlak glo nie wat hulle eie sintuie waarneem nie. Dit blyk moeilik te wees om te glo dat daar mense is wat nie glo en vertrou wat hulle met hulle eie o en ore waarneem nie. Maar ons weet van die Bybel dat hulle bestaan. Hulle word in Markus 6:1-6 beskryf; hulle is die mense van Jesus se tuistedorp. Hulle praat selfs van Jesus se wonderwerke, maar omdat hulle Jesus se agtergrond geken het het Hy hulle beledig en het hulle Hom verwerp. Jesus was verstom oor hulle ongeloof.

Dikwels gebeur dit ook met ons Christene; ons is verstom oor party mense se min geloof. Mense naby aan ons: ons familie, ons vriende, ons kollegas, verwerp Jesus wanneer ons Hom aan hulle bekendstel. As 'n evangelis van die ander kant van die wreld kom is hulle meer oop om Jesus te ontvang. Maar hulle weier om na die woorde van die mens wat hulle so goed ken, te luister. Hulle vermoed dat ons 'n weet-alles is, omdat ons hulle iets probeer leer; hulle dink dat ons hulle wil wys dat ons beter is as hulle en dan reageer hulle op 'n negatiewe manier.

In Markus 6:2-3 word hierdie mense aangehaal:

Waar kry Hy hierdie dinge vandaan, en watter wysheid is aan Hom gegee, dat ook sulke kragte deur sy hande plaas- vind? Is Hy nie die timmerman, die seun van Maria, en die broer van Jakobus en Joses en Judas en Simon nie? En is sy susters nie hier by ons nie?

Alles wat ons van Jesus ontvang - selfs tekens en wonderwerke en bonatuurlike genesings - praat hulle oor, maar hulle verwerp dit en glo nie.

Ons kan dit nie verstaan nie. Dit is vir ons so duidelik dat ons daarna neig om onverdraagsaam te wees en die situasie te vererger. In Johannes 12:37 vind ons 'n goeie beskrywing van hierdie mense:

En alhoewel Hy so baie tekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom geglo nie.

Hierdie vlak van geloof is so belangrik omdat die ongelowiges daar gevind word. Ons moet hulle ewige lot beinvloed. As 'n algemene reel kan ons s dat dit beter is om nie met hulle te praat nie. Ons behoort 'n lewe te lei wat Christus wys, maar om oor Jesus te praat behoort die uitsondering te wees. Partykeer is die lede van ons familie die moeilikste om te hanteer wanneer dit by Jesus en die bonatuurlike kom.

Hier moet ons die geestelike geveg opneem en vir drie dinge bid. Daar is iemand wat met ons familie en vriende kan praat wanneer ons dit nie kan doen nie. Eerstens moet ons dus vervolgens Matths 9:38 bid dat die God van die oes werkers uitstuur om sy veld te oes. Die Here het baie moontlike koerse van aksie. Hy kan iemand stuur wat met hulle praat, Hy kan 'n boek of 'n traktaat gebruik, of dit kan 'n radiouitsending of die televisie wees. Ook in Lukas 10:2 vind ons hierdie opdrag om te bid vir werkers in die oesland. Wanneer ons hierdie gebed bid, moet ons onsself natuurlik nie uitsluit as hierdie werker indien die geleentheid opkom nie.

Die rede waarom hierdie mense nie glo wat hulle met hulle eie o sien nie, is omdat die duiwel hulle verstand verblind het. Tweedens moet ons dus vervolgens 2 Korinthirs 4:4 bid en vir die God van hierdie wreld vra dat hy die sinne van die ongelowiges nie meer verblind nie, sodat hulle die lig van die Evangelie van die Glorie van Christus, wat die beeld van God is, kan sien.

Derdens moet ons die hart van die ongelowige voorberei. Volgens Handelinge 16:14 bid ons dat hulle sal luister na die werker wat God na hulle toe stuur en dat die Here hulle harte sal open en dat hulle sal optree volgens die werker se boodskap.

Hierdie gebed bid ons net een maal. As ons dit twee keer sou bid, sou ons wys dat ons dit nie werklik die eerste keer geglo het nie. Wanneer ons ook al daarna dink aan hierdie mens, bid ons nie weer vir hom/haar nie, maar bely God se woord oor hom/haar en bevestig sodoende ons geloof dat hierdie persoon vrede met God gemaak het.

In hierdie kategorie kan ons dalk ook mense vind wat Christene is maar nie in tekens en wonderwerke glo nie. Hulle glo nie dat God vandag genees nie; hulle verwerp die bonatuurlike. Sulke mense kan beswaarlik aan gebed glo, want gebed is praat met God, wat 'n bonatuurlike wese is. Om in God te glo, maar nie in 'n bonatuurlike wese nie, is 'n weerspreking. Om vir God te bid maar om nie in bonatuurlike wesens te glo nie is self-weersprekend. Sulke mense beoefen godsdiens, maar nie geloof in 'n lewende God nie.

Ook vir hierdie Christene op die laagste vlak van geloof moet ons bid en die invloed wat die duiwel op hulle wille uitwerk, verbreek. Ons moet die gesag oor die god van hierdie wreld gebruik en hom bind. In Romeine 10:9 s dit dat as jy in jou hart glo dat God Jesus van die dode laat opstaan het, sal jy gered wees. 'n Christen behoort dus in die wederopstanding van Jesus te glo en daarom in die bonatuurlike en moet vervolgens nie gevind word op hierdie laagste geloofsvlak nie. Maar omdat dit moeilik is om te weet of iemand werklik 'n Christen is, is dit altyd goed om sy/haar redding te bely, om God se woord oor hom/haar te spreek en die duiwel in sy/haar lewe te bind.

 

5.2. Min Geloof

In ons tegniese, wetenskaplike tye het baie mense probleme daarmee om in die bonatuurlike te glo. Reeds tweeduisend jaar gelede was Thomas ongelowig; hy wou sien en voel; ons vind dit beskryf in Johannes 20:24-29. Sy grootste probleem was seker sy mond, want hy het ges: "Ek sal dit nie glo nie." Die sleutel tot geloof is beheer van die tong. Hoe het Jesus hom gehelp om meer geloof in te win? Hy het Thomas sy opgestaande lyf laat sien en dit laat aanraak. En dit is die eenvoudige oplossing vir mense op hierdie geloofsvlak. Om hulle na Christelike byeenkomste te neem waar die Woord van God verkondig word en waar God sy woorde bevestig deur tekens en wonderwerke. Dit is 'n ideale oplossing.

Wanneer 'n Christen of 'n nie-Christen wat nie in die bonatuurlike glo nie of probleme daarmee het, leringe hoor van Jesus as geneser en sien hoedat mense genees word deur die aanl van hande, sal hy/sy groei in die geloof. Christelike boeke wat getuig van wonderwerke, uitsonderlike genesings, tekens en dade van die Heilige Gees word om hierdie rede hoog aanbeveel vir alle Christene en nie-Christene. Dit is altyd opbouend om van wonderwerke te getuig, om oor hulle te praat en om hulle self te sien.

Dit is 'n ondervinding dat God se woord werk, dat dit die rede waarom Hy dit gestuur het, bereik.

Geloof kom wanneer, in 'n sekere situasie, die regte woord gepraat word en die resultaat word ondervind. As 'n ongelowige byvoorbeeld 'n lam persoon sien wat aan hom/haar bekend is by 'n byeenkoms, en dan sien hoe hy/sy genees word en later steeds genees is, sal sy/haar ongeloof beslis afneem en sy/haar geloof sal groei. Wanneer die bonatuurlike natuurlik word, en die woord van God ditself manifesteer, wanneer ons kan sien en aanraak, dan groei die geloof van hierdie mense op die tweede geloofsvlak.

Wanneer ons terugkyk na die dinge wat in die Ou Testament gebeur het, dan kan ons sien hoe God die kinders van Israel uit ongeloof uit wakkergemaak het deur wonderwerke. Die slawerny in Egipte was beindig deur 'n reeks ongelooflike wonderwerke. Die klimaks was die deling van die Rooi See, en dit het die Israeliete nie net na hulle geloof in die Almagtige toe teruggelei nie, maar dit is vandag nog vir Jode en Christene 'n teken van die krag van God om mense uit elke situasie te red en te verlos.

