Hoe Om Geloof Te Meet

Frank L. Preuss

 

Home     Titels     Gemeng
Home > Titels > Hoe Om Geloof Te Meet > 4. Geloof Kan Gemeet Word
3.     4.     5.
End

 

4. Geloof Kan Gemeet Word

4.1 Hoe Het Jesus Geloof Gemeet?
4.2 Gebedvoorbeelde
4.3 Gebedfoute
4.4 Matths 17
4.5 Ons Meet Geloof

Tabel 1: Jesus Meet Geloof

 

 

4.1. Hoe Het Jesus Geloof Gemeet?

Ons wil kyk na voorbeelde in die Bybel waar 'n persoon 'n stelling maak oor die geloof van 'n ander persoon. Ons eerste voorbeeld kom van Handelinge 14:8-10:

En in Listre het daar 'n man gesit wat magteloos was aan sy voete, kreupel van sy geboorte af, en hy het nooit geloop nie. Hy het geluister terwyl Paulus spreek; en Paulus het die o op hom gehou, en, toe hy sien dat hy geloof het om gesond te word, met 'n groot stem ges: Staan regop op jou voete! En hy het opgespring en begin rondloop.

In die volgende verse lees ons wat se trefkrag hierdie wonderwerk gehad het. Die boonste drie verse is 'n tweeledige voorbeeld van hoe geloof tot 'n persoon kom. Ons beginsel is in Romeine 10:17:

Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Eers hoor die man in Listre die preke van Paulus; hy hoor die woord van God. Dit is die aanvangspunt van sy geloof. Hy begin om in God te glo, en in God se vermo en gewilligheid om hom te genees. Sy geloof groei uit wat hy van Paulus gehoor het; hierdie preke bevat die Woord van God. Dan hoor hy Paulus hom direk aanspreek; Paulus beveel hom om regop op sy voete te staan. Hy gehoorsaam hierdie uitdaging en besef dat hy genees is. Die tweede deel het 'n verdere, veel groter vergroting in sy geloof veroorsaak, want hy sien nou God se krag soos dit toegepas word in sy eie lewe, en niemand kan dit van hom af wegneem nie.

Sy geloof was groot. Ook hier, in die tweede deel van sy ondervinding, kom geloof deur die woord. Hy hoor Paulus se woorde: in hierdie geval, baie persoonlike woorde. Dit was die woorde van 'n man van God. En, nadat hy dit gehoor het en sy deel van die onderhandeling afgehandel het; nadat hy opgestaan het, het hy 'n fisiese verandering in sy voete ondervind. Hy het besef dat hy sy voete kon gebruik - vir die eerste keer in sy lewe.

As gevolg daarvan het sy geloof gekom van luister na Paulus se woorde, want nadat hy die boodskap gehoor het, het hy tot 'n besef van die waarde daarvan gekom - sy genesing. Sy geloof het baie vermeerder.

Sy eie geloof was deurslaggewend; sy reaksie op Paulus se uitnodiging het hom genees, want die genesing het sonder twyfel eers na sy reaksie plaasgevind; nadat hy opgestaan het. Op hierdie oomblik - nadat hy opgestaan het en voordat sy voete werklik die gewig van sy lyf begin dra het - was hy genees. Hierdie man het nie gewag vir 'n gevoel in sy voete wat hom die indruk sou gee dat hy genees is nie. Hy het nie eers versigtig iets met sy voete probeer doen nie. Nee, hy het ten volle op die woord staatgemaak; sy geloof het van hoor af gekom.

En dit is hoe ons ook moet optree, wanneer ons op pad na 'n geloofsdoelwit toe is. Ons moet op die woord staatmaak, en ons geloof moet deur ons dade uitgedruk word. Wanneer daar ook al iets is wat ons kan doen - 'n daad, 'n stap, 'n beweging, 'n maatstaf wat hierdie geloof ondersteun en uitdruk - moet ons dit doen.

As die geloof van die mense nie na hulle toe gekom het deur die preke van Paulus nie, het dit definitief na baie toe gekom nadat hulle hierdie wonderwerk waargeneem het. Selfs Paulus se geloof het vermeerder na hierdie ongelooflike wonderwerk.

Maar ons wil terugkeer na die feit dat hierdie man Paulus se aandag getrek het. Paulus het na hom gekyk; hy kon sy gesig sien; sy postuur. Hoe langer hierdie man geluister het, hoe meer het hy besef dat hy nie kreupel hoef te wees vir die res van sy lewe nie, dat die groot oomblik van sy lewe aangebreek het. Sy ganse lyf het hierdie besef uitgedruk. Mens hoef net na hom gekyk het om te weet wat se invloed God se woord oor hom gehad het. Mens kon sy geloof sien; jy kon die man lees; sy geloof meet. Sy geloof was daar; dit was positief. Paulus het die geloof van hierdie man gemeet en kon dus vir hom 'n groter sen wees.

Ons kan dieselfde doen - ander mense se geloof meet - ons kan 'n sen vir hulle wees. Ons het ondervind dat terwyl ons met 'n persoon praat en hom/haar dophou, ons kan sien of hy/sy ons geglo het of nie.

In Lukas 5:17-26 vind ons die welbekende storie van die lam man wat na Jesus neergelaat is deur 'n gat in die dak. Vers 20 s:

En toe Hy hulle geloof sien (Matths 9:2, Markus 2:5, Lukas 5:20)

Jesus het gesien dat hierdie vier mense geglo het. Dit was klaarblyklik, almal in die kamer kon dit sien. Hierdie vier het die verlamde man wat op 'n mat gel het, na die dak geneem, 'n opening in die dak gemaak en die mat laat afsak. Hulle dade was eenvoudig; hulle het in hulle plan geglo. As hulle net wou probeer om te sien of Jesus hierdie man kon genees, sou hulle nie so ver gegaan het nie. Hulle geloof was deurslaggewend en Jesus het dit gemeet - Hy kon dit sien.

Hierdie geval, waar die Bybel s Jesus het hulle geloof gesien, en ook die geval waar Paulus gesien het dat die verlamde geloof het, is egter uitsonderings. In al die ander gevalle in die vier Evangelies word die geloof nie gesien nie, maar gehoor. Hier meet Jesus die geloof van mense deur na hulle woorde te luister.

Jesus het na mense geluister - hy het die woorde wat mense ges het, ontleed. Die kennis wat Hy gehad het oor sy eie geloofsbeginsels, het Hom in staat gestel om 'n duidelike idee te kry van iemand se geloofsvlak deur die woorde wat gespreek is te gebruik. Jesus het geluister na die gebede van die mense wat Hy ontmoet het.

Dit is verbasend dat Jesus meer as twintig keer opmerkings maak oor mense se geloof, en dit tel nie die kere wat moontlik nie in die vier Evangelies opgeneem is nie. So 'n opeenhoping is verbasend. God wil ons aandag hierna trek. Dit is soos om te s: hier is iets spesiaal, iets belangriks. Dit gebeur weer en weer in die ministerie van Jesus, ons moet dit raaksien en Hom naboots.

Ons het hierdie insidente saamgevat in Tabel 1: Jesus Meet Geloof. Hierdie tabel behoort versigtig gebestudeer te word. Dit sou ook baie hulpvol wees om die onderskeie stories in die Bybel na te slaan.

 

Tabel 1

Jesus Meet Geloof

 

Vlak van geloof Persoon wie se geloof gemeet word Stelling wat geloof van persoon ontbloot Jesus se stelling

Groot geloof

Hoofman

Sê dit maar met 'n woord

Selfs in Israel het Ek so 'n groot geloof nie gevind nie

Matt. 8:10
Lukas 7:9

Kananése vrou

Maar die hondjies eet darem van die krummels

o Vrou, groot is jou geloof

Matt. 15:28

Geloof

Vrou met bloedvloeiing

As ek maar net sy kleed kan aanraak, sal ek gesond word

Jou geloof het jou gered

Matt. 9:22
Mrk. 5:34
Lukas 8:48

Die sondares

 

Jou geloof het jou gered

Lukas 7:50

Jaïrus

Kom lê haar die hande op, sodat sy gesond kan word, en sy sal lewe

Moenie vrees nie; glo net

Mrk. 5:36
Lukas 8:50

Een van die tien melaatses

 

Staan op en gaan: jou geloof het jou gered

Lukas 17:19

Bartiméüs

Rabbni, dat ek mag sien

Jou geloof het jou gered

Mrk. 10:52
Luk. 18:42

Min geloof

Mense wat hulle kwel

Wat sal ons eet? Wat sal ons drink? Wat sal ons aantrek?

