Hoe Om Geloof Te Meet

Frank L. Preuss

 

Home     Titels     Gemeng
Home > Titels > Hoe Om Geloof Te Meet > 2. Geloofsprinsiepe in die Skepping
1.     2.     3.
End

 

2. Geloofsprinsiepe in die Skepping

2.1 Die Geestelike Ryk
2.2 Glo en Praat
2.3 Uit die Onsigbare Gemaak

 

Het geloof iets te make met die skepping van die wreld? Is daar prinsiepe wat geloof oorheers? Wat se prinsiepe het God gebruik toe Hy die wreld geskep het?

Ons wil kyk na sulke prinsiepe: hoe hulle inskakel met die skepping en hoe om hulle toe te pas in ons daaglikse lewens as Christene.

 

2.1. Die Geestelike Ryk

Om die geestelike ryk te verstaan, is dit nuttig om eers die fisiese wreld te definieer. Die fisiese wreld is wat God in die begin geskep het. Dit is die wreld wat die wetenskap by betrokke is; dit is die wreld wat ons vyf sintuie kan waarneem.

'n Persoon is 'n gees, maar hy/sy het 'n siel en leef in 'n liggaam. Die daadwerklike mens is 'n gees, maar die gees verlaat die liggaam wanneer ons sterf en bestaan vir ewig voort; dit keer na God terug. Met hierdie gees glo ons. Dit bring ons in aanraking met die Heilige Gees, die gees van God. Ons siel is ons verstand, ons wil, ons kapasiteit tot denke, ons emosies, en ons liggaam is die huis waarin ons gevestig is. Met ons liggaam en siel bly ons in aanraking met die fisiese wreld. Dit is hierdie fisiese wreld wat God in die begin geskep het.

Die Bybel praat oor die begin van hierdie wreld, maar ook van sy einde. Die lewensduur van hierdie wreld is dus eindig.

In Genesis 1:1, word die begin beskryf:

In die begin het God die hemel en die aarde geskape.

Die woord 'begin' het hier betrekking tot tyd. Wanneer ons oor die begin van 'n pad praat, meen ons 'n geometriese beginpunt. Maar hierdie 'begin' in die eerste vers van die Bybel is verwant aan tyd; tyd word hier beskryf. Die begin was toe tyd begin het. Die woord 'hemel' is 'n goeie beskrywing van die astronomiese term 'ruimte' soos ons dit in 'ruimteskip' of 'ruimtevlug' ken. En die woord 'aarde' is 'n beskrywing van massa.

Toe tyd begin het, het ruimte en massa ook begin. Met ander woorde, voor die begin was daar geen tyd nie en geen ruimte of massa nie.

Ons vind die leering van die begin van die wreld nie net in die begin van die Bybel nie. Die begin word baiemaal in die Bybel genoem. Dikwels vind ons die naam en beskrywing van God verbind aan hierdie begin. God word genoem die God wat die hemel, die aarde en alles daarin geskape het. In die Nuwe Testament verwys Jesus baie na die begin. 'n Voorbeeld is Markus 10:6:

Maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.

Die Bybel beskryf nie net die begin nie, maar praat ook oor die einde. In Matths 24:35, se Jesus:

Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.

Hier praat Jesus duidelik van die einde van die fisiese wereld, maar Hy praat ook van die geestelike ryk, want die woorde wat Hy tot ons spreek, is gees en lewe (Johannes 6:63). Jesus se hier dat na die einde van die fisiese wereld, die geestelike ryk sal voortbestaan; dat sy woorde vir ewig sal leef.

In I Korinthirs 7:31 vind ons die volgende stelling:

Want die gedaante van hierdie wereld gaan verby.

In I Petrus 4:7 staan daar:

En die einde van alle dinge is naby.

En in Openbaring 10:6 lees ons:

Dat daar geen meer tyd sal wees nie.

Die einde van ruimte (vorm), massa (dinge) en tyd is deur God aangestel.

Met ruimte, massa en tyd kan ons die ganse fisiese wreld definieer, en die Bybel wys vir ons duidelik dat hierdie wreld van ons 'n begin het, en dat dit tot 'n einde sal kom.