'n Tweede voorbeeld is die wonderwerke wat deur die profete Elia en Elisja uitgevoer is. God het hierdie mense gestuur om 'n afvallige en ongelowige nasie terug te wen, en God het sy doel bereik: baie het gedraai en Hom gedien. Vandag soek baie ongelowiges na iets wat hulle nie kan plaas nie, vir iets wat hulle nie weet hoe om te beskryf nie. Baie lyk of hulle bevrediging vind met die godsdienste van die Ooste, in die okkulte, die bonatuurlike werk van die duiwel. In werklikheid soek die gees van die mens hervereniging met daardie God wat hom geskep het.

Dit is daarom so belangrik om die bonatuurlike in ons byeenkomste te h, want dit is die bonatuurlike wat 'n gelowige uit 'n ongelowige maak en hom of haar na God toe terugbring. Israel het Jesus nodig gehad, hulle was slawe, hulle het 'n mag gehad wat hulle land beset het en vir baie het hulle geloof 'n geloof met tradisies geword. Jesus het 'n groot aantal wonderwerke uitgevoer, en op daardie manier het Hy 'n herlewing in Israel teweegebring, en Hy bly onveranderd, waar Hy ook al vandag is, bevestig Hy sy woord met tekens wat daarop volg.

Om die wonderwerke te sien en te onthou is belangrik. In Psalm 105:5 word ons gemaan om dit te doen:

Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond.

Dit is waarom dit so belangrik is om die Bybel te lees, om oor God se wonders te dink, hoe Hy die wreld geskep het, hoe sy profete hierdie uitsonderlike wonderwerke gedoen het en hoe Jesus in amper ononderbreekte suksessie wonders gewerk het en hoe sy volgelinge, die Christene en die apostels van die boek Spreuke, aangegaan het met hierdie werk.

'n Wonderwerk wat deur die Bybel voorspel is en wat in ons eeu werklikheid geword het, is die terugkeer van die Jode na hulle oorspronklike tuiste toe. In die jaar 70 n.C was Jerusalem vernietig en die Jode verban, en in ons eeu, meer as 1800 jare later, het God 'n werklikheid gemaak van wat Hy in die Ou Testament voorspel het. In Jesaja 11:12 word dit ges:

En Hy sal 'n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.

Hierdie skriflesing s dat die restorasie van Israel 'n teken en wonder van God is, 'n teken vir die nasies en vir ons. Elke keer wat ons nuus hoor oor Israel en die Midde-Ooste, moet ons herinner word aan die krag van God, en onthou dat die hergeboorte van Israel 'n teken is vir die nasies dat God op sy troon is. In die jaar 1948 het Israel weer 'n onafhanklike nasie geword, en in 1967 het Jerusalem weer daarvan deelgeword. Dit was in baie plekke in die Bybel voorspel, en ons kan daarvan lees in die boeke van die profete soos Jesaja (hoofstukke 11 en 43), Jeremia (hoofstukke 16, 30, 31 en 33), Esgil (hoofstuk 36) en Amos (hoofstuk 9). Die trefkrag van hierdie voorspellings is enorm. Hulle getuig van 'n God wat wonders werk. Ons Christene behoort die ongelowiges se aandag te trek na hierdie wonder van die restorasie van Israel toe, die voorspelling wat in ons eeu waargeword het, 'n wonder wat sonder probleme nageslaan kan word.

Johannes 2:23 s:

En toe Hy in Jerusalem was op die pasga gedurende die fees, het baie in sy Naam geglo, omdat hulle die tekens gesien het wat Hy doen.

Hierdie sin bevestig dat tekens en wonders daar is om geloof mee te bring.

Die grootste wonder wat ooit gebeur het was toe God Jesus uit die dode laat opstaan het. Geloof in hierdie wonderwerk is dus in Romeine 10:9-19 as een van die twee voorvereistes om gered te word. Die tweede vereiste is dat Jesus Here genoem moet word. Die belydenis uit ons mond: "Jesus is Here" en die geloof in ons harte dat God Jesus uit die dode laat opstaan het, is dus die belangrikste ding in die lewe van 'n persoon, want dit bring die ewige lewe en maak ons 'n Christen, want wanneer ons met ons mond Jesus as Here bely en glo in sy wederopstanding, word ons wedergebore. Dit is op hierdie oomblik wat ons 'n nuwe gedaante word, regverdigheid verkry, uit die ryk van duisternis geneem word na die koningkryk van die Seun, broeders en susters van Jesus word, die duiwel verwerp en ons ou lewens agterlaat.

Ons wil drie meer voorbeelde van ons tweede geloofsvlak noem:

Jesus antwoord en s vir hom [Natnil] : Glo jy omdat Ek vir jou ges het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit. (Johannes 1:51)

En toe Hy opgestaan het uit die dode, het sy dissipels onthou dat Hy dit vir hulle ges het; en hulle het die Skrif geglo en die woord wat Jesus gespreek het. (Johannes 2:22)

Jesus s toe vir hom: As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo nie. (Johannes 4:48)

Al drie voorbeelde wys dat wonderwerke na geloof toe lei. Mense met gewoonlike, natuurlike, menslike geloof glo in aardse, fisiese dinge. Hulle glo nie in die hemelse, geestelike dinge, in die bonatuurlike, nie. Hulle glo nie wat die Woord van God s nie, maar wat hulle met hulle sintuie kan waarneem. Wat hulle kan aanraak en wat hulle kan sien, wat hulle kan verifieer, is wat hulle glo. Die belangrikste rede vir Jesus se wondertekens is om mense op hierdie geloofsvlak te help om in die bonatuurlike te glo, om gelowiges te word.

 

5.3. Twyfel

Ongelukkig bly heelwat Christene op hierdie vlak agter. Die probleem is eenvoudig dat hulle nie leer, en niemand leer hulle, hoe om te glo nie. Hulle swaai van geloof na ongeloof toe en hulle is nie bewus dat hulle dit doen nie of hulle weet nie hoe om op te hou nie. Mense op hierdie geloofsvlak glo wat die Woord van God s, maar hulle gly altyd terug, want hulle word beindruk deur wat hulle sintuie waarneem. Hulle glo eintlik nie werklik nie, want as hulle geglo het, sou hulle anders gereageer het. Hulle gebruik eerder die Woord as een van baie oplossings vir hulle probleem. Twyfel is die uitdrukking van 'n aarseling wat swaai tussen geloof en ongeloof en na ongeloof toe neig. Hulle is twyfelagtig, hulle kan nie besluit nie en swaai in al hulle we. Hulle kan nooit 'n besluit neem nie, en kan glad nie 'n reguit koers stuur nie. Hulle het twee verstande, en is onstabiel in al hulle optredes, asook nie in staat daartoe om besluite te neem nie, dus altyd tussen twee besluite, swaaiend tussen verskillende we.

Ons kan nie twee meesters dien nie. As ons suksesvol wil wees, moet ons een verstand h. Die woord verstand is die sleutel. Ons moet dit in ons verstand uitsorteer, ons moet die geveg vir die verstand veg. Al hierdie beskrywings van 'n twyfelaar vind ons in Jakobus 1:8:

[Die twyfelaar is] 'n dubbelhartige man, onbestendig in al sy we.

'n Goeie voorbeeld van 'n twyfelaar is iemand wat hom bekommer en s dat hy God vertrou, maar dan bekommerd is oor kos en drank en klere, of 'n persoon wat bang is, of iemand wat wonderwerke gesien het, maar van hulle vergeet het en daarom vergeet het dat God weer in 'n nuwe situasie kan optree.

In die volgende wil ons 'n saak neem - 'n probleem - en daarna kyk van verskillende kante af. Hierdie saak sal as illustrasie dien van hoe twyfel in die alledaagse lewe kan voorkom.

Die probleem is rugpyn. Die oplossing is die genesing daarvan. Ons het 'n persoon wat ly aan rugpyn en hierdie persoon wil van die pyn ontslae raak. Voor hierdie persoon vir God vra om verlossing van die pyn, mog hy die Woord van God gebestudeer het, en weet hy dat God die vermo en wil het om te genees. 'n Studie van God se karakter is natuurlik baie hulpvol, maar nie heeltemal noodsaaklik nie. Eenvoudige vertroue in die almagtige God is heeltemal genoeg.

Vir wat se rede ook al, besluit hierdie mens om God te vra om genesing. Ons wil hierdie persoon 'n naam gee - s maar Herman. Herman het 'n probleem, hy is siek. Reg van die uitset wil ons 'n verskil uitwys tussen die probleem en die oplossing. Die probleem is die siekte, die pyn, in ons geval, die rugpyn. Die oplossing is gesondheid, 'n toestand van geen pyn nie, geen rugpyn nie. Die oplossing is iets positiefs, dit is die kondisie wat ons probeer bereik, wat vir ons goed is.