Hoeveel te meer vir hulle, kleingelowiges? Daarom moet julle jul nie kwel.

Matt. 6:30-31

Petrus

Here, red my

Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?

Matt. 14:31

Dissipels

Dit is omdat ons geen brode saamgeneem het nie

Kleingelowiges. Begryp julle nog nie

Matt. 16:8-9

Dissipels

Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?

Deur julle ongeloof

Matt. 17:20

Dissipels in die storm

Here, red ons, ons vergaan!

Waarom is julle bang, kleingelowiges?

Matt. 8:26

Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?

Waarom is julle so bang? Het julle dan geen geloof nie?

Mrk. 4:40

Meester, Meester, ons vergaan!

Waar is julle geloof?

Lukas 8:25

Vader van maansieke kind

En hulle kon hom nie gesond maak nie

o Ongelowige en verdraaide geslag

Matt. 17:17

En hulle kon nie

o Ongelowige geslag

Mrk. 9:19

En hulle kon nie

o Ongelowige en verdraaide geslag

Lukas 9:41

Twyfel

Thomas

As ek nie in sy hande die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie

Moenie ongelowig wees nie, maar gelowig. Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het

Johannes 20:27-29

Geen geloof

Mense in tuistedorp van Jesus

(En hulle het aanstoot aan Hom geneem)

(En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof)

Mrk. 6:6

 

Die eerste kolom vand Tabel 1 gee die onderskeie vlakke van geloof - van groot geloof tot ongeloof. In die tweede kolom vind ons die name van die persone wie se geloof Jesus meet.

Die stellings van hierdie mense kan in die derde kolom gevind word. Gebaseer op hierdie stellings kon Jesus die geloofstand van 'n persoon uitwerk.

Toe Jesus hierdie stellings gehoor het, het Hy geweet dat hulle werklik en van die hart af is; dat die mense geglo het wat ges is. Hierdie stellings het geweerkaats wat in die hart aangegaan het - wat die hart geglo het of nie geglo het nie. Van die inhoud van hierdie verslae, sien ons dat al hierdie stellings saamgestem het met wat die mense in hulle harte gehad het. Hulle het gemeen wat hulle ges het.

Wanneer ons die geloof van 'n persoon meet, moet ons deur die Heilige Gees gelei word sodat ons kan sien wat eg is en wat bedoel is om te wees. In Spreuke 23:6-7 staan daar:

Eet nie die brood van een wat afgunstig is nie, en begeer nie sy lekker ete nie. Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, s hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie.

Dit is 'n voorbeeld waar woorde nie met denke ooreenstem nie. Maar wanneer ons deur ons eie gees gelei word, waarin die Heilige Gees dwaal, en ons kennis van die menslike natuur gebruik, sal ons weet of wat ons hoor eg is of nie.

Jesus skenk versigtige aandag aan wat ges word. Jesus se intelligente luistervermo stel Hom in staat om die geestelike toestand - die geloofstoestand - duidelik waar te neem. In party gevalle, mog Jesus opgetree het in die geskenke van die Gees, maar eintlik was dit nie nodig nie, want die woorde wat Hy gehoor het, was voldoende.

As 'n persoon ons raad vra, hoef ons dikwels nie baie lank te dink wat die oplossing vir hierdie persoon se probleem is nie, of wat die werklike probleem is nie, want meeste mense sal hulle werklike probleem verraai deur die woorde wat hulle uitspreek. Wanneer ons die ware vlak van geloof in 'n persoon se woorde kan lees, sal dit vir ons makliker wees om hulle te help en raad te gee.

In die laaste kolom vind ons Jesus se reaksie en die Skrifverwysing. Jesus meet dus die geloof van 'n persoon en laat hom/haar ook weet wat die resultaat is. In meeste gevalle volg Jesus se verklaring net na die mense se woorde. Dit wat Jesus hoor, het iets te make met die resultaat van die meting. Later sal ons die woorde wat mense gepraat het ontleed en vind dat Jesus mense se geloof gemeet het aan die hand van die woorde wat hulle geuiter het.

Dit is nogal interessant dat Jesus mense vertel het wat se soort geloof hulle gehad het, selfs wanneer dit negatief was. Dit moes beslis 'n onaangename ondervinding wees om voor mense vertel te word dat jy min geloof het. As hierdie mense egter die regte houding gehad het, sou hulle die korregering waardeer het en meer geleer het van Jesus oor geloof en hoe om dit in hulle lewens toe te pas. Die Christelike lewe behoort uitgeken te word daaraan dat dit die beste van elke situasie maak, en neerlaag in oorwinning verander.

Hier is Petrus 'n goeie voorbeeld. In Matths 14:31 het Jesus vir hom ges: "Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?" maar in Markus 5:37 en Lukas 8:51 vind ons dat Petrus een van die drie was wat Jesus met Hom saamgeneem het toe Hy Jarus se dogtertjie uit die dode opgewek het. Jesus wou mense om Hom h wat gelowig is.

Petrus het gegroei in geloof. In die boek van Handelinge lees ons hoe hy die lam bedelaar genees het (Handelinge 3:7), dat mense die siekes in die strate gebring het en hulle neergel het op beddens en matte sodat Petrus se skaduwee ten minste oor hulle mag val wanneer hy by hulle verbyloop (Handelinge 5:15). Petrus het die verlamde in Lidda genees wat vir agt jaar bedlend was (Handelinge 9:34). Hy het 'n vrou van die dode laat opstaan (Handelinge 9:40). Petrus het baie sterk in geloof geword. Ons kan dieselfde doen. As ons geloof vandag klein is, moet dit vir ons 'n aansporing wees om dit te oorkom en om 'n hulpmaat van Jesus te wees en in die dinge van die geloof te groei.

 

4.2. Gebedvoorbeelde

Al hierdie voorbeelde van Tabel 1: Jesus Meet Geloof is verslae van ontmoetinge met Jesus. Jesus ontmoet mense en dit lei tot reaksies, gesprekke, volbringde wense, en die dooies wat opstaan. In meeste van hierdie gevalle het die geloof van hierdie mense gegroei. Jesus probeer altyd om mense se geloof te gebruik. In die geval van min geloof of ongeloof, is Jesus steeds bereid om te help.

Hy gebruik bloot sy eie geloof. In sy genade het God vandag baie maniere om mense te help beskikbaar gestel. As die geloof van 'n persoon wat bid te klein is, of die persoon weet nie hoe om geloof toe te pas nie, kan die oplossing deur ander paaie geskied.

Die doelwit kan deur iemand anders se geloof bereik word: 'n ander persoon wat 'n sterk geloof het, bid vir hierdie persoon, of die geskenke van die Gees is doenig in 'n Christen, of God doen iets in sy soewereine kapasiteit.

En ons vind dit gekonfirmeer deur ons voorbeelde. As daar nie genoeg geloof in 'n persoon is nie, is dit geen rede vir Jesus om nie te help nie. Die feit dat iemand na Hom toe gekom het en die naam van die Here aangeroep het is voldoende. Dit is genoeg om hulp te ontvang, maar dit is nie genoeg om Hom tevrede te stel nie, want daar staan in Hebrers 11:6:

En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag.

In sy reaksie maak Jesus dit heel duidelik dat Hy nie tevrede is met die geloof van sekere mense nie.

Alle opgeneemde gesprekke in die Bybel tussen mens en God is belangrik vir ons, want hulle is kommunikasies met God. Om met God te kommunikeer is gebed. Hierdie voorbeelde in die Bybel leer ons dus hoe om te bid. Dit geld ook vir die voorbeelde genoem in Tabel 1: Jesus Meet Geloof.

Wanneer ons God vir iets vra, noem ons dit 'n gebed. Wanneer ons van God hoor, wanneer ons byvoorbeeld die Bybel - sy Woord - lees en ons die Heilige Gees uitnooi om sy Woord aan ons te ontbloot, dan laat ons God met ons praat. Dit behoort ook gebed genoem te word, want dit is deel van die kommunikasie tussen God en mens.

Partykeer wys hierdie voorbeelde van kommunikasies tussen God en mens ons hoe om nie te bid nie, want Jesus se reaksie wys dat dit 'n slegte gebed was. Party van hierdie voorbeelde kan gevind word in twee, drie of al vier die Evangelies. Dit moet belangrik wees vir God dat hy hierdie episodes herhaal; Hy wil vir ons iets vertel.