Ons wreld is tydelik, dit is eindig.

Aan die ander kant het ons die geestelike ryk. Die geestelike ryk is die belangrikste, daarsonder sou die fisiese wreld nie kon bestaan nie. Die geestelike ryk is van 'n hor dimensie as die fisiese wreld. God is Gees (Johannes 4:24), en Hy het die wreld geskep. Hy het die sigbare wreld uit die onsigbare gemaak.

Maar God het nie alleenlik die wreld geskep nie, Hy onderhou dit ook. Uit die geestelike ryk, onderhou God die fisiese wreld. Daar staan in Kolossense 1:17:

En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

Ons het hier 'n bevestiging dat die skepper, Jesus, voor alle dinge was, ook dat alle dinge in Jesus saamhang. Ons kan dink aan swaartekrag, magnetisme en kernkrag. Ons kan dalk 'n idee kry hoe hierdie kragte werklik funksioneer. Ons sien dat die kragte wat die mikrokosmos en die makrokosmos saamhou, iets met die Seun van God te doen het. Die Woord van God speel 'n rol hier. Vervolgens die eerste hoofstuk van die Evangelie van Johannes, is Jesus die woord van God. Die woord is gees en die sigbare word saamgehou deur die onsigbare. In Hebrers 1:2-3 is daar 'n goeie beskrywing hiervan:

... wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wereld gemaak het. Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag...

Jesus hou alle dinge saam, en Hy onderhou alle dinge met sy kragtige woord (Kolossense 1:17). Jesus het voor die begin bestaan; die geestelike ryk het voor die fisiese ryk bestaan, en sal bly bestaan na die fisiese wreld vergaan het. En die geestelike ryk hou die fisiese wreld saam, dit onderhou dit.

Dit is dus ons eerste geloofsprinsiep: dat die geestelike ryk belangriker is as die fisiese wreld, dat die onsigbare die sigbare skep en onderhou. Die geestelike ryk is beter as die fisiese wreld. Hierdie prinsiep is belangrik wanneer ons oor die skepping dink en wanneer ons as Christene 'n gelowige lewe wil leef. Wanneer ons glo en bid en praat, is ons doenig in die geestelike ryk met die oog daarop om dinge in die fisiese wreld te verander.

Vir ons moet die geestelike ryk belangriker word as die fisiese wreld, omdat ons die fisiese wreld wil beinvloed, heers en beheer. Met ons woorde - wat gees is - werk ons in die geestelike ryk en dra ons gesag in die fisiese wreld.

 

2.2. Glo en Praat

Ons tweede geloofsprinsiep is dat glo en praat met mekaar saamhang. In Hebrers 11:3 vind ons dat God se geloof en God se woord 'n deel in die skepping gespeel het:

Deur die geloof verstaan ons dat die wreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.

Hier is ons eerste geloofsbeginsel gekonfirmeer: die sigbare was uit die onsigbare vervaardig. En ons word ook vertel dat God se geloof en sy bevel die heelal gevorm het. God se bevel is sy woord. Ons tweede geloofsbeginsel is dus dat glo en praat korreleer; hulle hoort saam. Hierdie is 'n fundamentele beginsel in ons Christelike lewe, en ons wil dit verder bestudeer deur na Romeine 10:8-10 te kyk, waar daar gepraat word van ons redding deur Jesus Christus:

Maar wat s dit [die geregtigheid wat uit die geloof is]? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

Hier sien ons dat ons glo met ons hart - ons gees - en dat ons bely met ons mond. Dit is hoe ons regverdig word, en ook hoe ons sorg dat ons gebede beantwoord word. In elkeen van hierdie drie verse word dieselfde beginsel herhaal, naamlik dat glo en bely saamgaan.

Hierdie rel is belangrik in 'n Christelike lewe, maar dit is algemeen en het betrekking tot alle mense. Dit geld nie net vir dit wat ons wil h nie, maar ook vir dit wat ons nie wil h nie. Mense kry altyd wat hulle glo en wat hulle s. Dit is effektief in die goeie en in die slegte. Baie mense leef in die duister, want hulle laat negatiewe woorde by hulle monde uitkom. En dit is veral effektief wanneer ons ook glo wat ons s. Ons ontvang wat ons bely. Dit geld vir Christene en nie-Christene. Dit is 'n algemene beginsel.