Nou, Herman het 'n probleem en hy wil daarvan ontslae raak. Gedurende die volgende byeenkoms, bied sy Christen-broer, Bart, aan om vir Herman te bid. Hy besluit om hierdie aanbod te aanvaar, en hy laat Bart vir hom bid. Herman sien dit as 'n poging om van sy pyn ontslae te raak. Sy geloof is dus klein en die saak sal in ieder geval op Bart se geloof staatmaak. Twee weke later ontmoet Bart vir Herman in die straat en vra hom hoe hy voel. Herman antwoord: "Soos jy weet het ek hierdie rugpyn en dit veroorsaak baie moeite vir my." Bart loop diep in denke weg, en word beindruk deur wat hy nou net gehoor het: 'n slegte verslag. Hy vergeet die woord van God. God s in 1 Petrus 2:24: "deur My wonde is Herman genees" en dit is 'n goeie verslag, maar ongelukkig, om een of ander rede, word dit nie aanvaar nie en die slegte verslag kry die opperhand. Bart se denke gaan in 'n negatiewe rigting voort. Hy dink oor sy skynbare mislukking en sy ongeloof word uiteindelik in woorde uitgedruk. In sy poging tot helderheid vra hy vir God: "Hoekom kon ek Herman nie genees nie?"

Hy doen net wat die dissipels in Matths 17:19 gedoen het: "Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?" en Jesus het geantwoord: "Deur julle ongeloof."

Bart het die ongelowige gedagte van die duiwel aanvaar. Hy het dit aangeneem en op die ou einde het hy dit uitgespreek, hy het daarmee sy ongeloof uitgedruk. Met hierdie vraag aan God: "Hoekom kon ek Herman nie genees nie?" het Bart besluit dat Herman moet siek bly. Hy sou anders gereageer het as hy meer ondervinding met die duiwel se bedrog gehad het. Hy sou tot siens ges het vir Herman en terwyl hy verder gestap het, sou hy voorgeneem het om die duiwel te bestry, om die slegte verslag te vergeet en die goeie verslag te glo - om God se Woord te glo. Sy woorde mog die volgende gewees het: "Ek is onderworpe aan God; ek weerstaan die duiwel, en hy vlug van my weg. (Jakobus 4:7) Ek word nie beinvloed en beindruk deur wat my ore Herman hoor s het nie. Ek glo God, want God se Woord s dat Herman deur Jesus se wonde genees is. Hemelse Vader, in Jesus se naam wil ek U bedank dat Herman genees is." Met hierdie gebed sou hy die duiwel se probeerslag om sy sukses te fnuik utoorl het en hy sou Herman se genesing veroorsaak het.

Laat ons hierdie storie van die begin af weer verander. Laat ons aanneem dat Herman oortuig is daarvan dat God siek mense kan genees en hy wag al reeds vir Bart se aanbod. Herman laat Bart vir hom bid, en hy stem met hierdie gebed saam. Herman neem aan hierdie gebed deel: sy eie geloof is betrek. Twee weke later ontmoet Herman vir Bart, en Herman het steeds pyn. Die rugpyn oorwin die Woord van God, wat Herman ken. Sy antwoord op Bart se vraag is dat hy steeds rugpyn het. Die duiwel was suksesvol want hy het gemaak dat Herman dink aan wat sy sintuie waarneem - sy pyn. En sy belydenis was daarvolgens; hy het die probleem bely, nie die oplossing nie. En dit is wat hy ontvang het - die probleem. Die rugpyn het gebly.

Het hy maar die oplossing bely en ges: "Dank God dat ek genees is - deur Jesus se wonde is ek genees", dan sou hy die duiwel weerstaan het en God se woord bo die feite van die oomblik geplaas het. Hy sou die oplossing bely het, en die rugpyn sou verdwyn het.

Laat ons met hierdie storie aangaan en aanneem dat Herman suksesvol was, die Woord van God gespreek het, gesond geword het en goeie gesondheid geniet het.

'n Paar jaar later, organiseer Herman se maatskapy 'n mediese ondersoek. Wanneer die dokter vra of hy enige gebreklikheid of siekte het, s hy: "Ja, somtyds het ek rugpyn." Met hierdie stelling het Herman gepraat teen wat die Woord van God oor hom s: Deur sy wonde is jy genees. Met hierdie kort sin, met hierdie belydenis, dat hy somtyds pyn ervaar, het hy die deur vir die duiwel oopgemaak en dit is waarskynlik dat die rugpyn sal terugkeer.

Eintlik het Herman geen pyn gehad nie, hy het van God se Woord geleer hoe om in goddelike gesondheid te leef en was sonder kwale vir baie jare al. Hy het net 'n positiewe antwoord op die dokter se vraag gegee omdat hy nie die vorm heeltemal leeg wou los nie, mense het tog gebreklikheide; dit lyk snaaks as iemand heeltemal negatief antwoord. Dalk dink die dokter dat jy nie heeltemal gesond is nie, of hy mag dink dat jy jok of selfs arrogant is en s dat jy sonder enige fisiese probleem is. Partykeer maak ons so 'n stelling net om normaal oor te kom.

Dit is van uiterste belang dat ons nie meer konformeer met die patrone van hierdie wreld nie, maar verander word deur die hernuwing van ons geeste. Ons moet ons aanpas sodat ons met God se Woord ooreenstem, ons kan nie meer die duiwel se woord bely nie. Hier is Jesus 'n goeie voorbeeld. Ten spyte daarvan dat Hy siek mense die hele tyd genees, praat Hy nooit oor siekte nie. Ons moet stilbly wanneer ander oor siekte praat, ons moet nie daardeur ingetrek word nie. As ons luister en van gevalle hoor wat ons voor kan bid, moet ons dit doen.

Die selfde geld vir gesprekke oor geldelike behoeftes en tekortkominge. Gesprekke oor geldelike tekortkominge behoort nooit ons lippe te ontsnap nie. Wanneer ons glo dat God na al ons behoeftes omsien (Filippense 4:19) kan ons nie tekorte bely nie.

En hierdie beginsel geld natuurlik nie net vir gesondheid en geld nie, dit is ook geldig vir wysheid, leiding, oorwinning, vrede en ewige lewe. Ons bely doodeenvoudig nie dat ons dom is nie, dat ons nie weet wat God van ons wil h nie, dat die duiwel ons die heeltyd oorwin het nie, dat ons skrikkerig of beangs is of dat ons hel toe gaan nie.

Ons wil weer Herman se geval opneem. Laat ons aanneem dat Herman vir genesing gebid het en dit ontvang het en vir baie jare sonder pyn was. Maar skielik keer hierdie pyn terug. Herman se geloof en sy reaksie op 'n probleem word getoets. Herman se denke kan hierdie koers inslaan: daar is seker 'n natuurlike oplossing hoekom ek nie vir al hierdie jare rugpyn gehad het nie, die probleem was seker heeltyd in my lyf teenwoordig, dit het nooit werklik verdwyn nie, net die pyne het verdwyn en nou keer hulle eenvoudig terug.

As Herman sulke denke volhou en hulle nie verwerp nie, sal dit 'n vesting in sy verstand word, dit sal iets word wat hom in sy greep vashou. Die denke sal gevolg word deur praat en glo en die resultaat sal wees dat Herman sy rugpyn behou.

Ons wil 'n skriflesing lees wat weer vir ons vertel dat ons in die geestelike ryk optree, maar dit vertel ons ook hoe om geestelike gevegte te veg:

Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Chris- tus. (2 Korinthirs 10:3-5)

Herman moet sy wapens gebruik, hy moet hierdie vesting in sy denke vernietig. Herman dink in ooreenstemming met die voorstelle van die duiwel en hierdie struktuur van denke stel ditself op teen kennis van God. Maar Herman word deur die Heilige Gees gelei en die Gees sal Herman se aandag vestig op sy verkeerde denke, en so sal Herman besef dat hy nou al vir 'n hele rukkie die duiwel se gedagtes dink. Herman weet hoe om hierop te reageer. Hy neem hierdie gedagtes gevangenis en sit hulle stop en hy begin in ooreenstemming met God se Woord te dink, hy maak sy gedagtes onderwolpe aan Christus. En sy wapen is God se woord, dit is die swaard van die gees. Herman bid en praat die woord van God soos dit in Efsirs 6:17-18 beskryf word en s: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra; (Matths 8:17) ek is genees.