Laat ons nou Tabel 1 hersien en kyk na die verskillende gevalle. Die eerste persoon is die hoofman. Hy het groot geloof. Dit kan ons sien aan die aanbeveling wat hy van Jesus ontvang. Sy krag is dat hy nie net in Jesus se vermo glo nie, maar ook in sy Woord. En Jesus se woord is steeds met ons vandag. Ons kan nog steeds daarin glo vandag en ontvang soos die hoofman ontvang het. Die hoofman was 'n soldaat, en hy het alles geweet van gesag. Dit was sy besigheid om bevele te gee. Hy het amper alles bereik deur bloot te praat. Dit is waarom hy Jesus se Woord wou hoor. Dit was genoeg vir hom. Dadelik na Jesus die woorde van die hoofman gehoor het, kondig Hy die resultaat van sy meting aan: groot geloof.

Die kommunikasie tussen Jesus en die Kananese vrou is interessant. Op die eerste vraag het Jesus nie geantwoord nie; Hy het geen antwoord gegee nie. Een rede was dalk dat hierdie vrou die probleem gespreek het, en nie die oplossing nie. Nog 'n rede kon gewees het dat Hy haar wou uitlok om die oplossing by te voeg, want hierdie vrou het nie werklik ges wat sy wou h nie; sy het bloot 'n slegte verslag gebring: dat haar dogter erg van die duiwel besete is. Die dissipels het toe vir Jesus ingestaan en Jesus het ges: "Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel."

Ook hierdie woorde van Jesus was moontlik bedoel om uitlokkend te wees. Hy wou 'n meer positiewe benadering van die vrou h. Maar Hy was nie suksesvol nie. Die vrou het gekom en voor Hom gekniel. "Here, help my!" het sy ges. Sy het net om hulp gevra, maar het steeds nie haar geloofsdoelwit bely nie.

Hy het geantwoord: "Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie." Hierdie sin is werklik uitlokkend, en nie net dit nie. Vir ons ore vandag klink dit meer soos 'n belediging. Reeds in sy eerste antwoord, het Jesus aangedui dat sy 'n nie-Jood is en nie werklik aanvaarbaar is nie. Die tweede antwoord is egter 'n ware uitdaging. En Jesus is suksesvol. Sy s: "Ja Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval." Hierdie vrou bevestig haar geloof in God, 'n God wat groot genoeg is om nie net vir Israeliete op te tree nie. En hierin is sy reg, want die hoofman het ook ontvang en hy was nie 'n Jood nie.

Belangriker is dat die natuurlike nakomelingskap van Abraham nie beslissend is nie, maar spiritueel. 'n Persoon moet in die Here glo soos Abraham, en Hy krediteer dit as regverdigheid.

Hierdie vrou vergelyk die val van die krummels van die meester se tafel met die val van die sen op haar familie, en die hondjies wat die krummels eet, met die genesing van haar dogter. Sy roep dinge wat nie bestaan nie asof hulle bestaan. Sy is dapper en vol selfvertroue, en Jesus s vir haar: "o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil h." En haar dogter was van daardie selfde uur af gesond.

Wanneer ons vandag na ons Vader gaan in gebed, moet ons dit ook doen met selfvertroue, want Hebrers 10:19 s vir ons so:

Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus.

Wanneer ons vir mense bid in 'n raadgewende situasie, behoort ons hulle iets positiefs verbatim te maak s om die gebed te versterk; om dit 'n saamstemmende gebed te maak. In Matths 18:19 s Jesus:

Weer s Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.

Die Kananese vrou praat van krummels en dit herinner ons aan mosterdsade; hulle is albei omtrent ewe groot; hulle is klein. In Matths 17:20 en Lukas 17:6, s Jesus dat ons geloof net so klein soos 'n mosterdsaad moet wees vir ons om groot dinge te bereik. Dalk word haar geloof groot genoem omdat sy staatmaak op God se almagtigheid. Sy dink dat dit vir Jesus geen probleem sal wees om haar dogter wat van die duiwels besete is, te genees nie. Die voer van die hondjies is die byproduk van die voer van die kinders, op die selfde manier wat die genesing van 'n nie-Jood 'n byproduk is van die Woord van die Verlosser. Sy reken dat dit 'n klein dingetjie is vir Jesus om te doen. Dit noem Jesus 'n groot geloof.

Vir albei hierdie mense - die Kananese vrou en die hoofman - is die deurslaggewende ding dat Jesus sy Woord spreek. Sy woord is genoeg. Jesus noem dit groot geloof wanneer ons op sy Woord staatmaak - wanneer ons glo sonder om 'n punt van aanraking te gebruik. Die Woord van God is aanrakingspunt genoeg.

Maar indien ons 'n aanrakingspunt gebruik, is dit heeltemal reg. Voorbeelde van 'n aanrakingspunt is:

Ons vra 'n ander Christen om hande op ons te l.
Ons raak aan 'n ander Christen.
Ons vra 'n ander Christen om ons met olie te smeer.
Ons dien 'n ander Christen.
Ons volg 'n ander Christen se instruksies.
Ons laat die skaduwee van 'n ander Christen oor ons val.

Die vrou wat aan bloedvloeiing gely het vir twaalf jaar was genees deur haar eie geloof - haar geloof in Jesus se vermons. Die resep vir sukses was dat sy haar doelstelling uitgespreek het - sy het haar doel van geloof bely - sy het ges: "As ek maar net sy kleed kan aanraak, sal ek gesond word." En sy het daad by haar geloof gevoeg, sy het Jesus gaan vind, sy het voorentoe gedruk en sy het sy kleed aangeraak en sy was genees. Sy het ontvang wat sy ges het - wat sy bely het. Jesus het na haar geluister, haar verslag het vir Hom die vlak van haar geloof openbaar. Hy het geweet dat haar geloof die genesing veroorsaak het. Die aanraking van die kleed was haar aanrakingspunt.

Die sondige vrou het na Jesus gekom met 'n albaste fles met salf en haar liefde vir Jesus gewys. Sy het sy voete gewas met haar trane, hulle afgevee met haar hare, hulle gesoen en salf oor hulle gegooi. Haar doelstelling was die vergifnis van haar sondes. Sy het twee dinge gedoen; sy het na Jesus toe gekom en praktiese liefde gewys in haar gee en dien.

Jesus het aan hierdie vrou ges dat haar geloof haar gered het. Hy het haar geloof gemeet nie aan die hand van haar woorde nie, maar aan die hand van wat sy gedoen het. Haar dade was die aanrakingspunt.

Om 'n Christen te word (om gered te word, om jou sondes vergewe te word, om die ewige lewe te ontvang) is die belangrikste gebeurtenis in 'n persoon se lewe. Dit is die resultaat van persoonlike geloof. Die Bybel s weer en weer dat ons regverdig gemaak word deur geloof, deurdat ons oor 'n regverdigheid beskik wat nie ons eie is nie, maar wat is deur geloof in Christus - die regverdigheid wat kom van God en deur geloof is; ons maak nie ons vrede met God deur na ons goeie werke te verwys nie, of deur hoop nie. Dit word uitgedruk in Efsirs 2:8-9:

Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

In Galsirs 5:6 vind ons 'n amper volmaakte beskrywing van die sondige vrou:

Want in Christus Jesus het nog die besnydenis nog die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.

Die praktiese liefde wat hierdie vrou gegee het, het die standaard vir Jesus se meting gestel.

Jarus het sy geloofsdoelwit gehad en sy rede vir optrede is die moeite werd om na op te let. Sy gebed, waarmee hy na Jesus toe gekom het, is 'n goeie voorbeeld. Hy het sy probleem kortweg verduidelik en daarna 'n duidelike oplossing geformuleer:

My dogtertjie is op haar uiterste; kom l haar die hande op, sodat sy gesond kan word, en sy sal lewe. (Markus 5:23)

Sy aanrakingspunt was die opl van hande; sy oplossing was die lewe en gesondheid van sy dogtertjie. Hy het nie hiervan afgewyk nie, selfs toe hy gehoor het dat sy dogtertjie dood is nie. By hierdie kritiese oomblik van beproewing het hy die woordeskat van stilte beoefen. Deur dit te doen, was hy gehoorsaam aan wat Jesus in Markus 5:36 ges het:

Moenie vrees nie; glo net.

