Hoe Om Geloof Te Meet

Frank L. Preuss

 

Home     Titels     Gemeng
Home > Titels > Hoe Om Geloof Te Meet > 3. Geloofsprinsiepe Uit Jesus se Mond
2.     3.     4.
End

 

3. Geloofsprinsiepe Uit Jesus se Mond

3.1 Alles is Moontlik
3.2 Markus 11:23
3.3 Mik na 'n Geloofsdoelwit
3.4 Wat is die Waarheid?

 

Om mee te begin, wil ons weer kyk na Hebrers 12:1-2:

En met volharding die wedloop loop wat voor ons l, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

Jesus het vir homself 'n geloofsdoel gestel: sy doel was om aan die regterkant van sy Vader te sit. Hierdie doel van sy geloof word hier ook genoem die vreugde wat Hom voorgehou is. Ons geloofsdoelstelling is altyd iets positiefs; dit is die antwoord op ons probleem; dit is 'n vreugdevolle gebeurtenis. Voor ons hierdie doel bereik, moet ons eers 'n sekere afstand reis, en dit met geduld doen.

Ons o moet op ons doel gevestig wees, en ons moet God dank vir die oplossing wat Hy ons gee. Ons moet glo in die oplossing; dit is ons doelstelling. Wat ons ondervind en sien onderwyl ons reis is van minder belang, omdat ons glo in ons doel.

Jesus se reis na die regterkant van God, wat gelei het deur die kruis, is ons voorbeeld. Maar die belangrikste ding is die persoon Jesus self. Hierdie persoon, Jesus, is altyd ons hoofdoel in die lewe; ander doelstellings is belangrik maar sekondr.

Geloof is die medium wat ons na ons doelstelling toe bring. En hierdie geloof ontvang ons van Jesus; Hy volmaak dit ook. Jesus is die outeur en volmaker van ons geloof. As ons vrae aangaande geloof het, behoort ons na Jesus toe te gaan. Hy is die enigste gesag op hierdie gebied. Baie verslae van ontmoetings tussen Jesus en ander mense gee ons insigte in die praktiese toepassings van geloof.

Die beste manier om hierdie rels te leer is om hierdie verslagte te lees en om te probeer om teorie en praktyk te verbind. 'n Geselskap tussen 'n persoon en Jesus, waar die woord 'geloof' in voorkom, moet deeglik ondersoek word vir die onderleggende beginsel. Jesus het die beginsel van die Ou Testament gevolg; hy het baie voorbeelde genoem om te illustreer hoe om 'n suksesvolle lewe te lei. In ons party van hierdie voorbeelde oorweeg sodat ons iets oor geloof kan leer.

 

3.1. Alles is Moontlik

Jesus het sekere stellings gemaak wat met die eerste oogopslag bloot ongelooflik lyk. Aan die einde van Matths 17:20 s Jesus:

Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.

Hier praat Jesus oor ons; ons Christene, en Hy s dat ons dade en prestasies geen perke ken nie. Dit herinner ons aan feverhale, waar alles deur toorkuns behaal kan word. Maar daar is 'n verskil: alles sal net vir ons moontlik wees wanneer ons wil ooreenstem met die wil van ons Vader. En hierdie ooreenstemming voorveronderstel kennis van die Vader. Die kennis van die Vader begin met ons redding, en reeds aan die begin van ons wandeling met God kan ons in sy volmaakte wil wees. God kyk na ons in die lig wat ons uitstraal. Wanneer ons ernstig is oor ons wandeling, sal ons meer lig en meer kennis oor die Vader inwin.

Reeds in ons eerste paar dae as Christene kan ons ondervind dat niks vir ons onmoontlik is nie. Hoe dikwels kry ons nie mense wat onlangs Christene geword het nie, wat vir ons met groot vreugde en dankbaarheid vertel hoedat God al hulle gebede geantwoord het.

En dit is in ooreenstemming met die Bybel. Die vrou met die probleem met bloed het die eerste keer na Jesus gekom, en haar gebed was geantwoord; haar eie geloof het haar heel gemaak. Jesus s vir haar in Matths 9:22 en in Markus 5:34:

Jou geloof het jou gered.