Omdat dit so belangrik is in 'n Christen se lewe, en so belangrik was ten tye van die skepping, wil ons nog 'n paar skriflesings lees. Wanneer ons hulle bestudeer, wil ons oplet hoe dikwels die woorde 'geloof' en 's' voorkom, en hoe hulle met mekaar verbind word:

As julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg s: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan... (Matths 17:20)

As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al s julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see - sal dit gebeur. (Matths 21:21)

Want, voorwaar Ek s vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg s: Hef jou op en werp jou in die see - en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy s, sal gebeur - hy sal verkry net wat hy s. (Markus 11:23)

As julle geloof gehad het soos 'n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom s: Word ontwortel en in die see geplant - en hy sou julle gehoorsaam wees. (Lukas 17:6)

Herhaaldelik in hierdie vier gesegdes van Jesus, hoor ons

As jy geloof het, kan jy s.

In Romeine 10:17, verwys Paulus na die konneksie tussen geloof en die boodskap:

Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

En in 2 Korinthirs 4:13 (van Psalm 116:10) word alles opgesom:

Soos geskrywe is: Ek het geglo, daarom het ek gespreek - glo ons ook, daarom spreek ons ook.

Ons wil nou sien hoe God hierdie beginsel in die skepping toepas. Ons het reeds gesien dat God die heelal deur geloof gevorm het. In Genesis 1:3 sien ons hoe hy dit in die werklikheid in gepraat het:

En God het ges: Laat daar lig wees! En daar was lig.

Ons sien dat God begin het deur te praat. Van Johannes 6:63 weet ons dat woorde wat gespreek word, gees is. Toe God gepraat het, het Hy in die geestelike wreld geskep, want woorde is die uitdrukking van die geestelike wreld. Met sy woorde - wat gees is - het Hy uit die geestelike ryk, fisiese dinge geskep. Dit word duidelik beskryf in Hebrers 11:3:

Deur die geloof verstaan ons dat die wreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.

En omdat God gesag het en Hy beveel het dat wat gespreek word in die geestelike ryk, manifesteer in die fisiese wreld, het dit werklikheid in die sigbare geword.

Hierdie formule van Genesis 1:3 is so belangrik vir God, dat Hy dit tien keer neergeskryf het. Hierdie herhaalde beskrywing kan nie oortref word in indrukwekkendheid nie. Tussen Genesis 1:3 en Genesis 1:30, vind ons hierdie formule oor en oor:

En God het ges: Laat daar... wees. En dit was so.

God kon maklik sy skepping op 'n ander manier beskryf het, maar Hy het hierdie tientallige herhaling gekies om 'n belangrike beginsel uit te lig en om te verseker dat dit nie gemisinterpreteer word nie. God wou dit duidelik maak: uit die geestelike, onsigbare wreld van woorde word fisiese dinge geskep. Deur woorde wat met geloof geuiter word - woorde wat met die mond gepraat word en met die hart geglo word - word fisiese objekte gemaak.

In Genesis 1:26-27 vind ons een voorbeeld:

En God het ges: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor... En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape.

Hierdie is die agtste keer wat die Bybel hierdie formule gebruik, maar hierdie keer vind ons ook die uitspraak dat ons na God se beeld geskape is, en dat ons daarom soos God moet optree en hierdie formule net soos Hy moet gebruik. Ons het gesag soos God, ons moet heers oor die dinge van hierdie aarde, en ons doen dit deur die formule toe te pas.

In Psalm 33:6 en 9 het ons 'n goeie voorbeeld van hoe God met gesag gepraat het:

Deur die Woord van die Here is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele ler. Want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan.

Vier keer, in elke rel, uiter God hierdie formule. In die laaste lyn word die woord 'gebied' gebruik. Om te gebied beteken om bevele te gee - om met gesag te praat.