Ook Jarus - soos Jesus - het nie van die geloofsdoelwit afgewyk nie. Die vermo om niks in 'n stressituasie te s nie, om jou vrede te hou, is seker een van die beste eienskappe van 'n gelowige persoon. Dit is altyd die beste om God se woord te bely, maar in 'n situasie soos hierdie een, veral wanneer die regte woorde nie kom nie, is dit goed om niks te s nie, want 'n negatiewe stelling sou die geloofsdoelwit verraai en negeer. Die manier wat Jarus gepraat - gebid - het het gewys dat hy geloof gehad het. Toe die nuus van die dogtertjie se dood aangekom het, het Jesus hom aangespoor om sy geloof te behou en het dit daarom bevestig.

Jesus het 'n opdrag gegee aan die tien melaatses: "Gaan vertoon julle aan die priesters." Die aksie van gaan was hulle aanrakingspunt. Hulle het Jesus se bevel gevolg en was genees. Dit is opgeneem in Lukas 17:14:

En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword.

Hulle het aksie aan hulle geloof toegevoeg. Hulle het nie na die priester gegaan omdat hulle gesond was nie, maar omdat hulle Jesus gehoorsaam het. Hulle genesing het gekom slegs nadat hulle begin gaan het. As hulle nie na Jesus geluister het nie en daar gebly het en vir hulle genesing gewag het, sou hulle dit moontlik nie ontvang het nie. Nege melaatses mog hulle genesing betwyfel het, hulle mog - onderwyl hulle op pad na die priester toe was - die heeltyd gekyk het of hulle nog steeds genees is. Maar een melaatse was heeltemal oortuig daarvan dat hy genees is, en hy was vol dankbaarheid. Hy het teruggekom, en God in 'n luide stem geprys. Hy het homself aan Jesus se voete gegooi en hom bedank - en hy was 'n Samaritaan. Sy optrede het vir Jesus sy geloof gewys, en Jesus het vir hom ges dat dit sy eie geloof was wat hom gered het.

Bartims se aanrakingspunt was eenvoudig dat hy na Jesus toe uitgeroep het, dat hy die naam van die Here geroep het. Sy optrede was die van 'n gelowige. Toe hy die skare hoor verbygaan, het hy gevra wat aangaan. Hulle het vir hom ges: "Jesus die Nasarener gaan verby." Die betekenis hiervan was vir hom duidelik. Hy mog selfs vir hierdie geleentheid gewag het. Sy geloofsdoelwit was bevestig. Hy het uitgeroep: "Seun van Dawid, Jesus, wees my barmhartig!" Hy het die Verlosser geroep, hy het Jesus as God bely. Maar daar was baie godsdienstige mense in die skare wat saam met Jesus geloop het. Hulle wou nie 'n geraas in hulle kerkdiens h nie. Vir hulle was dit belangriker om orde en 'n verfynde styl te h as om iemand te dien wat hulp soek. Hulle het Bartims bestraf, dat hy moet stilbly.

Maar Bartims het nie van sy geloofsdoelwit af wegbeweeg nie. Hy was nie aangeraak deur die mense wat betrokke wou raak by sy verhouding met God nie. Hy het hulle geignoreer. Hy het al harder uitgeroep: "Seun van Dawid, wees my barmhartig!" Jesus het gestop en hom geroep. En toe het Jesus iets gedoen wat dikwels misgekyk word. Hy het 'n vraag gestel:

Wat wil jy h moet Ek vir jou doen? (Markus 10:51 en Lukas 18:41)

Die doel van hierdie vraag was om Bartims te kry om 'n positiewe stelling te maak sodat Jesus sy geloof kan gebruik. Dit is moeilik om so 'n vraag te beantwoord deur die probleem te stel. 'n Antwoord "Ek is blind" sou nie van toepassing gewees het nie. So 'n antwoord sou sinneloos wees, want dit was klaarblyklik dat hy blind was. Dit sou Hom probeer simpatiek maak het, maar wat is die nut van simpatie? As 'n siek persoon simpatie soek, mag dit wees dat die siekte nie so onwelkom is nie.

Mense wat vra soos Jesus gevra het, is gelowige mense. Hulle wil mense aanspoor om positiewe stellings te maak. Iemand wat nie bewus was van die geloofsbeginsel nie, mog gevra het:

Wat is verkeerd met jou? Wat is jou probleem?

Die regte antwoord op so 'n vraag is om die probleem te stel, en nie die oplossing nie. So 'n verkeerde vraag sluit vir alle praktiese redes die samewerking van die geloof van daardie persoon met die petisie uit. Die sukses maak staat op die geloof van die persoon wat so 'n vraag stel. Dit mag een van die redes wees waarom so baie nie hulle genesing ontvang nie.

Ook in ons daaglikse lewens moet ons nie vrae stel wat mense aanmoedig om hulle probleme te bely nie. Somtyds klink sulke vrae dom. Wat, byvoorbeeld, is die doel daarvan om aan 'n persoon met 'n lopende neus en 'n hoes te vra: "Het jy 'n verkoue?" Ons gelowiges behoort nie sulke dinge te doen nie.

Ook die ander voorbeelde van die Bybel wys dat Jesus sy vra intelligent formuleer. Van Bartims het Hy die antwoord van 'n gelowige ontvang; die antwoord was die oplossing: "Rabboni, dat ek mag sien." Hierdie woorde van Bartims het Jesus in staat gestel om sy geloof te meet, en Hy vertel hom dat hy geloof het: "Gaan, jou geloof het jou gered." Dit was sy geloof wat hom sy sig gegee het.

 

4.3. Gebedfoute

Die vorige voorbeeld het ons gewys hoe mense met geloof kry wat hulle nodig het. Hierdie verslae is leersaam en stimuleer ons geloof. Nou wil ons egter na belangriker voorbeelde kyk, omdat dit dikwels makliker is om van negatiewe gevalle te leer.

Mense wat hulle bekommer vertrou God nie. 'n Persoon wat in God glo, ken Hom en volg Hom; weet dat God alles wat ons nodig het, gee. As ons die Bybel ken, weet ons dat dit weer en weer praat van God se vermo en gewilligheid om alles vir sy kinders te doen. Hy sal ons nie in die steek laat nie. Dit klink eenvoudig, en ons mag jammer voel vir mense wat hulle bekommer. Maar as ons eerlik is, erken ons dat bekommernis 'n algemene probleem is en dat ons self daarmee sukkel. Die probleem begin met 'n gedagte en word ernstig wanneer ons dit begin uitspreek en dit glo. Stellinge soos "Sal ons kinders God volg?" en "Wat sal gebeur wanneer ek oud is?" is net voorbeelde. Baie gebiede kan vol bekommernisse wees. Wanneer ons ons bekommer oor dinge, vergeet ons God en sy krag. Ons dink aan die duiwel se dinge.

Ons kan nie bekommerde gedagtes uit ons koppe uithou nie. Maar ons kan hulle nie daar huisves nie. Ons moet hulle verwerp en vervang met denke oor God se werk. Ons moet nooit gedagtes van bekommernis uitspreek nie. Wanneer die gedagte van bekommernis by ons opkom, antwoord ons dit met die Woord van God - uitgespreek met die mond - en s byvoorbeeld: "my God sal elke behoefte vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus." (Filippense 4:19) Om ons te bekommer is 'n sonde, want dit wys dat ons God nie vertrou nie en om God nie te vertrou nie is om nie in Hom te glo nie. Romeine 14:23 s dat alles wat nie uit die geloof kom nie, sonde is.

Petrus was seker altyd 'n sterk mens in die geloof, maar net nadat hy die leer van Jesus ontvang het, het hy 'n suksesvolle gelowige geword. Toe Petrus op die water geloop het was hy baie suksesvol, want waar anders vind ons sulke vermons? Maar Petrus het gestruikel as gevolg van sy min kennis en ondervinding van besonderhede. Hy was ingedoen deur die taktiese maneuvers van die duiwel. Toe Petrus op die water geloop het, soos Jesus, het die duiwel voorgestel dat hy na die wind moet kyk. Daar is niks daarmee verkeerd om na die wind te kyk nie - om met ons o na die fisiese wreld te kyk nie - maar ons geestelike o moet op ons geestesdoelwit bly. Petrus was beindruk deur hierdie wind. So baie, dat hy Jesus se uitnodiging - "kom" - vergeet het. Hy het sy geestelike o van God se woord, "kom", afgeneem en hulle gevestig op wat hy gesien het. Hy het vergeet dat hy, as 'n gelowige, in die geestelike ryk geloop het. Hy het die tweede rel van 2 Korinthirs 5:7 vergeet:

Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.