Niks was vir haar onmoontlik nie.

In Markus 9:23 het ons 'n tweede asemrowende uitspraak van Jesus:

Alle dinge is moontlik vir die een wat glo.

Hierdie woorde is ook onbeperk. Ons geloof blyk die enigste beperking te wees. Dit klink asof iemand vir ons s dat ons soveel geld van 'n persoon kan neem as wat ons wil. Die bedrag en die relmatigheid waarmee ons daarvoor kan vra is onbeperk. Dit is net so met die potensiaal wat God vir ons voorhou om in sy koningkryk te werk.

Ons lees hierdie twee stellings van Jesus, maar ons kyk hulle mis; dit was te goed om waar te wees; dit was vir iemand anders bedoel, nie vir ons gewone Christene nie. Dit mog dalk vir Jesus gewees het, of dalk Paulus, of een van daardie uitsonderlike evangeliste van oorsee. Maar dit is vir ons, vir ons wat Jesus volg en wat in die Christelike geloof groei.

 

3.2. Markus 11:23

In die elfde hoofstuk van die Evangelie van Markus vind ons die storie van die vyeboom wat deur Jesus gevloek is. Die dag na Jesus en die dissipels gesien het dat die vyeboom verwelk het, het Petrus vir Jesus herinner aan die woorde wat Hy die vorige dag tot die vyeboom gespreek het. In Markus 11:22-25 vind ons Jesus se antwoord:

Julle moet geloof in God h. Want, voorwaar Ek s vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg s: Hef jou op en werp jou in die see - en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy s, sal gebeur - hy sal verkry net wat hy s. Daarom s Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry. En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.

Hierdie stelling sluit die belangrikste geloofsbeginsel in. Jesus formuleer dit in vers 23:

Maar glo dat wat hy s, sal gebeur - hy sal verkry net wat hy s.

Hy herhaal dit in ander woorde in vers 24:

Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.

In vers 24 praat Jesus met sy dissipels; Hy praat oor gebed, iets wat ons Christene betrek wanneer ons God vir iets vra. In vers 23 praat Jesus egter van enigiemand, en van 's'; Hy verduidelik 'n prinsiep wat algemeen is; dit geld vir Christene en nie-Christene, maar dit geld ook vir positiewe en negatiewe situasies.

Om mee te begin, wil ons aandag vestig op 'n grammatikale verskil. Die eerste deel van ons beginsel is in die teenwoordige tyd, en die tweede deel in die toekomstige tyd. Ons is dus doenig met die stadia, of met twee prosesse. Hierdie twee prosesse is van mekaar geskei deur 'n min-of-meer langdurige tydperk; 'n tydperk wat tussenin voorkom. Ons het dus te make met drie tydperke of drie prosesse.

Die eerste proses is die s of die bid en deel daarvan is die geloof. Die geloof vind plaas tydens die eerste proses. Gedurende hierdie eerste proses, moet geloof in aksie tree. Wanneer ons dan s of bid, moet ons begin glo. Geloof begin dus voordat ons die ding ontvang wat ons voor gevra het.

Gedurende die tweede proses, moet ons geduld toepas en ons geloof handhaaf.

Die derde proses is wanneer wat ons voor gebid het werklikheid word in hierdie fisiese wreld. Dit word sigbaar.

Wat saakmaak is dat ons nie eers begin glo wanneer ons die resultaat met ons natuurlike o kan sien en wanneer ons dit kan aanraak nie. Want dit is nie geloof nie, dit is kennis. Wanneer ons iets kan sien en aanraak, weet ons dat dit daar is; dit het niks met geloof te make nie. Dit het iets te doen met kennis. En die soektog na meer kennis noem ons wetenskap. Dit is die veld van wetenskaplikes. Wetenskaplikes doen 'n waardevolle werk, meestal empiries, maar selfs hulle maak somtyds op 'n vorm van geloof staat. Somtyds glo hulle bloot dat iets waar is, en gebruik dit dan in hulle studierigting asof dit 'n feit is: ons noem so 'n aanname 'n hipotese.