Herman het geleer om sulke twyfelinge en aanvalle terug te veg. Jakobus 1:6 s:

Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

Ons vermy hierdie weifeling deur nie die duiwel se denke te aanvaar nie. Ons gooi dit uit wanneer dit ook al in ons verstand kom en vervang dit met denke oor God se Woord. Ons kan negatiewe gedagtes nie keer om in ons verstand te kom nie, maar ons kan hulle keer om daar te bly. Ons aanvaar dit nie om op hulle te mediteer nie, ons word nie deur hulle gevange geneem nie. Ons hou op om somtyds die gedagtes van die duiwel te dink en somtyds die gedagtes van God, ons hou op weifel.

Ons wefel wanneer ons bekommerd is, wanneer ons vrees en ons vergeet die wonderwerke van die verlede. In al drie gevalle weifel ons tussen vleeslike denke en denke oor God se Woord. Ons betwyfel God se vermo om alles vir ons te organiseer, om ons te beskerm en om wonders in ons lewe te verrig. Om ons te bekommer is om op die duiwel se idees te mediteer, om te vrees is om in die duiwel se werke te glo en om nie in wonders te glo nie is om te vergeet dat God bestaan.

Die weifeling word gevaarlik in gevalle waar ons reguit vir God bid en daar nie ander mense betrokke is nie. Volgens Jakobus 1:7-8 sal ons niks van God ontvang nie.

Want di mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie - so 'n dubbelhartige man, onbestendig in al sy we.

Jakobus s dat geloof alle gebiede in ons lewe moet uitmaak. as ons nie glo nie, as ons twyfel, is ons onstabiel in al ons we. Hier kom ons by 'n gebied wat met die volgende woorde beskryf kan word:

getrou
eerlik
pligsgetrou
vertrouenswaardig
eg
staatmaker
gelowig.

Hierdie woorde verwys na mense wat nie weifel nie, maar in geloof optree.

In Tabel 1: Jesus Meet Geloof het ons voorbeelde van mense op hierdie vlak, "Twyfel". Hulle kom na Jesus omdat hulle glo, maar dan word hulle beindruk deur die wreldlike dinge en gebeurtenisse, en hou op glo. Hulle weifel van geloof na ongeloof, hulle hardloop hier en daar, hulle twyfel.

 

5.4 Geloof

In Jesaja 28:16 s God:

Iemand wat op die Here vertrou hoef nie paniekerig te wees nie.

God se redding is altyd daar vir die wat glo. 'n Gelowige sal die Here se naam roep wanneer hy of sy in die moeilikheid is, en God sal hom of haar antwoord. In Tabel 1: Jesus Meet Geloof het ons heelwat voorbeelde: die vrou met bloedvloeiing, sy het ontvang wat sy ges het, wat sy bely het; Jarus, hy het 'n duidelike geloofsdoelwit, hy het daarby gehou en dit ontvang en Bartims, sy geloof was in Jesus, niks kon hom terughou nie.

Wanneer ons onsself skielik in die nood vind, is 'n woord soos "Here, red my!" soos Petrus in Matths 14:30 uitgeroep het, voldoende. Selfs 'n gebed wat net die woord 'God' of 'Jesus' inhet voldoen aan sy doel. Wat saakmaak is in die hart, dit is nie die vermo om mooi gebede te formuleer nie.

Jesus het egter vir ons 'n paar rels aangaande gebed gegee. Ons het reeds gepraat oor die belangrikheid van geloof; nou wil ons na 'n paar ander rels kyk. Die basiese voorvereiste is om reg te staan teenoor God - om regverdig te wees - en om deelgenootskap met God te voel - om geen sondes tussen ons en god te ken nie. Jesus druk dit in Johannes 15:16 uit:

Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uit- verkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.

Die volgende rel is dat ons aan Jesus bid nie, maar aan die Vader. Jesus noem dit in Johannes 16:23-24:

En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek s vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.

In die derde en in die vierde reel word nog 'n rel uitgedruk: ons bid in Jesus se naam. Jesus herhaal dit in vers 26:

In daardie dag sal julle in my Naam bid.

In Handelinge 4:24-30 het ons 'n goeie voorbeeld van so 'n gebed:

Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het... en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind.

Die begin word aan God gespreek, die magtige Here, en die gebed eindig in die Naam van Jesus.

In Efsirs 1:17 en 3:14 kan ons lees dat Paulus sy gebede aan God opgedra het. Ons bid dus aan God ons Vader in die Hemele en ons doen dit in Jesus se naam.

In 1 Johannes 5:14 vind ons nog 'n voorvereiste:

En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.

Die doel van ons gebed moet dus met God se wil saamstem. In die lange duur sal ons gebedslewe nie suksesvol wees as ons nie God se wil ken nie. En God het sy hele wil in sy Woord, die Bybel, uitgedruk. In die Bybel is God se wil neergeskrywe. God se wil aangaande al die gebiede in ons lewe is in die Bybel opgeneem.

Om God om iets te vra en dan die gebed te sluit met woorde soos "asseblief God, gee dit vir my as dit u wil is," is 'n flou verskoning. Eerstens wys dit dat ons nie glo nie, en tweedens dat ons sy wil nie ken nie.

Die studie van die Bybel is dus 'n basiese vereiste vir 'n Christen. 'n Christen behoort die Bybel van die eerste bladsy tot by die laaste bladsy te lees. Alles van die Boek Genesis tot by die Boek Openbaring is belangrik. En wanneer ons die Bybel deurgelees het, begin ons weer by die begin. Die lees van die Bybel hou in die lewe van 'n Christen nie op nie. Dit is die belangrikste deel van ons geloofslewe, van ons bidtyd. Terwyl ons lees laat ons die Heilige Gees die Woord aan ons openbaar. Ons dank eenvoudig die Heilige Gees in die naam van Jesus dat Hy die Heilige Skrif aan ons verduidelik.

En ons bely nooit dat ons nie tyd het om die Bybel te lees nie, dat ons moeg word of dat ons dit nie verstaan nie. Hierdie is slegte belydenisse, en hierdie belydenisse is die rede waarom ons nie tyd het nie, waarom ons nie verstaan nie en waarom ons moeg word. Ons kan nie s dat ons nie tyd het om die Bybel te lees nie omdat werk en besigheid ons terughou nie. As ons onsself besig hou sonder om die Woord te ken sal ons beswaarlik suksesvol wees - of ons geld maak of ons kinders grootmaak - want wanneer ons eers sy Koninkryk soek en sy geregverdigheid dan sal al hierdie dinge ook aan ons gegee word (Matths 6:33 en Lukas 12:31). Om 'n voorbeeld te gee: om geldelik suksesvol te wees moet ons God ken en sy we aangaande finansies ken. Nog 'n voorbeeld is ons kinders; ons kan baie hard werk om hulle 'n sukses te maak, maar as ons hulle nie grootmaak soos die Bybel s nie, mag ons heeltemal misluk.

Maar ons moet nie die lees van die Bybel sien as 'n plig wat een of ander negatiewe betekenis vir ons inhou nie. Ons moet altyd uitsien daarna om God se Woord te lees, ons moet dit geniet. Die lees - of bid - moet nie 'n godsdienstige gewoonte word nie. Ons moet werklik opgewonde wees oor die dinge wat God ons sal wys en vertel.

Om die hele Bybel in een tot drie jaar te lees moet normaal wees. Hoe meer ons die Bybel ken, hoe minder belangstelling sal ons h in die dinge van die vlees en hoe minder tyd sal ons aan hulle hoef te spandeer want God gee ons al hierdie dinge ook.

Ons stel voor dat u verskillende vertalings van die Bybel lees. Nadat ons een vertaling van die Bybel gelees het, moet ons begin en 'n ander vertaling lees. As ons moderne vertalings lees wat 'n kontemporre Afrikaans benut, is dit sonder twyfel makliker om die Woord te verstaan en ons vermy 'n godsdienstige, tradisionele en onrealistiese houding teenoor die Woord van God.

Gedurende die leestyd en nadat ons gelees het, moet ons die tyd neem om te dink oor die onderwerp en daarop te mediteer. Hoe kan ek dit gebruik? Wat se beginsel gaan met hierdie storie? Wat se voorbeeld pas by hierdie beginsel? Wat het die doenende mense reg gedoen, en waar het hulle foute begaan?

'n Goeie metode om te studie is om Skriflesings oor sekere onderwerpe bymekaar te maak. As ons byvoorbeels bid oor finansile probleme, sal dit baie help om te weet wat die Bybel oor hierdie tema te s het, wat God se wil oor geldsake is. Hoe meer ons daarvan weet, hoe meer kan ons in die regte rigting bid.