Hy moes 'n goeie belydenis gemaak het. Hy moes vir Jesus ges het: "Ek kom." Met hierdie woorde sou hy Jesus se eie woorde gespreek het. Hy sou - met sy eie mond - God se woorde gespreek het, en die engele wat hom gedra het sou voortgegaan het, want engele gehoorsaam God se woord wanneer ons dit spreek. Psalm 103:20 s:

Loof die Here, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!

Sy antwoord op die gedagte wat die duiwel in sy verstand gesit het, moes gewees het: "Ek kom, God," en hy sou oorwin het. Petrus het die fout gemaak om hierdie gedagte van die duiwel op te neem en aanhou daaraan te dink. Hy het dit aanvaar en beangs geword. Vrees is die teenoorgestelde van geloof in God se krag. Dit is geloof in die duiwel se wens om te vernietig, om dood te maak en om te steel. Die grootste fout was dat hy sy vrees in woorde uitgedruk het. Hy het uitgeroep: "Here, red my!" Selfs voordat hy uitgeroep het, het die versekering agter sy tre verdwyn en vrees het hom maak weifel. Die engele het sy vrees raakgesien, opgegee, en Petrus het begin sink. As Petrus op hierdie oomblik aan homself God se woorde: "ek kom," bely het, sou die engele hom verder gedra het. Petrus het 'n fout gemaak, maar sodoende het hy ook iets baie positiefs gedoen. Hy het die naam van die Here geroep: "Here, red my," en hierdie uitroep is een wat God graag antwoord. Ons vermo om iets deur geloof te bereik is altyd heeltemal afhanklik van God.

Dadelik nadat Jesus Petrus gered het, het Hy ges: "Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?" Jesus het Petrus se geloof gemeet aan sy "Here, red my!" want dit het sy twyfel blootgel, sy vrees; dit het gewys dat hy sy geloofsdoelwit laat vaar het. Hy het geswaai van geloof na ongeloof, van God se woord - "kom" - na vrees toe. Jesus noem hierdie twyfel "kleingelowigheid". Petrus se woorde is die subjek van Jesus se meting.

Ons vind ons volgende voorbeeld in Matths 16:5-12: die dissipels het vergeet om brood te neem. 'n Misverstand, of dalk beter, 'n tekort aan verstaning het die dissipels daartoe gelei om oor die brood bekommerd te wees. Hulle het ges: "Dit is omdat ons geen brode saamgeneem het nie." Jesus antwoord hulle: "kleingelowiges," want net voor hierdie insident het Hy nie net die dissipels gevoer nie, maar vier duisend mense. Hy het groot wonderwerke uitgevoer, en 'n paar uur later was sy naaste kollegas bekommerd oor die voorsiening van 'n paar. Van hierdie storie behoort ons te leer dat ons nooit die wonderwerke wat ons beleef het en van gehoor het, moet vergeet nie. Om van wonderwerke te dink is altyd goed vir ons geloof. Jesus vra ook vir ons vandag: "Begryp julle nog nie?" Onthou julle nie die wonderwerke nie?

Nou wil ons kyk na die storie waar Jesus die storm kalmeer het. Voor die reis, het Jesus vir die dissipels ges: "Laat ons oorvaar na die ander kant." Dit was net om almal te laat verstaan wat aangaan. Maar dit was ook 'n woord van God, want Jesus het dit gespreek, en daarom sou dit gebeur, niks kon dit keer nie. Die dissipels moes eenvoudig op hierdie woord staatgemaak het toe hulle in die moeilikheid beland. Op hierdie reis het ons weer die probleem van vrees en Jesus se opmerking dat vrees 'n tekort van geloof is. Ons hoor Jesus met die branders praat. Hy praat met dinge. Hy het gesag oor dinge en natuurkragte. Die stelling van die dissipels: "Gee U nie om dat ons vergaan nie?" (Matths 8:25, Markus 4:38, Lukas 8:24) is duidelike bewys van hulle ongeloof. Dit is 'n slegte belydenis, hulle bely die probleem, of, selfs erger, hulle voorspel 'n probleem. Eintlik moes die dissipels met die branders gepraat het en hulle gesag benuttig het.

Ons tweede laaste voorbeeld in Tabel 1: Jesus Meet Geloof het te doen met die ongelowige Thomas. Hy het nie die goeie nuus, die Evangelie, die woord van God, die preke van die dissipels, dat Jesus opgestaan het uit die dode, geglo nie. Hy het nie in die wederopstanding geglo nie. Hy was nie op hierdie geloofsvlak nie. Hy het nie hierdie evangeliste geglo nie. Hy het net geglo wat hy met sy eie vyf sintuie kon waarneem. Slegs nadat hy Jesus gesien het en Hom aangeraak het, het hy geglo. Dit is 'n lae vlak van geloof, maar steeds beter as om jou eie sintuie nie te glo nie. In Johannes 20:27-29 s Jesus:

Moenie ongelowig wees nie, maar gelowig. Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.

Ons laaste voorbeeld is die mense wat nie geglo het wat hulle gesien het nie. Hulle word beskryf in Markus 6:1-6. Jesus het hulle aanstoot gegee en hulle het hom verwerp. Hulle houding het gemaak dat hulle die persepsie van hulle eie sintuie verwerp het. Jesus het hulle 'geloof' gemeet en dit gedefinieer as geen geloof nie. Hulle jaloesie het gemaak dat hulle hulle eie sintuiglike waarneminge verwerp. Die Bybel noem dit blindheid.

 

4.4. Matths 17

Die storie in Tabel 1: Jesus Meet Geloof wat ons goed wil bestudeer, kan in die sewentiende hoofstuk van Matths gevind word. Om dinge te vergemaklik, sal ons dit Matths 17 noem, die storie van die vader wie se seun maansiek was.

Aan die begin van Matths 17 word ons vertel dat Jesus drie dissipels saam met Hom geneem het en hulle by 'n ho berg op gelei het. Dit is die eerste verslag van die verheerliking en die drie dissipels is Petrus, Jakobus en Johannes. Hierdie is dieselfde drie wat Jesus saam met Hom geneem het toe Hy Jarus se dogtertjie uit die dode uit laat opstaan het. Jesus wou mense om Hom h wat sterk is in geloof. Dieselfde drie het Jesus saam met Hom gevat in die Tuin van Getsemane. Hulle was die laaste drie dissipels saam met Hom.

Toe Jesus en sy drie dissipels terugkeer van die berg van sy verheerliking af, ontmoet hulle 'n skare. 'n Man kom nader aan Jesus en kniel voor Hom en s:

Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly swaar; want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water. En ek het hom na u dissipels gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie. (Matths 17:15-16)

Die vader gee hier vir ons sekere inligting. 'n Gebedsbyeenkoms het reeds plaasgevind. Die deelnemers was twee groepe: die een was die vader met sy seun, en die ander die dissipels. Die begin van Matths 17 wys dat Petrus, Jakobus en Johannes nie deel was van hierdie tweede groep nie, want hulle was saam met Jesus. Die tweede groep was dus die res van die dissipels, laat ons s die nege ander. As die eerste gebedsbyeenkoms suksesvol sou wees, sou die vader vir die dissipels sy geloofsdoelstelling - die genesing van sy seun - vertel het, en sou dan met die nege saamgestem het - in gebed - en sou geglo het dat hy die antwoord ontvang het en dat dit syne sou wees (Markus 11:24). En na die gebed sou hy die antwoord bely het - die oplossing.

Maar die vader het dit nie gedoen nie. Ons weet dit - en Jesus het dit geweet - van sy woorde. Hy het steeds die probleem uitgespreek, die maansiekte, die lyding, die val in vuur en water. Hy het van alles wat verkeerd was, gepraat, al hierdie probleme het steeds vir hom bestaan. Hy het selfs van die onvermo van die dissipels gepraat. Hy het nie eers geglo dat die mense wat hy vir gebed gevra het, iets vir hom kon doen nie.

Sy hele toespraak was 'n testament van sy ongeloof en Jesus het dit duidelik raakgesien en ges:

o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra?

Jesus se woorde volg dadelik na die woorde van die vader. Die woorde van die vader was die basis van Jesus se geloofsmeting. En Jesus het die resultaat van die meting, asook sy mishae, in duidelike woorde uitgedruk. Vir Hom is ongeloof sonde en stel dit God nie tevrede nie. Die vader het met woorde gesondig.

Nou wil ons versigtig kyk na hierdie omstandighede. Hoekom het Jesus van ongeloof gepraat?