Somtyds word so hipotese aangeneem as 'n wetenskaplike feit, en as kennis hanteer. Dit kan baie gevaarlik wees. Dit het nog altyd in die geskiedenis van die wetenskap gebeur dat wanneer 'n hipotese nie met die Bybel ooreenstem nie, dit ongeldig verklaar moes word. Die Bybel sal altyd enige wetenskaplike toets weerstaan.

Ons kan eintlik so ver gaan as om te s dat sonder die Bybel se kennis, 'n wetenskaplike altyd baie beperk sal wees, omdat hy/sy net kan verstaan wat hy/sy waarneem en ondersoek met sy/haar vyf sintuie. Die werklike belangrike ding, die geestelike ryk, wat die fisiese wreld veroorsaak het en wat sy wette determineer, bly egter geslote vir hom/haar.

Sou 'n wetenskaplike, s maar 'n mediese navorser, sy/haar ondersoek verbreed verby die vyf sintuie, sou hy/sy baie suksesvoller kon wees. Die hulp wat hy/sy hierdie lydende wreld sou kon aanbied, sou veel meer kon wees. Hy/sy sou ook daardie deel van die mens wat ons gees noem, wat die belangrikste deel is, kon oorweeg. Die gesondheid van die gees van 'n persoon is deurslaggewend. As die gees van 'n persoon uit God gebore is, en die persoon hernu sy/haar verstand, sou daardie persoon in goddelike gesondheid leef en verdere mediese hulp sou onnodig wees. Die mediese wetenskap sou geweldig suksesvol wees.

Wanneer ons wetenskaplike verslae uit die Bybel oorweeg, veral die verslae oor die skepping en die sondvloed - die boek Genesis - behoort ons altyd bewus te wees dat hierdie verslae alle menslike - sogenaamde wetenskaplike - kritiek sal oorleef. 'n Goeie manier om jou geloof te vermeerder, is om die boek Genesis te bestudeer. Heelwat wetenskaplikes is besig om dit vandag te doen, en uitstekende wetenskaplike boeke is beskikbaar. Kennis en geloof of wetenskap en geloof het albei hulle plek, en daar is geen weerspreking tussen hulle nie.

Die studie van die boek Genesis is dikwels die eerste tree in die rigting van geloof. Vir baie mense is die pad na God toe versper omdat hulle nie die boek van Genesis aanvaar as 'n ware weerspieling van geskiedenis nie. Vir hulle is Genesis 'n groot stap na 'n suksesvolle geloofslewe. Hierdie boek, en die Bybel oor die algemeen, het 'n ryk kontemporre wetenskaplike bron geword. Vir baie probleme waarna wetenskaplikes die regte antwoorde soek, beskik die Bybel oor die antwoorde, byvoorbeeld die geskiedenis van die aarde, of geologiese ontdekkings soos fossiele.

'n Christen wat in sy/haar hart die boek van Genesis betwyfel, sal altyd twyfel oor die res van die Bybel; hy/sy sal nooit werklik God se woord glo nie.

Daar is geen weerspreking tussen kennis en geloof nie, en in Markus 11:23 vind ons die konneksie tussen geloof en kennis: geloof moet begin wanneer die s en die gebed plaasvind; wanneer ons in die geestelike ryk doenig is en die fisiese resultaat is nog nie sigbaar aan ons sintuie nie. Ons s dit wat ons in die geestelike ryk geskep het; die ryk waarin ons wandel. Ons geloof moet daar wees waar ons iets skep in die geestelike ryk. Die kennis - die fisiese ondervinding van die resultaat - sal later kom.

Markus 11:23 en 24 is die draaipunt van ons studie van geloof. Ons moet hierdie twee verse lees met begrip. Ons moet oor hulle dink, en ons moet oor hulle mediteer. Slegs na ons verstand hulle verstaan, sal hulle in ons gees insink en dus in ons hart in, en sal ons hulle in ons lewe begin toepas. Maar die meditasie sal vergemaklik word deur gebruik te maak van die voorbeelde wat Jesus ons gee. Deur middel van die voorbeelde uit die Evangelies, sal ons hierdie prinsiep later baie goed ken.