Christelike boeke, tydtafels, konkordansies, Bybel woordeboeke en handboeke en Bybel atlasse is kosbare hulpmiddels. Wanneer ons byeenkomste bywoon waar die Heilige Gees in beheer is, word die betekenis van God se Woord aan ons openbaar. Gesprekke is 'n goeie metode om die Woord te absorbeer; ons lees in Lukas 2:46-47:

En n drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra. En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.

Wat het Jesus gedoen toe Hy twaalf jaar oud was?

Hy was in die teenwoordigheid van God.
Hy het gesit waar die leraars gesit het.
Hy het geluister na goeie onderrig.
Hy het vrae gehad en Hy het hulle gevra.
Sy begrip was reeds verbasend.
Hy het antwoorde gegee.

Dit is 'n uitstekende metode om te leer: 'n groep Christene praat oor die Woord; hulle is geestelik lewend en laat almal deelneem. Almal is geinteresseerd om meer te leer van God. Reeds toe Jesus net twaalf jaar oud was, was sy belangstelling die Woord van God.

Dikwels reageer ons op 'n negatiewe manier as ons iets hoor wat in ons opinie 'n valse leerstelling is. Ons moet egter hierdie dialoog en konfrontasie gebruik om ons kennis in daardie veld te verbreed. Ons moet seker maak dat die dinge wat ons gehoor het werklik verkeerd is. Ons moet ook ander aanspoor om ons opinies te kritiseer. As kritiek ons omkrap, mag dit wees dat dit net ons uiteensetting was en nie God s'n nie.

In 1 Korinthirs 11:17-19 s Paulus dat ons byeenkomste nie meer sleg as goed moet doen nie, dat daar nie verdelings moet wees nie. Maar dit moet nie so ver gaan dat ons nooit die Woord bespreek nie. Vers 19 s:

Want daar moet ook partyskappe onder julle wees, sodat die beproefdes onder julle openbaar kan word.

Gebed is 'n kommunikasie met God, en hoe jonger ons in die geloof is, hoe meer moet ons luister en God moet praat. 'n Groot deel van ons gebedtyd moet ons dus spandeer besig om na God te luister - besig om sy Woord te lees. Prediker 5:1 lees:

Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou 'n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees.

Martin Luther het hierdie kommentaar gelewer oor Bybel lees:

In al die wetenskappe, is die bekwaamste professore di wat die tekste die deeglikste bemeester het. 'n Man, om 'n goeie regsgeleerde te wees, moet elke teks van die wet op sy duim ken; maar in ons tyd word die aandag eerder toegepas op kanttekeninge en kommentaar. Toe ek jonk was, het ek die Bybel oor en oor gelees, en was so goed daarmee vertroud, dat ek oombliklik enige vers wat genoem mag gewees het, kon uitwys. Ek het daarna die kommentators gelees, maar ek het hulle gou opsy gewerp, want ek het daarin baie dinge gevind wat my gewete nie kon goedkeur nie, want hulle was teenstrydig met die Heilige Teks. Dit was altyd beter om met mens se eie o te sien as met die o van ander mense.

Dit klink asof dit die ondervinding is van iemand wat vandag leef en nie 'n persoon wat 500 jare gelede gebore was nie. Die resultaat van hierdie studie was 'n groot reformasie. Wanneer mense om Jesus gestudeer het en van Hom geleer het, was die resultaat ook 'n groot herlewing. Daarom blyk dit dat die studie van die Woord van God 'n voorvereiste is vir herlewing.

Ons wil terugkeer na die geloofsvlak 'Geloof'. Op hierdie vlak vind ons mense wat glo wanneer hulle iets oor God hoor. Wanneer hulle hoor van 'n man van God, glo hulle dat hulle met God in aanraking kan kom deur hierdie man. As so 'n evangelis vir hulle persoonlik bid, glo hulle dat die gebed beantwoord sal word. As die gebed vir hulle gesondheid was, glo hulle dat hulle genees sal word. Hulle eie geloof is die hoofrede vir hulle sukses. Hulle kom met sekerheid, hulle glo dat die gebed van 'n Christen hulle probleem sal oplos. Hulle dink nie aan hierdie gebed as 'n beproewing nie, as een moontlikheid uit baie nie, hulle twyfel nie. Hulle is van God se vermons oortuig. As 'n persoon op hierdie geloofslvlak die broeders roep glo hy dat hulle gebed hom gesond sal maak, dat die Here hom sal laat opstaan. Die geloof van hierdie persoon sal genoeg wees om die gebed suksesvol te maak. Dit is 'n vreugde om so 'n persoon se wens na te kom en om vir hulle te bid want mens weet dat hulle geloof het. Hierdie mens se geloof sal met die persoon se geloof verenig en dit sal lei tot 'n gebed van ooreenstemming.

Hierdie mense is oortuig dat God die mag het om te doen wat Hy belowe het. Die beste voorbeeld is die vrou met bloedvloeiing; in Matths 9:21 s sy:

As ek maar net sy kleed kan aanraak, sal ek gesond word.

Haar aanrakingspunt was Jesus se kleed. Sy het geglo dat wanneer sy sy kleed met haar hand aanraak, sy genees sal word. Sy het dit gedoen en sy was genees.

Nog 'n voorbeeld is Jarus. Hy het Jesus in Markus 5:23 gevra:

Kom l haar die hande op, sodat sy gesond kan word, en sy sal lewe.

Jarus het geglo dat sy dogtertjie genees sou word wanneer Jesus persoonlik na haar toe sou kom en haar die hande op l. Jesus se hande was die aanrakingspunt.

Dit help mense op hierdie geloofsvlak om iets in die vleeslike wreld te h wat as aanrakingspunt dien. Die kontak met 'n persoon of met 'n voorwerp maak dit makliker vir hulle om van God te ontvang en ook om God te verstaan. Jakobus skryf in Jakobus 5:14-15:

Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeenskap inroep, en laat hulle oor hom bid in nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig.

Al hierdie dinge is aanrakingspunte: die koms van die ouderlinge, die uitspraak van gebede, die salf met olie. Die siek persoon behoort die ouderlinge te ontbied. Dit is die uitdrukking van sy geloof. As iemand anders van sy familie die ouderlinge sou roep, sou ons aanneem dat die geloof van die siek persoon nie so groot is nie.

Daar is baie maniere vir mense om hulle geloof vry te stel. Vier daarvan kan die volgende wees. 'n Vrou glo dat sy die oplossing op haar probleem sal ontvang indien 'n sekere evangelis haar die hande op l. 'n Man glo dat hy genees sal word wanneer hy die televisiestel aanraak as uitdrukking van sy ooreenstemming met die gebed van die televisiespreker. 'n Meisie glo dat haar gebed suksesvol sal wees as sy dit in 'n sekere plek bid. 'n Seun glo dat God vir hom sy wens sal gee as 'n sekere Christen vir hom bid. Sulke gevalle behoort almal geondersteun te word, en ons moet verheug in hulle geloof en ook in die aksie wat hulle neem.

Maar ons moet ook onderskeid trek tussen iets gebruik as aanrakingspunt en afgodediens. Daar is 'n duidelike verskil. 'n Voorwerp, 'n persoon of 'n daad kan gebruik word as aanrakingspunte, maar hulle mag ook as afgode gebruik word. Ons wil die koperslang van Moses se tyd gebruik om te sien hoe iets eers as aanrakingspunt gebruik was, en toe 'n afgod geword het. In Nmeri 21:4-9 lees ons dat God Moses beveel het om 'n slang te maak en dit op 'n paal te sit, sodat enigiemand wat gebyt word daarna kan kyk en kan lewe. Die kyk na die koperslang was die aanrakingspunt; die koperslang was 'n hulpmiddel om lewe te ontvang. Maar daarna het dit uitgedraai om 'n middel van duisternis te wees. In 2 Konings 18:4 is dit opgeneem:

Hy [Hiska, koning van Juda] het die hoogtes afgeskaf en die klippilare verbreek en die heilige boomstamme omgekap en die koperslang wat Moses gemaak het, stukkend gestamp, omdat die kinders van Israel tot op di dae daarvoor offerrook laat opgaan het; en hy het dit Nehstan genoem.

Die kinders van Israel het 'n afgod daarvan gemaak. Ons aanrakingspunt moet nooit meer as net 'n hulpmiddel in ons geloof wees nie.

Ander voorbeelde van mense op die vlak 'Geloof' is Bartims en die tien melaatses, hulle wou h dat Jesus vir hulle moes sorg. Die vrou wat 'n sondige lewe gelei het het haar eie aksies as aanrakingspunt gebruik, sy het Jesus se voete met haar trane natgemaak, sy het hulle met haar hare afgevee, hulle gesoen en hulle met salf gesmeer. Goeie werke kan 'n uitdrukking van ons geloof wees, hulle kan gebruik word as 'n aanrakingspunt, maar goeie werke sonder geloof bring nie belonings in die hemel nie, maar kan mislei as ons deur hulle regverdig probeer word.