Daar is twee redes waarom Jesus van ongeloof kon gepraat het. Eerstens kon Hy sy oordeel daarop gebaseer het dat die seun nie genees was nie. Tweedens kon Hy sy oordeel daarop gebaseer het dat die vader nog ongelowig gepraat het. Jesus het sy oordeel daarop gebaseer dat die vader ongelowig gepraat het.

Ons wil verduidelik waarom.

Jesus het na die woorde van die vader geluister en hulle ontleed. Hy het ongeloof gevind. Ons meet geloof deur na woorde te luister. Ons meet nie geloof deur na die situasie te kyk nie.

Ons kyk na die situasie en sien dat die seun nog nie genees is nie. Dit is 'n feit. Maar hierdie feit kan nie gebruik word om die geloof van die vader mee te evalueer nie. Waarom? Want ons kan nooit s wanneer die manifestasie sal plaasvind nie.

God vertel ons gewoonlik nie wanneer Hy die antwoord gaan gee nie. Die durasie van hierdie tyd is onbekend. Nadat ons gebid het, moet ons wag vir die manifestasie. Ons weet nie wanneer die antwoord gaan kom nie. Dit mag dadelik gebeur. Dit mag nie. Dit mag tyd neem.

Hoekom is dit so? Die hele rede waarom ons op aarde is, is om God te soek. En wanneer ons Hom gevind het, moet ons leer. Ons moet groei in die kennis van God. Ons moet Jesus naboots. Die doelwit is om volmaak te wees, om soos Jesus te word.

Die doel van hierdie opleiding is om God meer en meer te vertrou. Hoe meer ons God vertrou, hoe sekerder is ons dat God ons gebede sal beantwoord. Ons is heeltemal ontspanne. Dit maak nie saak hoe lank dit vat nie. Ons weet die antwoord sal kom. God se woord kan nie faal nie. Ons weet dat ons met ons monde vrugte dra. Ons het die woord gespreek. Dit sal nie na die grond toe val nie. Dit is die posisie van 'n volwasse Christen.

Maar ons wil nog steeds hierdie stadium beryk. Ons is nog nie daar nie. Dus sal daar gevalle wees waar God ons eers die volgende dag, of slegs ure nadat ons gebid het, of reg na ons gebid het, 'n antwoord sal gee. God weet wat ons nodig het. Ons mog daaraan gewoond moet raak dat God op die troon is. En elke dag word 'n paar gebede beantwoord.

Daar mag 'n tyd kom wanneer die stadium van ons groei van ons verg dat ons geduldig word. Antwoorde op ons gebede kom nie meer so gou nie. Ons word getoets. Waar is ons uithouvermo? Ons moet leer om God te vertrou, onafhanklik van die plek of die tyd. Ons moet leer om te praat, om op te hou om negatiewe belydenisse te maak. God stel antwoorde uit.

Daar mag 'n tyd kom wanneer ons moet leer dat ons nie alles met ons eie krag kan doen nie. Ons moet leer dat dit net met die hulp van die Heilige Gees is wat ons ons tong kan beheer. Net met God se hulp kan ons sonde oorkom. God self heilig ons (1 Thessalonicense 5:23), ons kan dit nie vir onsself doen nie. Ek mag bid om sonde te oorkom; dalk om woede te oorkom, en dit met my eie krag probeer doen. Ek sal nie suksesvol wees nie, want ek vra God nie om die werk in my te doen nie. My slagspreuk moet word: laat God.

Ons is hier om opgelei te word. Om gebede beantwoord te kry is 'n aansporing. Die doelwit is dat ons heersers moet word, dat ons met gesag heers, met afgevaardigde gesag van God.

Ons tree in die geestelike ryk op. Ons loop in geloof en nie in sig nie. Ons vestig ons o op die onsigbare. Dit beteken dat ons in die geestelike ryk wandel. Ons manier van optree is woorde. In Matths 17, spreek die vader woorde. Hierdie woorde is ons riglyn. Ons luister na hulle en evalueer die vader se geloof.

Ons tree nie in die fisiese ryk op nie. Ons loop nie in sig nie. Ons vestig nie ons o op wat gesien kan word nie. Dit beteken dat ons nie in die fisiese ryk loop nie. Ons manier van optree is nie fisies nie. Ons gebruik nie fisiese feite as 'n maatstaf nie. Hierdie fisiese situasie is nie ons riglyn nie. Ons kyk nie na die siek seun en evalueer die vader se geloof nie.

Weer wil ons uitwys dat die wreldlike situasie bestaan. Dat die seun siek was, was 'n feit. Maar hierdie feit moet ons nie beinvloed om te praat van nie. Die fisiese feit is onderwerpe aan verandering. Ons praat nie daarvan nie. Ons loop nie in sig nie. Ons loop in geloof. Ons aksies is woorde. Ons praat wat ons wil h moet gebeur in die fisiese ryk, wat reeds bestaan in die geestelike ryk.

In Matths 17 het Jesus nie die ongeloof raakgesien omdat die seun siek was nie, maar omdat die vader ongelowige woorde gespreek het. Die vader het steeds die probleem gespreek. Die vader het in sig geloop. Hy het geloop in wat hy sien: 'n siek seun. Daar was geen genesing nie, en daarom het die vader nie geglo nie. En wat hy kon sien was wat hy geglo het, uitgemaak het. En om te glo wat ons kan sien, wa ons weet, is nie geloof nie. Dit is kennis. Daarom was daar geen geloof in die vader nie, net kennis. Kennis dat die seun siek was.

Die vader sou net glo dat sy seun genees was, as hy dit kon bevestig met sy sintuie. En dit is kennis. Dit het niks met geloof te make nie. Jesus noem dit "kleingelowig".

Nadat die vader gebid het, moes hy geglo het dat hy die genesing van sy seun ontvang het. Hy moes geglo het dat hy 'n gesonde seun het. En hy moes daarvolgens gepraat het. As hy so sou opgetree het, sou hy dit ontvang het. As hy in die teenswoordige tyd opgetree het asof hy 'n gesonde seun gehad het, sou hy - in die toekoms - 'n gesonde seun gehad het.

Die grammatika van Jesus se hoof-geloofsbeginsel is belangrik. Ons wil daarna kyk in besonderhede in Markus 11:24. Ons vat die manier van die saak stel van die Grieks-Engelse Nuwe Testament deur James Strong. Hierdie vertaling gee die tye presies weer:

Daarom s Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle ontvang, en julle sal dit verkry.

"Glo dat julle ontvang" is teenswoordige tyd en "julle sal dit verkry" is toekomstige tyd.

In die teenswoordige tyd glo ons dat ons ontvang - ons glo dat ons die antwoord ontvang. As ons dit doen, dan sal ons in die toekoms die manifestasie beleef.

Die manifestasie is die dinge wat ons sal verkry.

Ons stel ten sterkste voor dat u op Markus 11:24 mediteer. Hierdie skriflesing is die sleutel tot geloof. Dit moet met die verstand verstaan word. Dan kan dit op die lewe toegepas word - gebedslewe.

Ons wil nou die sleutel tot die verstaning van Matths 17 herhaal. Jesus tugtig die vader weens die vader se ongeloof. Die feit dat die vader se seun nie genees is nie, is nie die rede waarom Jesus die vader beskuldig van ongeloof nie. Die rede is dat die vader se woorde hom verraai. Die vader se woorde van ongeloof wys en bewys aan Jesus dat hy nie glo nie.

Die vader het nie net met Jesus gepraat oor al sy probleme met sy seun nie, maar hy het ook vergeet om Jesus vir die oplossing te vra. Dus sien ons dat die eerste groep, die vader, nie in hierdie eerste gebedsontmoeting geglo het nie. Maar ook die tweede groep, die nege dissipels, was ongelowig. Dit word verraai deur hulle vraag in Matths 17:19, aan Jesus toe hulle alleen was:

Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?

Hierdie vraag het vir Jesus gewys - en wys vir ons - dat die nege dissipels ook nie geglo het nie, en Hy s dit ook vir hulle. Dadelik antwoord Hy:

Deur julle ongeloof. (Matths 17:20)

Met hulle vraag het die dissipels hulle ongeloof verraai. Wat moes hulle gedoen het? As hulle geglo het, sou hulle dit wat met die oplossing ooreengestem het, ges en bely het.