God - toe Hy die heelal geskep het - het geglo toe Hy gepraat het. Sy geloof was aktief die oomblik toe die woorde uit sy mond gekom het. Hy het Homself vir hierdie oomblik voorberei. Hy het geweet wat Hy wou h; in sy verstand het Hy 'n duidelike beeld voor sy geestesoog gehad; Hy het dit met geloof deurtrek en beveel en dit was so. Hy het 'n geloofsdoel gestel en dit bereik.

As ons dieselfde wil doen, moet ons onsself voorberei voor ons praat en glo. Ons oorweeg wat die probleem werklik is en wat die begeerde oplossing is.

Wanneer ons bid, glo ons dat ons ontvang het. Terwyl ons praat, glo ons dat ons alreeds die begeerde resultaat bekom het, selfs al kom dit eers later. Dit is reeds werklik vir ons die oomblik wat ons bid. Wanneer ons bid word dit werklikheid in die geestelike ryk, en die manifestasie daarvan in die fisiese wreld l nog in die toekoms.

Dit is waarom ons onmiddelik na of aan die einde van ons gebed God dank vir die oplossing vir ons probleem. Ons dank God en ons prys Hom vir iets wat nog nie eers in die fisiese wreld bestaan nie.

Ons beginsel van Markus 11:23 word herhaal, met ander woorde, in 1 Johannes 5:15:

En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.

En wanneer ons dit weet, kan ons Hom begin bedank. Hierdie beginsel onderskei nie praat en bid nie. In ons lewens behoort daar ook nie 'n verskil te wees tussen wat ons s en wat ons bid nie. Wanneer die waarheid van hierdie beginsel werklik aan ons ontbloot word, dwing dit ons om baie van ons praatgewoontes op te gee en om in ooreenstemming met hierdie prinsiep te praat. Al ons praat moet op so 'n manier verander dat ons praat in geloof korrespondeer met ons bid in geloof. Die beheer van ons tong word die sleutel tot sukses.

Aan die einde van ons skriflesing, in Markus 11:25, praat Jesus van vergifnis, en dit is belangrik in ons onderwerp, geloof, want in Galsirs 5:6 s Paulus dat geloof tot uitdrukking kom deur liefde. Liefde is belangriker as geloof en God is liefde. Die toepassing van ons geloof sal slegs vrugte dra wanneer ons geloof werk in liefde, soos God liefgehad het toe Hy die wreld geskep het en aan ons toevertrou het. En God omdat God liefde is, is liefde betrokke by alles wat God doen. En wanneer ons liefhet, vergewe ons ook.

In Matths 9:29 s Jesus vir die twee blinde mense:

Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.

Hulle geloof het gekom voor die wonderwerk; hulle het eers geglo, en is toe genees. Dit is 'n voorbeeld van hoe ons prinsiep werk, maar hierdie stelling van Jesus is ook 'n geloofsprinsiep:

Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.

Wat in ons lewens gebeur, sal grootliks afhang van wat ons in die verlede geglo het.

 

3.3. Mik na 'n Geloofsdoelwit

Ons wil twee voorbeelde bestudeer waar Jesus vir Homself 'n geloofsdoelwit gestel het en dit verkry het. Ons wil spesiale aandag skenk aan die manier wat Jesus opgetree het tussen die daarstelling van sy doelwit en die bereik van die doelwit.

Ons eerste storie is die van Jarus, die owerste van die sinagoge, en sy siek dogtertjie. Verslae hiervan vind ons in Matths 9:18-26, Markus 5:21-43 en Lukas 8:40-56.

Jesus stel sy geloofsdoelwitte soos Hy Jarus se pleit hoor. Sy doelwit is die genesing van die dogtertjie. Jesus stel hierdie doelwit vir Homself en begin na Jarus se huis toe te gaan. Jesus handhaaf sy doel selfs wanneer dinge gebeur wat hom kan aflei.