Ons het selfs gehoor dat Jesus vandag aan mense verskyn en hulle genees. Jesus is allesheersend, hy kan mense op hulle geloofsvlak ontmoet. Op wat se geloofsvlak 'n mens ook al mag wees, God het 'n manier om daarvan te ontsnap voorsien.

 

5.5 Groot geloof

Ons het groot geloof wanneer ons na God toe draai in 'n negatiewe situasie en wanneer ons dit doen met die sekerheid dat God se woord betroubaar is.

Die Kananse vrou het na Jesus gegaan en nie gegaan totdat Hy die verlossende woord gespreek het nie, die woord wat haar dogter vrygestel het. Jesus noem haar 'n vrou van groot geloof, want sy is dapper en sy wil Jesus die verlossende woord hoor spreek.

Oor die hoofman s Jesus dat Hy niemand in Israel gevind het met so 'n groot geloof nie. Die hoofman verstaan gesag, hy het geweet wat 'n bevel is. Dit was duidelik vir hom dat Jesus God was en dat Hy hierdie wreld beheer het en dat Hy dit op dieselfde manier gedoen het as wat die hoofman in beheer gebly het: deur bevele en opdragte te gee. Vir hom was daar net een ding van belang: hy wou dat Jesus 'n opdrag gee, dat Hy die woord spreek. Hy wou nie meer h nie, want hy het geweet dat 'n woord uit Jesus se mond genoeg was, die genesing van sy dienskneg moes volg.

Groot geloof is gebaseer op 'n geloof in die Woorde van God. Al die beloftes van die Bybel is vir ons, hulle is woorde en ons vertrou in die woorde want hulle is God s'n. Wanneer ons God vra vir iets wat Hy ons belowe het, weet ons dat ons dit sal ontvang, want ons kan op sy Woord vertrou. Om op sy Woord te vertrou is groot geloof. Vir mense met groot geloof is dit onnodig dat Jesus persoonlik na hulle toe kom, dat Hy na hulle huise toe kom en hulle die hande op l. Hulle weet dat hulle 'n heeltemal betrouenswaardige persoon kan vertrou wanneer so 'n persoon 'n belofte maak - en God is so 'n persoon. Wanneer so 'n persoon - heeltemal betrouenswaardig - iets s, is dit reeds so goed asof dit reeds gedoen is. God se woord is altyd betroubaar, dit is waarom ons dit altyd moet vertrou.

Dit is nie vir ons nodig dat Jesus skielik voor ons verskyn en dat ons dan ontvang wat ons voor gebid het nie. Sy woord is vir ons genoeg. Ons glo God se woord, dit is goed genoeg vir ons. Met hierdie vertroue in God se woord konfirmeer ons ons geloof in God. As ons die woorde van 'n persoon betwyfel, en ons druk hierdie twyfel uit, sal hierdie persoon voel asof hy/sy aangeval word, dat hy/sy onbetrouenswaardig verklaar word. Om te glo en om die woorde van 'n persoon te betwyfel is dieselfde as om te glo en die persoon self te betwyfel.

Mense met 'n sterk geloof glo in God se woord. Markus 16:20 sluit met die volgende stelling af:

Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het.

Ons kan nie uitsluit dat God se soewereine wil hierdie tekens veroorsaak het nie. Dit beteken dat mense genees is sonder dat hulle is God se genesende krag geglo het. Maar dit is moontliker dat die mense wat na die dissipels se preke geluister het, hierdie woorde geglo het en dus ontvang het. Hulle het geglo dat die God wat die hemele, die aarde en alles daarin gemaak het, hulle ook kon genees. Hulle het dit geglo en God het sy Woord gekonfirmeer deur hulle geloof te beloon - Hy het 'n wonder in hulle lewe bewerkstellig. Hulle geloof was groot want hulle het sy Woord vertrou. Hulle eie geloof het hulle 'n wonder laat sien.

Vir mense met groot geloof, is die Woord van God die aanrakingspunt. Hulle aanrakingspunt is op 'n geestelike vlak, want die Woord is gees. Hulle verstaan gesag. Gesag word uitgedruk deur instruksies, opdragte en bevele. Wanneer hulle 'n bevel hoor, gelewer in Jesus se naam, glo hulle dat dit uitgedra sal word. Hulle het groot geloof.

 

5.6 Oorwinnende Geloof

Op hierdie geloofsvlak - oorwinnende geloof - vind ons Christene was soos Jesus Christus self optree en met sy werk voortgaan. Om 'n Christen te wees, beteken om soos Jesus te leef. Dit gaan selfs verder: as Christene is ons Christus, want ons is dele van sy lyf, die lyf van Christus. Die gesag wat Jesus gehad het, het Hy vir ons gegee en ons moet dit gebruik soos Hy dit gebruik het.

Baie mense het Jesus gevolg toe Hy op die aarde gewandel het. Sy beste vriend was Johannes, die dissipels wat Hy die meeste vertrou het was Petrus, Jakobus en Johannes. Die twaalf dissipels was ook apostels genoem, en ons hoor in Lukas 10:1 van 'n verdere groep medewerkers:

En n hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aan- gestel, en hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom.

Die aanstelling van die sewentig het in die derde jaar plaasgevind en ons kan aflei dat hierdie sewentig 'n goeie opleiding van Jesus ontvang het. In die tweede vers hoor ons iets van hulle kommissie:

Hy s toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur.

Jesus se eerste instruksies aan hulle was om te bid vir meer werkers. Ons sou vandag s om te bid dat mense Christene en aktiewe Christene word. In Lukas 10:9 gee Jesus twee meer instruksies:

En maak die siekes gesond wat daarin is, en s vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom.

Ons moet die siekes genees en ons moet evangeliseer. In Lukas 10:17 word verslag van die sending se sukses gelewer:

En die sewentig het met blydskap teruggekom en ges: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam.

Hulle het die glorie van God ondervind en dit het hulle bly gemaak, want hulle het dieselfde wonders as wat Jesus gedoen het, gedoen. Hulle was suksesvol want hulle het die naam van Jesus gebruik. Die uitwerping van duiwels was dus ook deel van hulle werk. Jesus antwoord in Lukas 10:18:

Ek het die Satan soos 'n bliksem uit die hemel sien val. Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.

Jesus sluit die lys af deur te praat oor die beskerming wat ons geniet, maar die belangrike ding is dat Hy ons gesag gegee het oor die krag van die vyand. Jesus gee ons toerusting wat gelyk is aan sy eie. Die tekens en wonders wat Hy gedoen het sal ook deur sy volgelinge gedoen word.

In Markus 16:17-18 praat Jesus ook oor hierdie gesag:

En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande l, en hulle sal gesond word.

Hier het ons 'n soortgelyke lys, maar aan die begin s Jesus dat hierdie tekens sal volg vir die wat geglo het. Net daardie Christene wat glo dat hulle hierdie gesag het, het dit. As ons 'n duiwel beveel om uit 'n persoon te kom, moet ons nie net s, "kom uit, in Jesus se naam!" nie, ons moet ook in ons hart glo dat dit sal gebeur.

Grafiek

Wanneer ons God vra om ons in die Heilige Gees te doop en ons wil in nuwe tale praat, dan moet ons bid, en glo terwyl ons bid, en aanhou glo nadat ons gebid het, dat ons ontvang het.

Die volgende is tekens dat ons nie glo nie. Nadat ons gebid het, kry ons die indruk dat niks gebeur het nie, ons praat nie in nuwe tale nie. Dit benvloed ons en ons s dat ons glad nie of nog nie in nuwe tale praat nie. En ons bid weer of ons laat ander vir ons bid en ons vra iemand om ons die hande op te l. Of ons s: Ek het gebid en ek glo dat ek gedoop is in die Heilige Gees en dat ek in tale praat. Of ons hoop dat dit sal gebeur wanneer 'n sekere persoon ons die hande op l. Of ons luister na goed-bedoelde raad van vriende wat ons vertel wat om te doen en wat om nie te doen nie.