'n Voorman op 'n goed-georganiseerde bouterrein het gesag oor sy onderlinge en hy weet dat wanneer hy bevele gee, hulle uitgevoer sal word. Wanneer die voorman s: "Gooi sement in hierdie fondamente!" sal dit gedoen word. Maar agter hierdie bevel van die voorman l voorbereiding en beplaning. Hy is opgelei en hy het ondervinding; hy weet hoe die gebou moet lyk; hy ken die tekeninge, sy mense, die installasie en die materiaal. Hy ken die hele situasie op die bouterrein. Sy gesag het iets hiermee te make. As hy bevele gegee het sonder om te weet wat op die bouterrein aangaan, net om vir almal te wys dat hy in bevel is, sou die bouterrein sommer spoedig sleg gelyk het.

Ons wil Jesaja 40:12 lees:

Wie het die waters met die holte van sy hand afgemeet, en van die hemele met 'n span die maat geneem, en in 'n drieling die stof van die aarde opgevang, en die berge geweeg met 'n weegtoestel en die heuwels met 'n weegskaal?

Dit wil lyk asof God soos die voorman gewerk het: eers was daar die beplanning, en toe die konstruksie, en albei was op kennis en ondervinding gebaseer. Ons moet gereed wees as ons suksesvol wil wees.

Dit geld vir God en vir ons. As ons dinge in ons lewe en in die lewens van ander wil verander deur gebed, belydenis en praat, moet ons ons voorberei en gesag opdoen. Ons moet God, onsself en die duiwel ken; ons moet vertroud wees met die Bybel - God se woord en wil.

Dit moet deel word van ons lewens, ons moet daarop mediteer, dit verstaan en leer hoe om dit toe te pas; te ondervind. Slegs met hierdie agtergrondkennis kan ons 'n posisie van gesag inneem. Ons vind ander skriflesings oor ons gesag in Psalm 8:6, Markus 16:17-18 en Lukas 10:19.

Wanneer ons hierdie gesag bereik het en wanneer ons dan 'n probleem raaksien en 'n oplossing tot hierdie probleem in God se woord gevind het, sal ons hierdie oplossing glo en dit met ons monde uitspreek. Op hierdie manier sal die situasie verander, en ooreenstem met God se woord. Ons het dieselfde gesag ontvang wat Jesus gehad het, en daarom moet ons soos Jesus optree. Dit is waarom ons Christene genoem word - die volgelinge en nabootsers van Christus. Ons volg Hom en doen wat Hy gedoen het, selfs die groter dinge. Dit word uitgedruk deur Jesus in Johannes 14:12:

Voorwaar, voorwaar Ek s vir julle, wie in My glo - die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.

Ons tweede geloofsbeginsel is dus dat geloof en praat saamhang; wanneer ons glo en wanneer ons praat, verander ons dinge.

 

2.3. Uit die Onsigbare Gemaak

Ons derde geloofsbeginsel is dat fisiese dinge uit die geestelike ryk gemaak word. Ons wil weer eens kyk na Hebrers 11:3 en die laaste deel van die skriflesing lees:

... die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.

Dit is moeilik om te verstaan. Hier ondervind ons natuurlike verstand probleme: ons verbeeldingskrag is nie voldoende nie. Maar ons maak kontak met die geestelike ryk deur geloof, dit is die rede waarom God ons geloof gegee het (Romeine 12:3).

Ons het nou die punt bereik waar ons moet besef wat geloof oor gaan. Wanneer ons oor geloof dink, oorweeg ons die bonatuurlike. Geloof is om in God te glo, en daarom in die bonatuurlike, omdat God bonatuurlik is; Hy is 'n gees. God se bestaan kan nie deur natuurlike middels bewys word nie. In Hebrers 11:6 word ons vertel hoe om nader aan God te kom:

En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.