Die eerste ding wat gebeur het was die genesing van die vrou met die probleem met bloed. Jesus help haar sonder om sy geloofsdoelwit te vergeet. Die tweede ding is die verslag dat die dogtertjie gesterwe het. Dit is 'n geweldige slegte verslag, en kon genoeg rede vir Jesus gewees het om sy doelwit in die steek te laat. In amper elke geval vandag sou so 'n verslag die einde van die persoon beteken, daar is niks oor om te doen nie. Maar Jesus wyk na van sy doelstelling af nie. Jesus is nie net onbeindruk deur hierdie gebeurtenis in die fisiese wreld nie, Hy spoor selfs die vader van die dooie dogtertjie aan:

Moenie vrees nie; glo net. (Markus 5:36, Lukas 8:50)

Wat 'n geloofsbeginsel! Vrees is die teenoorgestelde van geloof. Wanneer ons vrees glo ons in die negatiewe; in die duiwel. Vrees ontkragtig geloof. Wanneer ons vrees, sondig ons, want ons vertrou God nie.

Die derde insident is wanneer Jesus die mense in Jarus se huis sien; daar is 'n beroering, met mense wat hard ween. Weer eens is Jesus nie hierdeur beinvloed nie: om die waarheid te s, hy maan hulle:

Waarom gaan julle so te kere en ween julle? Die kind is nie dood nie, maar slaap. (Matths 9:24, Markus 5:39, Lukas 8:52)

Hulle het vir Hom gelag, want hulle het geweet dat sy dood is. Dit was beledigend teenoor Jesus; negatiewe gedagtes het by Jesus teenoor hierdie mense opgeduik, maar Hy het die gedagtes verwerp. Uiterlik bly Jesus onaangeraak. Hy gaan na die dooie dogtertjie, neem haar aan die hand en beveel haar om op te staan. Hy het sy doelwit bereik; Jarus se dogtertjie leef en is genees.

Ons tweede voorbeeld is die wederopstanding van Lasarus, opgeneem in Johannes 11:1-44. Lasarus se suster laat Jesus weet dat haar broer siek is. Jesus hoor dit, stel sy geloofsdoelwit en s:

Hierdie siekte is nie tot die dood toe nie, maar tot die heerlikheid van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word. (Johannes 11:4)

Sy doelwit is 'n gesonde Lasarus en die verheerliking van God. Ons sal sien wat gebeur voordat Hy sy doelwit bereik. Om mee te begin, toe Hy aankondig dat Hy na Judea, in Betani, wat Lasarus se tuiste is, toe gaan, ontvang Hy van sy dissipels raad om nie te gaan nie. Hulle herinner Hom dat die Jode Hom 'n kort rukkie gelede probeer stenig het. Wanneer ons vir onsself 'n geloofsdoelwit gestel het, moet ons nie dat ons beste Christenvriende ons daaruit probeer praat nie. As ons onsself deur vrees laat lei, kan ons seker wees dat dit van die duiwel af kom. Jesus het nie sy vriende se raad gevolg nie, maar het gepraat van die dinge wat ons moet doen terwyl daar tyd is. En dan s Hy:

Lasarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak. (Johannes 11:11)

Hier definieer Jesus duidelik sy geloofsdoelwit.

Die tweede insident vind plaas wanneer Jesus in Betani aankom en vind dat Lasarus reeds in die graf was vir vier dae. Jesus reageer op hierdie slegte verslag met 'n dapper stelling van sy doelwit. In sy diskussie met Martha s Hy:

Jou broer sal opstaan. (Johannes 11:23)

Jesus praat van sy doel, maar Martha dog Hy praat van die wederopstanding van die laaste dag. Sy vriende het nie geweet waarvan Hy praat nie. Sy dissipels en nou ook Martha het nie die taal van geloof verstaan nie; hulle het nie besef dat Jesus 'n geloofsdoelwit gehad het en daarvolgens gepraat het nie. Jesus het dit wat die finale resultaat van sy geloofsdoelwit was, bely. Niemand om Hom het sy belydenis verstaan nie. Dikwels sal dieselfde ding met ons gebeur; ons vriende sal nie weet waarvan ons praat nie. Maar wanneer ons 'n Christen vind wat s: "Amen, ek stem met jou saam. Dit is 'n goeie belydenis," dan weet ons dat hy/sy 'n gelowige persoon is.