Al hierdie is eintlik uitdrukkings van ons ongeloof want as ons van naby kyk - of beter nog, as ons goed luister daarna - dan besef en weet ons dat daar geen geloof agter alles is nie. Alreeds om 'n tweede keer vir iets te bid, getuig daarvan dat ons nie die eerste keer wat ons gebid het geglo het nie. Ook om te s dat ons glo dat ons ontvang het of om te s dat ons vir die manifestasie wag is uitdrukkings van ongeloof. Ons kyk na die onsigbare en glo; as ons terugkeer na die sigbare, keer ons na ongeloof toe terug.

Daarom bid ons net een maal en daarna bely ons die resultaat. Dit is belangrik om te besef dat gebed 'n belydenis is. Nadat ons een maal gebid het, bid ons nie weer en vra nog 'n keer vir dieselfde ding nie, maar ons bely dat ons die ding wat ons voor gevra het, ontvang het.

Uit hierdie negatiewe ondervinding - dat ons gebid het om gedoop te word in die Heilige Gees en nie ontvang het nie, en dalk al vir maande en jare probeer het - kan ons egter leer. Ons moet eintlik God bedank en prys vir hierdie situasie; ons behoort bly te wees, want ons kan daaruit leer en dit verander in 'n oorwinning en sukses behaal met al ons toekomstige gebede.

Die volgende raad behoort aan 'n persoon wat al vir 'n lang tyd in nuwe tale probeer praat het, gegee te word. Hy of sy moet deeglik dink oor sy of haar situasie en sy of haar geloof meet aan die hand van al die dinge wat hy of sy in sy of haar verlede gedoen het, en dink oor of al die probeerslae nie eintlik uitdrukkings van ongeloof was nie. Hy of sy behoort vir homself of haarself 'n duidelike geloofsdoelwit te stel - die doop in die Heilige Gees - en hy of sy moet bereid wees om die volgende dinge op pad na hierdie doelwit te doen:

Hy/sy behoort te bid en God te vra om hom/haar te doop. Dit behoort die laaste keer te wees wat hy/sy hierdie gebed bid, maar dit moet gebid word met 'n totale verstaning van wat geloof is. En na die gebed moet hy/sy sy/haar verstaning van die geloof bewys deur op die regte manier op te tree - deur sy/haar mond te beheer.

Na die gebed moet hy/sy bely dat hy/sy in die Heilige Gees gedoop is, en dat hy/sy in nuwe tale praat. Hy/sy moet God bedank daarvoor en hy/sy moet hom/haar daarin verheerlik dat hy/sy van God ontvang het. Hy/sy moet bely met sy/haar mond, maar hy/sy moet ook in die hart glo.

Ons druk ons geloof teenoor God uit en dalk teenoor mense wat die taal van geloof verstaan. Partykeer is dit 'n goeie ding, dalk selfs in hierdie geval, om ons geloof te bely aan mense wat eintlik alles behalwe gelowig is. Maar ons geloof maak nie daarop staat dat ons dit dikwels bely nie. Om meer dikwels te bely is nie 'n manier om meer geloof in te win nie. Dit mag aan die begin help, wanneer ons aan 'n Skriflesing gewoond probeer raak, dit probeer onthou, dit probeer verstaan - dan help dit om dit by elke geleentheid uit te spreek, maar later, nadat dit in ons harte ingesink het, is dit deel van ons en hoef ons nie ons geloof te bewys deur dit te bely nie. Dit is beslissend dat ons in ons harte glo en nie die teenoorgestelde daarvan uitspreek nie.

Die kritiese situasie kom voor wanneer 'n goeie Christen-vriend na die gebed na hom/haar toe kom en vra: "Hoe is dit, is jy nou reeds in die Heilige Gees gedoop?" Hy/sy behoort homself/haarself reeds op so 'n vraag voor te berei het, en besluit het om nie "nee" te antwoord nie. Ook antwoorde sos "Ek het gebid en glo dat ek in nuwe tale praat," of "Ek het gebid en ek wag vir die manifestasie," is eenvoudig uitdrukkings van ongeloof, hulle wys dat hy/sy steeds in die sigbare wandel en nie in die onsigbare nie.

'n Moontlike antwoord kon wees: "Ja, en hoe gaan dit met jou?" Dit is 'n wenk vir hom/haar dat die onderwerp geslote is. Selfs as die vriend nie geloofstaal verstaan nie, sal hy/sy as 'n beleefde persoon hierdie antwoord aanvaar. Dit is verkeerd om aan te neem dat ons Christene moet instem vir enige vraag en enige onderwerp. Jesus was altyd beslissend in die manier wat Hy gepraat het; Hy het ges wat Hy wou h en nie wat ander mense wou hoor nie. In Matths 24:1-2 wou die dissipels die tempelgebou bespreek, maar Jesus het nie aan die gesprek deelgeneem nie, Hy het gepraat oor die afbreek van die tempel.

Wat saakmaak is hoe sterk ons ons geloof kan uitdruk. Hy/sy kon s: "Ja, op die vier-en-twintigste Mei is ek in die Heilige Gees gedoop," en dus verwys na die dag van sy/haar gebed. Maar dit is ook nie verkeerd, as die vraer weer die onderwerp aanraak nadat ons dit reeds gesluit het, om te s: "Wat dink jy werklik van 1 Thessalonicense 4:11?" nie. Die vraer sal beswaarlik di Skriflesing ken, en die onderwerp mag dus verander word, of die vraer mag huis toe gaan en dit opsoek, of ons vra wat dit beteken. Ons kan dan s: "Paulus praat daar oor hoe Christene na hulle eie besigheid moet omsien."

So 'n antwoord is ook somtyds geskik wanneer ons met 'n gebreekte been rondstrompel en 'n Christen vra vir ons: "o, Wat is verkeerd met jou?" en ons het net bely dat ons genees is. Dit is belangrik dat ons as Christene altyd beleefd is en alles in liefde doen, maar dit moet nie so ver gaan dat ons in die gebied van ongeloof in wandel en ons geloofsdoelwit verraai nie.

Ons moet beleefd wees maar ons moet daarna omsien dat mense ons respekteer. As iemand ons vra: "Slaan jy jou vrou elke week?" sal dit verkeerd wees as ons nie vir hierdie persoon s dat dit 'n misplaaste vraag is nie. Maar ons moet ook ander mense respekteer; wanneer ons iemand vertel dat ons hulle liefhet, maar hulle nie respekteer nie, sal ons so 'n persoon beswaarlik oortuig.

Maar laat ons na die vraag of hy/sy in die Heilige Gees gedoop is, terugkeer. So 'n vraag kan ook op 'n formele manier gestel word. Ons moet 'n vorm van 'n skool of 'n organisasie invul. Van wat ons daar neerskryf kan ons sien presies op wat se vlak ons geloof is. 'n Christen behoort altyd 'n vry gebied te los, wat net hy/sy en God ingang toe het. As ons nie voel dat dit reg is om te antwoord soos ons glo nie, kan ons selfs die vraag glad nie antwoord nie. As iemand later wil weet waarom ons nie die vraag beantwoord het nie, kan ons vir hierdie persoon iets oor geloofsbeginsels vertel.

Dit is altyd beter om 'n vraag nie te antwoord nie, as om ons geloof prys te gee. Die woordeskat van stilte is die sleutel tot sukses. Om vir 'n mens te glimlag kan 'n goeie antwoord wees en ons help om 'n moeilike situasie te oorbrug.

'n Persoon wat aanhou reg optree en aanhou loop en praat in geloof sal spoedig God se antwoord op die gebed ondervind en kan dan praat nie net oor wat in die geestelike ryk bestaan nie, maar ook oor wat in die vleeslike wreld bestaan en wat nou geondersoek kan word.

Ons het lank gebly by hierdie tweede item van Markus 16:17-18, want die beginsels wat hierby betrokke is geld vir ander items ook, en omdat baie Christene probleme ondervind in hierdie gebied van die doop in die Heilige Gees, en nie voldoende onderrig ontvang nie.

Wanneer 'n Christen giftige tee drink wat deur 'n toordokter aangebied is, behoort hy of sy te verwys na hierdie Skriflesing en glo dat God hom/haar sal beskerm en dat dit hom/haar geen skade sal aandoen nie. En wanneer ons op hierdie Skriflesing staatmaak terwyl ons vir die siekes bid, moet ons nie net die siek persoon die hande op l nie, maar ons moet ook glo dat hulle gesond word omdat ons hulle die hande op l.