As ons vandag 'n demoon uitdryf, behoort ons nie beinvloed te word deur die gedrag van die persoon ter sprake nie. As hierdie persoon optree soos voorheen, moet ons nie daardeur beindruk wees nie. Ons het nie 'n verandering in die persoon se optrede nodig nie, ons geloof maak nie daarop staat nie. Ons glo doodeenvoudig dat die demoon weg is. Die duiwel werk met toertjies soos hierdie; hy reageer klaarblyklik glad nie. Hierdeur wil hy uitvind of ons werklik ernstig is; of ons werklik glo, glo in ons gesag. En welmenende Christene is net die mense wat hy wil sien; in hulle gretigheid om God se dinge te bespreek mag hulle allerhande vrae opbring en vra oor die uitdrywing van demone. Maar in so 'n situasie is daar net een ding om te doen, om die oplossing te bely en om andersins stil te bly.

Dit was moontlik die rede waarom Jesus net vir Petrus, Jakobus en Johannes saamgeneem het, hulle was gevorderder in hulle geloofsgroei.

Die Bybel skep die indruk dat wanneer Jesus 'n demoon uitgedryf het, dit altyd dadelik gehoorsaam het. En dit was seker regtig die geval. Waarom is dit dan dat wanneer ons Christene dit vir die eerste keer doen, daar geen sigbare reaksie is nie? Met Jesus het die duiwel uit ondervinding geweet dat Jesus glo, dat Hy regtig gemeen het wat Hy ges het. Maar met ons weet hy nie. Daarom toets hy ons reaksies om te sien of hy regtig moet uitgaan. Dalk sal ons 'n rukkie daarna 'n ongelowige woord uiter, dan weet die duiwel dat hy mag bly.

En dit is nie net die geval in 'n dramatiese verlossing nie, hy sal ook probeer bly wanneer ons hom net uit ons gedagtes probeer sit. Daarom is daar maar 'n klein verskil tussen ontslae raak van die duiwel in klein dinge en hom uitdryf uit 'n besete persoon. Hy toets ons geloof.

Ons het gesien dat twee groepe van die eerste gebedsontmoeting gefaal het omdat hulle albei nie geglo het nie. Ons gebede is daarom nie klaar wanneer ons amen ges het nie. Ons gebede aan God moet ooreenstem met ons algemene gesprekke.

Ons kan nie ons buurman of -vrou gesondbid en dan vir ons goeie Christenvriende vertel hoe siek hy/sy is nie. Die gevaarlikste gesprekke is seker die wat ons met ons nabye Christelike kennisse het, want dan kan ons "oop" wees en hulle "verstaan" ons en met hulle kan ons oor die Bybel se dinge gesels.

Gedurende ons sogenaamde stiltetyd mag ons selfs met God praat hieroor. En dan noem ons dit gebed. "Ek het al my probleme met God bespreek" of "Al my vrese kon ek net aan God toevertrou." Hannah (1 Samuel 1:15) het haar siel aan die Here uitgestort, en dit was die regte ding vir haar om in haar situasie te gedoen het, maar dit moet nie 'n punt bereik waar vrese bely word en ongelowige dinge ges word nie. Van verslae in die Bybel weet ons dat God - of Jesus in die Nuwe Testament - ontevrede met ons gebede kan wees. Om 'n probleem kortweg te omskryf is nie verkeerd nie, maar die oplossing behoort te volg. En wanneer ons weer oor die selfde ding bid, moet ons nie weer die probleem uitspreek nie; en dit geld vir bid vir God en met ander praat.

As ons nie die oplossing tot 'n probleem ken nie, moet ons daarvoor soek in die Bybel of God vra om dit vir ons uit te wys. Maar dit is verkeerd om net die probleem te uiter. God ken die probleem. Hy weet wat in die wreld gebeur en Hy weet wat in ons harte aangaan. Ons moet oorweeg wat ons vir God wil s.

In Matths 17 het ons twee sulke gevalle: die vader en die dissipels. Vier gebedsontmoetings het eintlik plaasgevind. Die eerste gebed was die gebed van die dissipels en die vader; dit was verkeerd. Die tweede was die vader s'n toe hy Jesus genader het, wat ook verkeerd was, maar Jesus het ten minste geweet wat aangaan. Die derde gebed was Jesus s'n, toe Hy die demoon uitgedryf het. Dit was reg en baie suksesvol. En die vierde gebed was die dissipels se vraag: "Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?" en dit was ook verkeerd. Hierdie verslag wys dat uit drie gebede wat deur 'ongelowiges' gebid is, drie verkeerd was en drie gemaak het dat Jesus hulle tugtig.

Die vierde gebed, die vraag van die dissipels, het hulle ongeloof gewys. Jesus het dit egter gebruik om iets belangriks te s, om 'n geloofsbeginsel te formuleer:

Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek s vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg s: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie. (Matths 17:20)

Hier praat Jesus van 'n klein geloof, 'n geloof so groot soos 'n mosterdsaad, werklik klein, en dit is genoeg, genoeg om berge te verskuif. Jesus s dat die grootte van geloof nie die belangrike ding is nie. In die volgende lyn vind ons dat die belangrike ding die uitspraak is. Ons uitsprake, veral na gebed, is deurslaggewend, veral as ons nie die teenoorgestelde s of die probleem uiter nie.

Daar is nog 'n aspek in Matths 17. Wanneer ons 'n demoon in die naam van Christus beveel om 'n persoon te verlaat en daar is geen reaksie nie - die gedrag van die persoon onder bespreking, bly onveranderd - moet ons standvastig wees en nie van die gesproke woord afdwaal nie, want dit mag wees dat hierdie gebed van ons beantwoord word op 'n manier wat ons nie verwag nie.

Terwyl ons die Here loof, inspireer die Heilige Gees 'n broer of suster om in die geskenke van die Gees te handel. Dit maak nie saak of ons, of die broer of suster dit doen nie. Die krag kom in ieder geval van God.

Ons kan ook s: "Hoekom kon ons dit nie uitdryf nie?" Maar met so 'n stelling sou ons ons eie geloof vernietig. Heel moontlik was die gawes van die Gees wat in die broer of suster gehandel het, deur ons gebed geaktiveer. Ons reaksie moet wees om dankbaar te wees, want God het ons gebed gehoor en die siek persoon is verlos en gesond.

In Matths 17 het iets dergeliks gebeur. Die dissipels en die vader het sonder klaarblyklike sukses gebid. Maar toe het Jesus gekom en die duiwel uitgedryf. Die oorspronklike gebed van die nege was dus beantwoord.

Alles het begin by die vader. Sy belydenis na die gebed was verkeerd, maar ons moet nie vergeet dat sy hoofaksie reg was nie. Deur die mense van God te nader, het hy die naam van die Here geroep.

God het baie maniere om in ons lewens te werk en as ons nie al hierdie geloofsbeginsels ken, verstaan en toepas nie, kan Hy steeds optree. Hy ken ons harte. En ons motivering en houding is meer belangrik as die tegniek van bid. Maar ons as Christene wil God tevrede stel en beter diensknegte word van Hom. Ons wil altyd strewe om meer soos ons God en Here Jesus Christus te word. Ons kan ons Here beter dien as ons in geloof optree en as ons geloof kan meet.

Wanneer ons 'n demoon uit 'n persoon uitgedryf het, behoort ons nie later vir 'n vriend te s: "Hierdie persoon is vol demone. Ek dryf hulle uit, maar hy neem hulle weer terug" nie. Hierdie lyende persoon is duidelik swak en veg nie geestelike gevegte nie. Ons moet verantwoordelik vir hierdie persoon voel, en is moontlik. Die terugkeer van die demone het iets te doen met ons negatiewe houding. Ons uitsprake wys dat ons geloof in ons gesag soos die dissipels s'n is: "Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?"

 

4.5. Ons Meet Geloof

Wanneer ons die geloof van 'n persoon meet, is die deur na sukses - om die persoon te help - oop. Van meer belang is dat ons ook ons eie geloof kan meet. As ons leer om na ons eie woorde te luister, sal ons dikwels onsself woorde hoor s wat nie met ons gebede en belydenisse saamstem nie. Hierdie waarnemings kan dan deur ons gebruik word om 'n einde te maak aan hierdie tekortkominge en om te leer om ons woorde en ons tong te beheer.

Om te glo beteken eenvoudig dat ons begin glo wanneer ons bid. Op die oomblik wat ons die gebed uitspreek, glo ons en onderhou ons hierdie geloof en gee dit nooit op nie.

Nou, tussen die punt in tyd van ons gebed en die oomblik wat ons 'n antwoord ontvang, moet ons ons geloof volhou. Die antwoord kom of na 'n kort tyd, of na 'n lang tyd. En gedurende hierdie tyd moet ons by ons geloof staan en geduld en uithouingsvermo toepas. Die Woord van God praat weer en weer oor hierdie goeie eienskappe.