Beide susters van Lasarus, Martha en later ook Maria, beskuldig Jesus: "Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie." Toe Jesus Maria en die Jood wat saam met haar gekom het gesien ween het, was Hy diep geroer in sy gees en onrustig. Maar Hy het nie sy doelwit nagelaat nie; Hy het na die graf gegaan.

Die Bybel noem weer dat Jesus geween het. En Hy word weer beskuldig: "Kon Hy wat die o van die blinde man geopen het, nie maak dat hierdie man ook nie gesterf het nie?" Nou s die Bybel weer dat Jesus diep ontroer was. Ten spyte van sy emosionele toestand, het Jesus na sy doelwit toe beweeg. Hy het ges: "Neem die steen weg."

Martha reageer en s: "Here, hy ruik al, want hy is al vier dae dood." Dit beinvloed ook nie vir Jesus nie; inteendeel, Hy stel een van sy grootste geloofsbeginsels:

As jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien. (Johannes 11:40)

Die wonderwerke wat ons sal sien wanneer ons glo is getuienis van God se glorie.

Jesus, toe Hy by sy geloofsdoelwit uitgekom het, het in 'n harde stem geroep: "Lasarus, kom uit!" en Lasarus sien uitkom. Hy het geleef en was genees.

Jesus het sy geloofsdoelwit gevolg. Hy het nie sy o gevestig op wat Hy gesien en gehoor het nie, maar op wat onsigbaar was. Hy het deur geloof gelewe, nie deur sig nie. En Hy het die resultaat ontvang - die volbringing van sy geloof. Hy het die doel van sy geloof bereik.

Wanneer ons vir onsself 'n geloofsdoelwit gestel het, sal ons geloof praat; ons sal dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan. Ons glo in Hom en word gevul met 'n glorieryke vreugde wat geen woorde kan uitdruk nie, soos ons die beloning van ons geloof ontvang. Ons ontvang dit omdat ons Hom vertrou het. Ons geloofsdoelwit is die geleentheid waar ons die beloofte vervulling van ons geloof ontvang.

 

3.4. Wat is die Waarheid?

Wanneer ons 'n geloofsdoelwit stel, en ons doelpunt is gesondheid, dan doen ons dit omdat ons siek is. Ons wil nie siek wees nie, ons wil gesond wees. Op 'n spesifieke stadium van ons siekte het ons God en sy beloftes onthou, en vir God gevra om ons te genees en in geloof gebid. Ons het 'n geloofsdoelwit gestel. Ons mog na 1 Petrus 2:24 verwys het:

Deur wie se wonde julle genees is.

Nadat ons gebid het, besoek 'n vriend ons en vra na ons gesondheid. En ons s: "Deur Jesus se wonde is ek genees. Alles gaan goed." Ons gas weet nie wat aangaan nie. Hy kan sien dat alles nie goed gaan nie, maar tog s ons ons voel gesond. Sy reaksie mag wees om te s: "Dit is nie die waarheid nie," of selfs "Dit is 'n leuen."

Ons moet hierdie probleem uitsorteer; ons moet die waarheid ondersoek. Die groot verskil tussen ons en ons gas is bloot dat ons gas in die fisiese wreld rondbeweeg, en ons in die geestelike ryk. Vir hom is feite wat hy met sy sintuie waarneem, waarhede. Vir ons is hierdie feite beslis ook waarhede, maar ons weet dat daar reeds 'n verandering op die geestelike vlak plaasgevind het, en vir ons is hierdie werklikheid van groter waarde, wat ons leef nie volgens wat ons sien nie, maar volgens wat ons glo. Hierdie geloofsprinsiep word gestel in 2 Korinthirs 5:7:

Ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.