Ons moet glo dat God is; ons kan God nie ontkoppel van die bonatuurlike nie. Ons derde geloofsbeginsel is dus ons geloof in die bonatuurlike, ons geloof in die bestaan van die geestelike ryk, die onsigbare. In Hebrers 11:1 vind ons 'n beskrywing om ons te oortuig van die bestaan van die geestelike ryk:

Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

Nieteenstaande, wil ons u aandag vestig op iets wat ons mag help om die konneksie tussen die bonatuurlike en fisiese wrelde te verstaan. In Hebrers 1:10-12 vind ons nog 'n beskrywing van die begin en van die einde:

U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande. Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos 'n kleed verslyt, en soos 'n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie.

Hierdie drie verse verwys na baie wat ons reeds oorweeg het, maar laat ons een stelling oorweeg: soos 'n mantel sal U hulle toerol. Laat ons oorpeins hoe hy dalk hierdie toerol van die mantel mag uitvoer.

As ons die geweldige afstand tussen planete of tussen sterre neem en dit vergelyk met die deursnit van hierdie liggame, sien ons hoe klein die verhouding tussen deursnit en afstand is. Dieselfde geld vir die mikrokosmos. Die werklike volume van massa vergelyk met die ruimte waarin dit bestaan, is baie klein. Die kragte wat tussen hierdie liggame optree is swaartekrag en kernkrag. Hulle beinvloed die posisie van die planete, die sterre en sub-atomiese deeltjies. As ons ons verbeel dat hierdie kragte verwyder word en alle massa saamkom in een pakket van massa, sal ons moontlik nie 'n baie groot pakket kry nie. Hierdie model van klassieke meganika en kwantum-meganika is nie veronderstel om die skepping van materie te verduidelik nie, maar dit kan ons 'n idee gee hoe belangrik hierdie verbindende kragte is, waarvan die Bybel s dat hulle Christus is (Kolossense 1:17).

Dit s dat in Hom alle dinge saamhang, daarom het Jesus iets te doen met die skepping en onderhouding van dinge. Ons kry insig in die metode daaragter. Dalk het Jesus hierdie metode gebruik met sy wonderwerke, toe Hy wyn uit water gemaak het, toe Hy siek lywe gesond gemaak het of toe Hy op water geloop het. Jesus het nie net met mense gepraat nie, maar ook met dinge. Hy het met die branders gepraat (Markus 4:39) en Hy het met die vyeboom gepraat (Markus 11:14). Hy het hierdie bindende kragte beheer; Hy het alle dinge geskep en Hy onderhou alle dinge; Hy doen dit deur sy kragtige woord. Want Jesus kan herrangskik en genees deur net die woord te spreek. Hy is geskik vir enige herstelwerk.

En ons, as sy volgelinge, is ook geskik, want ons kan sy naam gebruik en daarin optree en oor die wreld heers. In Handelinge 3:6 s Petrus:

In die Naam van Jesus Christus, die Nasarener, staan op en loop!

En hy het die resultaat van sy woorde gesien. Petrus was in die beeld van God gemaak; hy het gepraat en dit was so. Sy geloof in die bonatuurlike was die basis hiervan.

God se werk in die skepping kan in een beginsel saamgevat word. Ons vind dit in Romeine 4:17:

God... wat... die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan.

Toe God die heelal geskep het, het Hy dinge gemaak wat nie bestaan het nie, en ons, omdat ons in sy beeld geskape is, doen dieselfde: ons roep dinge wat nie bestaan nie, asof hulle bestaan. Wanneer ons dit doen, wanneer ons dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan, het ons ons o op die onsigbare, op die geestelike, op die woord van God, op God se wil. Ons verwesenlik ons opdrag as Christene en bring die Koningkryk van God na die mense toe en skep soos God geskep het, toe Hy die hemel en die aarde gemaak het.

Hierdie uitdrukking:

Ek roep dinge wat nie bestaan nie, asof hulle bestaan,

behoort ons goed te ken, en ons moet dit uitspreek wanneer ons ook al onsself wil herinner aan ons geestelike posisie.

 

Volgende teks: 3. Geloofsprinsiepe Uit Jesus se Mond

 

Home     Titels     Gemeng
Home > Titels > Hoe Om Geloof Te Meet > 2. Geloofsprinsiepe in die Skepping
1.     2.     3.
^ Begin