Wanneer die antwoord op ons gebed kom, moet ons glo dat dit gebeur het omdat ons gebid het. Wanneer in hierdie punt van tyd begin dink dat dit in ieder geval sou gebeur het, of ons nou gebid het of nie, is ons goed op pad na ongelowigheid toe, en staan ons in gevaar om alles te verloor wat ons tot dusver ontvang het. Ons moet dus glo dat die antwoord die resultaat van gebed is, en nie 'n ander oorsprong het nie.

Maar hiermee bereik ons nie 'n einde aan ons geloof nie. Nadat ons begin glo het, kan ons nie ophou nie. Ons moet aanhou glo dat ons ontvang het omdat ons gebid het. Dit is altyd goed om dinge te onthou en om mensself te herinner dat ons van God ontvang het deur gebed. Dit maak dit makliker om in toekomstige gevalle geloof te h. Die belangrikste rede is om nie God se geskenk te verloor nie. Selfs jare nadat ons van God ontvang het, en ons begin dit as selfvansprekend ervaar, kan ons dit deur ons ongeloof verloor.

As ons hierop napeins vra ons sekerlik vir onsself waaroor geloof alles handel. Wat doen ons wanneer ons glo? Wat moet ons voel? Hoe weet ek dat ek glo? Hoe weet ek dat ek steeds glo? Hoe weet ek of ek opgehou glo het? Ek het gebid en die antwoord het nie gekom nie, is dit omdat ek nie geglo het toe ek gebid het nie? Of is dit omdat ek op een of ander punt opgehou glo het? Is daar 'n duidelike manier om agter te kom of ek glo of nie? Die antwoord is: ja! Die woord van God wys vir ons dat praat en s met mekaar saamhang.

In Markus 11:23 maak Jesus dit duidelik dat daar 'n verbintenis is tussen s en glo. Jesus s dat wanneer ek vir hierdie berg s: "Hef jou op en werp jou in die see," en nie in jou hart twyfel dat dit sal gebeur nie, sal dit so wees. Ons moet dus glo en dan praat. Die praat is die uitdrukking van die geloof.

Ons druk ons Christelike geloof uit deur daarvan te praat. Ons praat met ander Christene en ongelowiges daaroor. Ons praat met hulle oor ons geloof. Ons bely dat ons Christene is. Ons getuig ons geloof.

Dit is dieselfde wanneer ons glo in 'n antwoord op ons gebed. Ons druk ons geloof uit deur die woorde wat uit ons monde kom. Ons getuig dat ons het waarvoor ons gebid het. Ons bely die oplossing. Ons s en vertel vir ander dat ons die oplossing ontvang het.

Dit is dieselfde wanneer ons vir ander s en vertel dat ons gered is. Ons s nie "ons gaan gered word" nie. Nee, ons s "ek is gered". Ons redding het plaasgevind in die verlede, en nou - vandag - is ons gered. Dit is nie iets wat in die toekoms sal gebeur nie.

Baie Christene het geen probleem met geloof wanneer hulle oor hulle redding praat nie, maar wanneer dit kom by ander dinge van God verkry, word hulle spraak krom. Hulle dink hulle vertel leuens wanneer hulle dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan.

Maar dit lyk asof hulle vergeet dat hulle redding iets is wat in die geestelike ryk gebeur het, iets wat niemand kan sien en bewys nie, want dit is 'n kwessie van geloof in God se woord. Die manifestasie sal eers plaasvind wanneer hulle lywe weer opstaan. Maar hulle s steeds dat hulle dit het, dat hulle hulle redding het. So hoekom benader hulle nie al die ander dinge wat hulle van God wil ontvang, op dieselfde manier nie?

Dit is 'n eenvoudige manier om uit te vind of iemand geloof of ongeloof uiter. Dit is ongelowig wanneer hy/sy oor die toekoms praat. Wanneer 'n Christen s: "ek word gered" of "ek word genees", dan weet ons dat hy/sy nie glo nie.

Maar wanneer hy/sy s "ek is gered" of "ek is genees", dan weet ons dat ons 'n gelowige aanhoor.

Dit lyk na 'n klein verskil. Maar dit is die verskil tussen lewe en dood, want die tong het krag oor die lewe en die dood.

Dit is ongelowig wanneer hy/sy oor die toekoms praat en s: "ek sal genees word". Dit is nog meer ongelowig wanneer hy/sy s: "ek is siek". Dit is makliker om ongeloof in so 'n slegte belydenis raak te sien, want hy/sy bely duidelik die probleem en nie die antwoord nie.

Hoe weet ek of ek glo, of steeds glo, of of ek nie meer glo nie? Die antwoord is: ek hou my mond dop. Ek luister na my eie woorde. Die glo vind in my hart plaas, dit is my gees, dit is my werklike persoonlikheid. My gees glo en ek druk my geloof uit deur gesprek. Wanneer ek na my woorde luister, wanneer ek wat ek s analiseer, wanneer ek my belydenis onder die oog hou, dan weet ek wat ek glo.

Wanneer ek self altyd bely dat ek ontvang het wat ek voor gebid het, dan weet ek dat ek glo. Wanneer ek begin bely dat ek dit nie het nie, dan weet ek dat ek nie glo nie. Ook wanneer ek myself hoor s dat ek dit nog nie ontvang het nie, weet ek dat ek nie glo nie. Nie net weet ek dat ek opgehou glo het nie, maar dat ek moontlik van die begin af nie geglo het nie.

'n Gebed is dus 'n belangrike ding. Ons moet nie 'n gebed ligtelik opneem en daarvan vergeet na 'n paar dae of selfs 'n paar ure nie. Ons moes die aard van die probleem duidelik herken het. Ons moes gedink het oor die koers wat ons gebed moet inneem, wat die oplossing is wat ons wil h en wat se teksvers ons ons gebed op baseer. Hierdie voorbereidingswerk sal ons help om ons gebed en ons geloofsdoelwit te onthou. Wanneer ons praat het ons 'n belofte gemaak, die besluit is gemaak en ons moet ons belofte hou en by ons besluit hou. Terwyl ons onsself vir gebed voorberei en terwyl ons bid moet ons ons voorneem om altyd in lyn met die oplossing te praat. Ons programmeer onsself om net die oplossing te bely nadat ons gebid het en om nooit die teenoorgestelde te bely nie.

Wanneer ons bid moet ons in ons harte glo, maar dit beteken nie dat ons ons verstand sluit nie; inteendeel, ons gebruik wat God vir ons gegee het. Wanneer ons op hierdie manier bid - met ons verstand - sal ons later 'n beter kans h om positiewe metinge te maak. Ons sal ook begin om die vermo om geloof te meet, te gebruik en ons geloofslewe sal suksesvoller word. Ons sal meet soos Jesus gemeet het, en ook ons eie geloof en die van ander meet. En hiervan sal ons leer.

Wanneer ons die geloof van 'n persoon meet, moet ons oorweeg dat tussen die gebed en die werklike gebeurtenis van die manifestasie, 'n spasie tyd ingevoeg kan word. Ons kan nooit s: hierdie persoon het gebid en niks het gebeur nie, daarom glo hierdie persoon nie, nie. In Sy skattinge van geloof het Jesus nooit verwys na wat Hy sien nie. Hy het nie die teenswoordige situasie 'n maatstaf vir sy metinge gemaak nie. Hy het die hart gemeet, want daar vind geloof plaas. En wat in die hart is het Hy gemeet deur na woorde te luister. Matths 12:34 s:

Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.

Wanneer ons dus iemand hoor bid en daarna lyk dit asof niks gebeur nie - die beoogte resultaat is nie sigbaar nie - het ons geen rede om te s dat die persoon nie glo nie. Slegs wanneer ons hierdie persoon 'n ongelowige stelling hoor maak, kan ons 'n tekort aan geloof hiervan aflei. Maar as hierdie persoon nie so 'n negatiewe stelling maak nie, moet ons aanneem dat die gebed in geloof gemaak is en dat ons eintlik ons geloof daaraan moet toevoeg en saam met hierdie mens moet glo en die oplossing bely.

 

Volgende teks: 5. Vlakke van Geloof

 

Home     Titels     Gemeng
Home > Titels > Hoe Om Geloof Te Meet > 4. Geloof Kan Gemeet Word
3.     4.     5.
^ Begin