En in 2 Korinthirs 4:18 stel Paulus dit so:

Omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

Wanneer Jesus vir Homself 'n geloofsdoelwit gestel het, het Hy sy o op die onsigbare gevestig, want in die fisiese wreld was die doelstelling nog nie sigbaar nie. Hy het opgetree en gepraat in ooreenstemming met sy doel. 'n Waarnemer wat sy geloofsdoelwit nie geken het nie, sou verward gewees het; hy sou lag; hy sou gereageer het soos die mense in die stories van Lasarus en Jarus.

Indien ons nie ons geloofsbeginsels ken nie, sal ons ook s dat Jesus nie die waarheid gepraat het nie; dat Hy 'n leuen vertel het toe Hy ges het: "Sy is nie dood nie, maar slaap." Jesus maak hierdie stelling met die wete dat die dogtertjie dood is. En in Lasarus se geval s die Bybel:

Dit het Hy gespreek; en daarna s Hy vir hulle: Lasarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak. Sy dissipels s toe: Here, as hy slaap, sal hy gesond word. Maar Jesus het gespreek van sy dood, terwyl hulle gedink het dat Hy van die rus van die slaap spreek. En toe s Jesus vir hulle ronduit: Lasarus is dood. (Johannes 11:11-14)

Ook in hierdie geval s Jesus dat die persoon slaap, ten spyte daarvan dat Hy weet dat Lasarus dood is. Ons het reeds bestudeer waarom Jesus so gepraat het. Jesus tree op in ooreenstemming met sy geloofsbeginsel. In die volgende wil ons egter 'n paar ander aspekte aanraak.

Dit is van groot belang om te besef dat waarheid eintlik 'n persoon is. Jesus s in Johannes 14:6:

Ek is die weg en die waarheid en die lewe.

Jesus self is die waarheid, en daarom is Jesus die enigste persoon wat die waarheid kan definieer. Dat Jesus en die waarheid met mekaar korreleer word uitgedruk in ander dele van die Evangelie van Johannes:

En ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom - vol van genade en waarheid. (Johannes 1:14)

Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. (Johannes 1:17)

As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. (Johannes 8:31-32)

Hierdie laaste sin is belangrik, want as ons die beginsels van geloof ondersoek, sal hierdie waarheid ons vrymaak. Deur ons geloof kan ons dan vry wees van armoede, siekte en geestelike dood.

Maar nou probeer julle om My om die lewe te bring, iemand wat aan julle die waarheid vertel het, wat Ek van God gehoor het. (Johannes 8:40)

Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie. (Johannes 8:45)

Die Gees van die waarheid wat die wreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie. (Johannes 14:17)

Dit is 'n verwysing na nie-Christene wat nie die waarheid wat Jesus verkondig kan ontvang nie. Ongelowiges glo nie in die geestelike ryk nie.

Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig. (Johannes 15:26)

Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. (Johannes 16:13)

Die laaste drie teksverse verwys na die Heilige Gees, wat die woord aan ons bekend sal maak.

Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid. (Johannes 17:17)

U s dat Ek 'n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem. Pilatus s vir Hom: Wat is waarheid?

Dit word weer heer ges dat slegs mense wat geestelik lewe, die waarheid kan herken. Dadelik na Jesus se woorde, bewys Pilatus dit, want hy vra: "Wat is die waarheid?" Hy is geestelik dood. Sy gees is nie wedergebore nie. Hy weet nie wat die waarheid is nie. Hy herken nie die waarheid wat voor hom staan nie - Jesus. Hy luister nie na Hom nie.

So Jesus is die waarheid. Hy definieer die waarheid. Sy definisie van die waarheid word duidelik uitgedruk in die volgende drie teksverse.