Ons moet glo dat ons hierdie gesag het; dit is 'n kwessie van geloof. As ons iets in Jesus se naam doen, kan ons dit vergelyk met 'n aanstelling by 'n maatskappy. Ons werk, tree op, hanteer besigheid, plaas bestellings en onderhandel met mense buite die maatskappy. Hierdie mense aanvaar ons en weet dat ons vir daardie maatskappy werk; dat hulle met die maatskappy te doen het wanneer hulle met ons te doen het. Hulle weet dat die maatskappy in staat is om te betaal vir goedere wat ons bestel het in die maatskappy se naam. Ons mag nie daardie soort geld h nie, maar die maatskappy het. Dit is hoe dit met ons Christene is. Wanneer ons iemand in Jesus se naam genees, dan beteken dit nie dat ons 'n orgaan genees wat deur kanker vernietig is nie - God genees dit. Die werklike genesing word deur God gedoen, ons l net die hande op en glo.

Op hierdie geloofsvlak - oorwinnende geloof - vind ons mense vir wie die volgende geldig is:

Wedergebore,
in deelgenootskap met die Vader,
kennis van hulle kontrak: Ou en Nuwe Testament,
kennis van hulle posisie in Christus,
loop in vergifnis en in liefde,
gelei deur die Heilige Gees,
prys en dank God,
roep dinge wat nie bestaan nie, asof hulle bestaan,
bind die duiwel en los seninge,
leef deur geloof en nie deur sig nie,
neerlae word nooit aanvaar nie,
God se Woord is altyd die finale gesag,
beoefen die teenwoordigheid van God,
vol geloof.

Hulle is mense wat oorwin soos Jesus oorwin het. Ons voorbeeld is altyd Jesus. Maar daar is ander voorbeelde; ons vind oorwinnende Christene om ons en beskryf in die Ou en Nuwe Testament. Koning Dawid is 'n goeie voorbeeld. Ons behoort te bestudeer wat hy vir Goliat ges het voordat hy hom oorwin het (1 Samuel 17:45-47). Eerstens s Dawid dat Goliat met wreldlike wapens kom, maar dat hy, Dawid, in die geestelike wreld veg want hy kom in die naam van die Almagtige Here, die God van die lere van Israel. Dan spreek hy die oplossing uit, dat die Here Goliat aan hom sal oorhandig, dat hy hom sal neerfel en dat hy sy kop sal afkap. En dan praat Dawid selfs van die verwoesting van die hele Filistynse ler en lei af dat die geveg die Here s'n is.

Dawid was in 'n slegte situasie, maar hy het geglo en hy het bely wat later sou plaasvind. Selfs toe hy met sy broers en met die koning gepraat het, voor hy na die slagveld gegaan het, was hy bewus van sy gesag. Hy het selfs die koning aangemoedig: "Laat die manne se moed tog nie ter wille van hom sink nie." (1 Samuel 17:32)

Dawid het sy kontrak met God geken, hy het sy testament geken, dit was die Ou Testament. Hy het ondervinding opgedoen met God se testament. Hy was besig om na sy vader se skape te kyk toe 'n leeu of 'n beer 'n skaap van die trop weggedra het. Hy het dit agterna gesit, dit geslaan en die skaap van sy mond gered. Toe dit na hom toe draai, het hy dit aan die hare gegryp, dit geslaan en dit doodgemaak. Hy het beide die leeu en die beer gedood. Dawid het ondervinding gehad, hy het geoefen, hy het geweet dat hy op sy verbondsmaat kon staatmaak, die Here het hom reeds van die klou van die leeu en die beer verlos. Ons moet ons geloof in klein dinge oefen sodat ons reg kan wees vir die groot beproewinge.

Jesus het ook altyd oorwin en Hy het sy dissipels geleer hoe om te oorwin. In Handelinge 3:6 sien ons hoe Petrus die kreupel bedelaar in die naam van Jesus Christus, die Nasarner, beveel om te loop; hy het met gesag gepraat, want hy het sy kontrak geken; ons Nuwe Testament. Paulus het ook geweet van hierdie ooreenkoms wat God met hom aangegaan het; hy s in Handelinge 16:18: "Ek beveel jou in die naam van Jesus Christus om uit haar uit te gaan," en daardie oomblik het die gees haar verlaat.

Dawid, Jesus, Petrus en Paulus het die gebed van bemiddeling gebid en dit met gesag gedoen.

Laastens wil ons 'n vlak van geloof noem wat bestaan, maar nie werklik inpas by ons skema nie. Ons praat van Christene wat die Heilige Gees in sekere situasies toerus met 'n bonatuurlike geloof. Dit is 'n uitsonderlike geskenk vir 'n uitsonderlike doel, gegee vir 'n uitsonderlike situasie en word beheer deur die Heilige Gees; die persoon wat die Heilige Gees gebruik beïnvloed die geskenk nie. Paulus noem hierdie geskenk van geloof in 1 Korinthirs 12:9. Dit is daar vir ons voordeel en ons behoort dit te begeer. Dit is een van die nege geestelike geskenke. Om deur die Heilige Gees gebruik te word in hierdie geskenk van die geloof maak nie daarop staat dat ons aangekom het by een van die vooraf-genoemde geloofsvlakke nie. God kan iemand in hierdie geskenk van die geloof gebruik sonder dat hierdie persoon andersins sterk is in die geloof.

'n Persoon wat optree as gevolg van hierdie bonatuurlike geskenk van geloof ondervind in sy/haar hart 'n definitiewe, baie sterk geestelike sekerheid en tree daarvolgens op. Hierdie geskenke van die Gees is belangrik want hulle veroorsaak, as die persoon volgens hulle optree, bonatuurlike gebeurtenisse wat geloof bring na die toeskouer toe.

Tabel 2: Geloofsvlakke maak 'n opsomming van ons tema uit. Hierdie vergelykende tabel wys die verskillende vlakke van geloof en is nuttig as 'n herhalingskursussie.

 

 

Tabel 2

Geloofsvlakke

 

Vlak van Geloof

Voorbeeld

Geskenk van geloof

Bonatuurlike geskenk van die Heilige Gees.

Gelowiges

1 Kor. 12:9

Oorwinnende geloof

Mense wat glo dat die woord van God wat hulle met hulle monde uitspreek, sal uitrig wat dit sê. Hulle roep dinge wat nie bestaan nie, asof hulle bestaan.

Dawid

1 Sam. 17:46

Abígail

1 Sam. 25:26

Jesus

Matt. Mark. Luk. Joh.

70 dissipels

Luk. 10:1-20

Gelowiges

Mark. 16:17-18

Petrus

Hand. 3:1-10

Paulus

Hand. 16:18

Twee getuienisse

Opnb. 11:3-14

Oorwinnaars

Opnb. 12:11

Groot geloof

Mense wat aan God se woord glo.

Kananése vrou

Matt. 15:21-28
Mark. 7:25-30

Hoofman

Matt. 8:5-13
Luk. 7:1-10

Geloof

Mense wat aan God glo en aan die bonatuurlike, en 'n aanrakingspunt help hulle om dit toe te pas.

Vrou met bloedvloeiing

Matt. 9:20-22
Mark. 5:24-34
Luk. 8:42-48

Jaïrus

Matt. 9:18-26
Mark. 5:21-43
Luk. 8:40-56

Bartimés

Matt. 20:29-34
Mark. 10:46-52
Luk. 18:35-43

Sondige vrou

Luk. 7:36-50

Tien melaatses

Luk. 17:11-19

Siekes in skaduwee

Hand. 5:15

Twyfel

Dit is weifel tussen geloof in die bonatuurlike en om beïndruk te wees deur wat die sintuie waarneem, en neig na laasgenoemde.

Bekommerde mense

Matt. 6:24-34

Dissipels in die storm

Matt. 8:23-27
Mark. 4:35-41
Luk. 8:22-25

Petrus loop op water

Matt. 14:22-23

Dissipels sonder brood

Matt. 16:5-12

Dissipels dryf uit

Matt. 17:14-21

Vader van maansieke kind

Matt. 17:14-18
Mark. 9:14-27
Luk. 9:37-43

Min geloof

Mense glo net in die bonatuurlike nadat dit gebeur het: en nadat hulle dit gesien het.

Natánael

Joh. 1:50

Dissipels

Joh. 2:22

Baie mense

Joh. 2:23

Nikodémus

Joh. 3:12

Thomas

Joh. 20:24-29

Ongeloof

Mense wat tekens en wonders met hulle sintuie waarneem maar hulle verwerp, en dus Jesus ook verwerp.

Mense in Jesus se tuistedorp

Matt. 13:54-58
Mark. 6:1-6

Ongelowiges in Jerusalem

Joh. 12:37-50

 

 

 

Volgende teks: 6. Vrae

 

Home     Titels     Gemeng
Home > Titels > Hoe Om Geloof Te Meet > 5. Vlakke van Geloof
4.     5.     6.
^ Begin