En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek s vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg s: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie (Matths 17:20)

Voorwaar Ek s vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vye- boom gebeur het nie; maar al s julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see - sal dit gebeur. En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo. (Matths 21:21-22)

Julle moet geloof in God h. Want, voorwaar Ek s vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg s: Hef jou op en werp jou in die see - en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy s, sal gebeur - hy sal verkry net wat hy s. Daarom s Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit ver- kry. (Markus 11:22-24)

Die waarheid wat Jesus in hierdie drie skriflesings beskryf, is dit:

As jy geloof het, kan jy s, en dit sal so wees.

Die s - die belydenis - gebeur voor dit so is, voor die gebeurtenis. Dit is wat ons doen voor ons ons geloofsdoelstelling bereik het. Hierdie pad van aksie is wat Jesus noem "die waarheid vertel". Die Bybel herhaal dit drie maal ('voorwaar'). Dit is dus belangrik vir God en in talle voorbeelde in die Ou en Nuwe Testament word dit verduidelik en toegepas. Ons moet eenvoudig Jesus se definisie van die waarheid as onskendbaar aanvaar. Hierdie definisie hang saam met Paulus se formulasie in Romeine 4:17:

Roep dinge wat nie bestaan nie, asof hulle bestaan.

As ons op grond van hierdie waarheid handel, is dit natuurlik ook nodig dat ons in ons hart moet glo. Om net te s: "Ek is nie siek nie" as ons nie werklik glo dat God ons genees nie, is 'n leuen. In so 'n geval is dit veel beter om die siekte te aanvaar. Ons mag instem vir 'n operasie en God vra om te verseker dat dit suksesvol sal wees en dat ons gou sal genees. Ons handel dan in 'n gebied van geloof waarmee ons vertroud is en ondervinding mee het, en uit hierdie situasie kan 'n doelwit groei vir 'n hor vlak van geloof.

Ons Christene het geen rede om teen dokters gekant te wees nie. God kan geneeskundiges gebruik om mense te genees en om hulle gesondword aan te spoedig. Dit is die manier waarop meeste Christene genesing ontvang. Maar ons moet God nie verwilder as ons geneser en redder nie. Daar staan in 2 Kronieke 16:12:

En in die negen-en-dertigste jaar van sy regering het Asa gely aan sy voete; sy siekte was baie ernstig; maar selfs in sy siekte het hy die Here nie geraadpleeg nie, maar die geneeshere.

Ons soektog na God verlang voorkeur. Wanneer ons siek is - en ook in elke ander situasie - moet ons eers die naam van die Here roep en ons vertroue in Hom plaas. En sodoende moet ons optree op 'n vlak van geloof wat ons aan gewoond is en ondervinding in het.

Die vraag mag nou ontstaan hoe om 'n persoon te raadpleeg wat genesing soek en op God vertrou. Om te weet op wat se vlak van geloof hierdie persoon is, sal ons werk vergemaklik. As daar byvoorbeeld 'n vrou na ons toe kom en vra: "Hulle het nou gebid vir die genesing van my hartkwaal; moet ek ophou met my medikasie?" moet ons besef dat die vrou nie werklik glo dat sy genees is nie. Ons kan hoor aan die manier wat sy nog van 'haar hartkwaal' praat, en as sy werklik glo dat sy genees is, sal sy op haar eie die medikasie stopsit; sy sal nie ander vir raad vra nie.

So 'n persoon moet ons raadpleeg om met haar medikasie aan te hou. Sy kan genees word ten spyte daarvan dat sy dit gebruik. Die geloof van die persoon wat vir haar bid kan genesing veroorsaak, en die genesing kan ditself onafhanklik van haar inname van medikasie manifesteer.

Hierdie voorbeeld wys hoe nuttig dit is om ons eie geloof en die geloof van ander te kan meet. So kan ons onsself en ander beter help. Hoe om hierdie meetwerk te doen, sal 'n belangrike deel van ons studie uitmaak.

 

Volgende teks: 4. Geloof Kan Gemeet Word

 

Home     Titels     Gemeng
Home > Titels > Hoe Om Geloof Te Meet > 3. Geloofsprinsiepe Uit Jesus se Mond
2.     3.     4.
^ Begin